Zille s? stakings is geregverdig

Helen Zille, DA-leier, het op ’n nuuskonferensie in die parlement gesê sommige van die land se protesoptogte oor dienslewering vind met rede plaas en is geregverdig.

Die afgelope paar weke was daar regoor die land gewelddadige betogings oor dienslewering en daar word hierdie week geweld in Kaapstad verwag met die munisipale stakings.

Zille het gesê dat daar soms baie meer agter die optogte skuil en dat alle optredes nie dieselfde beoordeel kan word nie.

“In sommige gebiede is dit heeltemal geregverdig, maar in ander gebiede is dit meer kompleks.”

Volgens Zille is daar mense in die Kaapse metrogebied wat huise kry, dit verkoop en dan weer in informele huise gaan woon om opnuut aan te dring op nuwe huise.

“In die Kaapse metroraad is daar ’n behuisingsagterstand van 450 000 eenhede." Sy sê indien haar regering elke sent bestee wat toegeken kan word aan behuising, sal hulle sowat 12 000 huise kan lewer.

“Sowat 15 000 arm families kom vestig hulle jaarliks in die Kaap en word tot dié lys gevoeg. Dit beteken dat die waglys vinniger groei as wat ons die agterstand kan hanteer.”

online casinosданильченко юрій Харків