Zimbabwe moet sy skuld betaal, volgens Gono

Zimbabwe se sentralebankgoewerneur het gesê die land moet sy skuld betaal aan multilaterale instansies, moet skenkerverhoudinge herstel en deurdruk met nuwe ekonomiese hervorming om ‘n diep krisis te beëindig, het die staatsmedia Sondag berig.

Gideon Gono is aangehaal as dat hy gesê het Zimbabwiërs moet saamwerk om die ekonomie te red, die sterkste teken nog dat hy reg is om saam te werk met die minister van finansies en senior MDC-lid Tandai Biti aan die hervormings wat nodig is om beleggers te lok.

“ ‘n Sterk toekoms moet ontstaan deur meer samewerking tussen ons as Zimbabwiërs terwyl ons in harmonie saamwerk om ‘n logiese stel konsekwente makro-ekonomiese beleide in plek te kry,” het Gono aan die Sunday Mail gesê.

Sommige kritici blamer Gono, ‘n vennoot van president Robert Mugabe vir baie van die beleidsbesluite wat die ekonomie van ‘n land wat eers een van die sterkste was in Afrika, se ondergang, en het sy toewyding aan die omkeer van stappe soos die nasionalisering van maatskappye bevraagteken.

Zimbabwe se ekonomie is in vryval, met die wêreld se hoogste inflasiesyfer en werkloosheid wat op omtrent 90% staan.

Om die ekonomie te herskep en skeptiese buitelandse skenkers te oortuig en beleggers te help is die top prioriteit van die nuwe koalisieregering tussen Mugabe en sy eertydse teenstaander, eerste minister Morgan Tsvangirai van die MDC.

“Ons moet ook goeie finansiële verhoudings herstel met die Parys Klub van leners en al die ander skenkers en finansiers aan wie ons geld skuld,” het Gono gesê, en bygevoeg dat die land skuld moet terug betaal aan die IMF, die Wêreldbank en die Afrika Ontwikkelingsbank.

Die IMF het Zimbabwe se stemreg in Junie 2003 opgeskort na sy ekonomie begin het om in duie te stort en die Mugabe regering begin agter raak het op terugbetalings van skuld.

‘n IMF delegasie is in Zimbabwe opsy eerste besoek in 2 jaar, ‘n missie wat meer gemik is daarop om te sien watter rigting die regeringbeleid gaan inneem as wat dit daar is om die grondslag te lê vir ‘n finansiële reddingspakket.

‘n Amptenaar van die fonds het verlede week gesê dat dit nie fondse kan vrystel tot Zimbabwe die agterstallige skuld betaal het en verantwoordelike ekonomiese beleid gedemonstreer het nie.

Die minister van ekonomiese beplanning, Elton Mangoma het aan Reuters gesê dat Zimbabwe nie die geld het om die agterstallige skuld aan die fonds te betaal nie.

Die IMF het gesê dat Zimbabwe teen die einde van Februarie $89 miljoen geskuld het. Die Wêreldbank het gesê dat Harare $600 miljoen skuld en die Afrika Ontwikkelingsbank het gesê dat $429 miljoen aan hulle verskuldig was teen die einde van Junie verlede jaar.

Gono het gesê dat Zimbabwe die Parys Klub van soewereine krediteure omtrent $1,1 miljard skuld.

детские самокатыФильчаков прокурор