Vier Metrorailwaens uitgebrand

Vier Metrorailwaens is Maandagoggend in die Braamfonteindepot uitgebrand.

Volgens woordvoerder Sibusiso Ngomane is die brand in die leë waens geblus en forensiese ondersoekspanne is tans op die toneel om vas te stel wat die brand veroorsaak het.

Gerugte dat Metrorailstakers die brand kon veroorsaak het, is nie bevestig nie en die ondersoek het tot dusver nog geen getuienis gevind wat daarop dui nie.

Ngomane sê hy "glo die staking sal afgeweer word en dit [die brand] word nie in verband gebring met die staking of sabotasie nie".

Niemand is in die brand beseer nie.

86 уданильченко юрій броніславович

Maak 'n opvolg-bydrae