Meer as twee miljoen mense wat op die oewers van die Kivumeer woon in Sentraal-Afrika loop die risiko om versmoor te word deur gasse wat onder die oppervlak aan die opbou is, het wetenskaplikes gewaarsku. Die meer wat 'n grens tussen Rwanda en die DRK vorm bevat nou 300 kubieke kilometer van koolstofdioksied en 60
Waar is Obama gebore?
In 'n poging om gerugte dat president Barack Obama nie in die VSA gebore is nie, te onderdruk, het die Withuis weer 'n verklaring uitgereik waarin Hawaii se direkteur van Gesondheid verklaar dat hy op 4 Augustus 1961 op die eiland gebore is. Dr. Chiyome Fukino het agt maande gelede, in Oktober 2008, 'n soortgelyke
Brandstofolie net so waardevol soos ruolie
Vir die eerste keer in ses jaar is brandstofolie – wat oorbly as petrol en diesel uit ruolie geraffineer is – net so waardevol soos ruolie. Dit beteken skeepsrederye, wat brandstofolie gebruik, moet nou baie meer vir hulle brandstof betaal – en dít in ’n ekonomiese afplatting weens die internasionale finansiële krisis. Die prys van
Passasiers brand trein
Passasiers het vyf treinwaens van die langafstanddiens Shosholoza Meyl aan die brand gesteek nadat 'n lokomotief Maandag in die Vrystaat gebreek het. Shosholoza Meyl se waarnemende hoof, Viwe Mlenzana, sê die trein was oppad van Bloemfontein na Johannesburg, met sowat 150 passsiers aan boord toe dit naby Virginia teen 6.15nm aan die brand gesteek is.
Talle stakende werkers beseer in polisieoptrede
Etlike betogers is beseer toe die polisie met rubberkoeëls op duisende munisipale werkers losgebrand het wat Maandag die strate ingevaar het om beter vergoeding te eis. Hulle het straatverkopers geteister en vullisblikke in die strate omgekeer. In Plettenbergbaai is vier lede van die polsie en agt bestogers beseer. Kaptein Malcolm Pojie sê die polisie moes
Lees verder: Talle stakende werkers beseer in polisieoptrede
Tutu se ‘morele’ dilemma
Op IOL nuus verskyn onlangs almal se gunsteling pseudo-Engelse aartsbiskop, en hy begin nou ernstig vrae te vra of die "struggle" die moeite werd was, gegewe die verval waarin SA tans verkeer. Die Uwe het sy misnoë uitgespreek tydens 'n gedenklesing vir twee Umkontho we Sizwe strydmakkers, Coline Williams en Robbie Waterwich wat twintig jaar gelede
Zille s? stakings is geregverdig
Helen Zille, DA-leier, het op ’n nuuskonferensie in die parlement gesê sommige van die land se protesoptogte oor dienslewering vind met rede plaas en is geregverdig. Die afgelope paar weke was daar regoor die land gewelddadige betogings oor dienslewering en daar word hierdie week geweld in Kaapstad verwag met die munisipale stakings. Zille het gesê
Vier Metrorailwaens uitgebrand
Vier Metrorailwaens is Maandagoggend in die Braamfonteindepot uitgebrand. Volgens woordvoerder Sibusiso Ngomane is die brand in die leë waens geblus en forensiese ondersoekspanne is tans op die toneel om vas te stel wat die brand veroorsaak het. Gerugte dat Metrorailstakers die brand kon veroorsaak het, is nie bevestig nie en die ondersoek het tot dusver
‘n Week van stakings l? voor
'n Week van stakings lê voor vir Suid-Afrika. Vervoer, munisipale, en farmaseutiese werkers wil Maandag ophou werk omdat gesprekke vir loonverhogings op 'n dooie punt uitgeloop het ter elfder ure. Indien Metrorailwerkers staak gaan 1,5 miljoen pendelaars gestrand wees. Chris de Vos, die algemene sekretaris van Utata (United Transport and Allied Trade Union), het gesê
Amazon maak Orwelliaanse fout
Die stigter en ook die hoofuitvoerende amptenaar van Amazon, Jeff Bezos, het nederig om verskoning gevra nadat Amazon verskeie elektroniese boeke van hul kliënte se Kindle-apparate uitgevee het.
Die stigter en ook die hoofuitvoerende amptenaar van Amazon, Jeff Bezos, het nederig om verskoning gevra nadat Amazon verskeie elektroniese boeke van hul kliënte se Kindle-apparate uitgevee het.
