09:58:11 Die nasionale polisiekommissaris Jackie Selebi poog tans om die Skerpioene te dwing om 'n dossier wat korrupsie-ondersoeke oor hom bevat te oorhandig. Hy het 'n aansoek voor die adjunk-regterpresident van die Witwatersrand, Phineas Mojapelo, gebring.

Die G8-lande (Kanada, Frankryk, Duitsland, Italië, Japan, Rusland, Groot Brittanje en die Verenigde State) het weereens beraad gehou, dié keer in Japan.
Die meeste Afrikaners is met reg geskok deur Robert Mugabe se optrede teen die blanke boere van Zimbabwe wat die land in ʼn ekonomiese krisis van ongekende omvang gedompel het.