Bestuur van Cahora Bassa weet van niks

Die bestuur van die Cahora Bassadam sê hulle was nie ingelig oor die buitelandse komplot om die hidroelektriese skema te vernietig nie. Volgens die Mosambiekse sentrale nuusagentskap AIM, het hulle van niks geweet nie. "Dit kom as 'n yslike verrassing vir ons. Die polisie het ons hoegenaamd nie daaroor ingelig nie," het Paulo Muxanga, voorsitter

Lees verder: Bestuur van Cahora Bassa weet van niks

Man in Kaapstad getoets vir varkgriep

Dokters in Kaapstad wag vir die uitslae van toetse om vas te stel of 'n man van Kaapstad varkgriep, A(H1N1), onder lede het. Die uitslae sal Donderdag bekend gemaak word. Dr Stefan Smuts, nasionale bestuurder van die Kaapstadse Medi-Clinic se nooddienste, sê smere en bloedmonsters is van die man geneem. Die pasiënt word sedert Maandag

Lees verder: Man in Kaapstad getoets vir varkgriep

Botswana se nuwe mediawet onder vuur

'n Regsgeleerde wat uitgewers in Botswana verteenwoordig, het gesê hulle het die eerste stap geneem wat hopelik sal lei daartoe dat 'n nuwe mediawet ongrondwetlik verklaar sal word. Batsho Nthoi, prokureur, sê die regering is Woensdag in kennis gestel dat hulle gedagvaar gaan word oor die wet. Die uitgewers en mediaregtegroepe sê die wet wat

Lees verder: Botswana se nuwe mediawet onder vuur

SA vroue slagoffers van intieme geweld

'n Vrou in Suid-Afrika is ses keer meer aan die dood blootgestel as op enige ander plek ter wêreld, danksy geweld deur 'n persoon waarmee sy 'n intieme verhouding het. Tydens 'n konferensie oor die onderwerp van seksuele geweld het professor Rachel Jewkes van die Sexual Violence Research Initiative gesê, is "vyf-en-twintig persent van vroue

Lees verder: SA vroue slagoffers van intieme geweld

Afrikaners sal m??t saamstaan

Terwyl die debat rondom die powere vertoning van die enigste oorblywende Afrikanerparty in die parlement, die Vryheidsfront Plus, voortwoed, sê sommige mense dat Afrikaners nie oor die nodige getalle beskik om by die stembus hond haaraf te maak nie, gegewe die immer stygende swart bevolking wat tans boonop vanuit ons buurlande aangevul word. Dieselfde mense meen dat die Afrikaner nie deur middel van partypolitiek nie, maar deur sogenaamde burgerlike organisasies sy regte en kultuur kan verdedig.

Lees verder: Afrikaners sal m??t saamstaan

Gebrek aan visie maak kiesers moedeloos

ImagePC Badenhorst skryf heeltemal tereg dat die VF+ oor eienskappe soos doodgewone ordentlikheid beskik. Dit is ongetwyfeld so. Ek het nog nooit een van die Mulderbroers sy stem hoor verhef nie. Ordentlikheid is 'n kenmerk van meeste Afrikaners.

Lees verder: Gebrek aan visie maak kiesers moedeloos

Varkgriepvrees neig soms na die absurde

Die arme Meksikane is deesdae ongewild die wêreld oor. Die uitbraak van die H1N1-virus, oftewel varkgriep, in Meksiko, sorg ook dat die toerisme na die land dramaties afgeneem het. In Meksikostad staan 85% van alle hotelkamers tans leeg. Maar vrees vir die siekte neig soms na die absurde. In Nieu-Seeland beveel die owerhede aan dat

Lees verder: Varkgriepvrees neig soms na die absurde

Obama wil sy familiegeskiedenis in Duitsland navors

President Barack Obama gaan nie met sy volgende besoek aan Duitsland saam met Kanselier Merkel afgeneem word nie. Trouens hy gaan nie eers in Berlyn aandoen nie. Die Amerikaanse president wil eerder besoek bring aan Dresden en Buchenwaldkonsentrasiekamp om sy persoonlike familiegeskiedenis na te vors. Sy besoek aan Duitsland in Junie sal dus geen amptelike

Lees verder: Obama wil sy familiegeskiedenis in Duitsland navors