praag.co.za

Amazon maak Orwelliaanse fout

Written by

in

Nadat Amazon besef het dat twee George Orwell-boeke, Animal Farm en 1984, sonder die korrekte toestemming in elektroniese formaat uitgegee is, is die twee boeke nie net uit hul aanlynwinkel verwyder nie, maar ook van alle Kindle-apparate, wat deur eienaars wêreldwyd besit word.

Bezos het soos volg sy verskoning in die Kindle-gebruikersforum aangebied:

"Hierdie is 'n verskoning vir die manier waarop ons voorheen onwettig verkoopte eksemplare van 1984 en ander romans op Kindle gehanteer het. Ons 'oplossing' vir die probleem was dom, onbedagsaam en pynlik in stryd met ons beginsels. Dis geheel en al ons eie skuld en ons verdien die kritiek wat ons verduur het. Ons sal die wondweefsel van dié pynlike fout gebruik om te sorg dat ons vorentoe beter besluite neem, besluite wat in ooreenstemming met ons doelwit is."

Amazon se aksie het aan die lig gebring dat hulle Kindle toegerus is met 'n sogenaame "'Kill Switch", waarmee hulle elektroniese inhoud op individuele apparate kan uitvee. Daar is natuurlik talryke ander elektroniese apparate wat oor soortgelyke funksionaliteit beskik, onder andere die iPhone, Xbox 360 en die Playstation 3.

Die Amazon-geval gaan vinnig ontwikkel in 'n gevallestudie oor mag en regte in die tydvak van die totale internet. 'n Hele aantal tegnologie-bloggers het skerp teen Amazon te velde getrek, en Amazon gevra om bekend te maak wat hulle alles by magte is om deur die Kindle-apparaat te doen.

Die Kindle- blaps volg kort op die hakke van 'n flater op 19 Junie waartydens musiekalbums verkeedelik geprys is teen 29p (R3.60).'n Rekenaarfout was verantwoordelik daarvoor dat nie net albums spotgoekoop verkoop is nie maar ook individuele treffers teen 2.4p (30sent). Dit het Amazon vier ure geneem om van die fout bewus te word en dit reg te stel, waartydens albums van Coldplay, Bruce Springsteen, James Morrison, Metallica en Norah Jones soos soetkoek verkoop het, teen 'n breukdeel van hul normale prys.

Die nuus is vinnig deur bloggers en tegnologie- en prysvergelykingswebblaaie versprei en sommige gelukkiges het tot 19 albums tegelykertyd afgelaai. Kenners meen dat Amazon se verliese hierdeur in die miljoene kan wees.

тамбов автохимияФільчаков прокурор

Comments

Leave a Reply