ʼn Kommunistiese staat oorhandig sy burgers aan die mag van rowers – Alexander Solsjinitsin.
Dit het tyd geword dat ons vra wie in dié kommunistiese Suid-Afrika werklik die rowers is. Wie tel almal onder die misdadigers wat tans terreur teen ons landsburgers voer? Niemand sal dit betwis dat daar vanaf ons buurstate daagliks ʼn beduidende aantal roofgieriges insypel nie, en wat hoofsaaklik as gevolg van werkloosheid en armoede steel en moor onder Suid-Afrikaners. Mens kan sê dat dit nog begryplik is onder ʼn Afrika-kommunistiese regime soos die ANC met hul verslapping van immigrasiebeheer. Maar die groot aantal misdadigers in ons land wat die voorreg het om besoldigde lede in magsposisies soos die Suid-Afrikaanse Polisiediens te wees, is onverskoonbaar.

Ten spyte van ’n daling in koerantverkope, die beskikbaarheid van gratis nuusblaaie en die toenemende gewildheid van nuuswebwerwe op die internet, bly koerantredakteurs wêreldwyd steeds optimisties. Die Wêreldredakteursforum, gesteun deur Reuters, het pas die sogenaamde Newsroom Barometer gepubliseer.
Op 28 April 2008 breek onluste uit in Mogadisho. Duisende Somaliërs, waaronder baie vroue en kinders, hardloop in protes deur die strate, breek winkeldeure af, en beskuldig verbouereerde handelaars van uitbuiting. Ten minste vyf mense sterf in die onluste toe die Somaliese weermag en gewapende handelaars met van die skare oproeriges slaags raak.
Wiskunde en wetenskap is te moeilik en veeleisend, meen Suid-Afrikaanse skoolleerlinge. Meer as 60% van die 7 000 leerlinge wat aan 'n opname deur Mark Shuttleworth se stigting deelgeneem het, meen dit is waarom Suid-Afrika se wiskunde- en wetenskappunte so laag is vergeleke met ander lande.
Volgens ʼn studie wat so pas deur die Instituut vir Sekerheidstudies in Pretoria vrygestel is, is Suid-Afrikaners nou meer vreesbevange oor misdaad as ooit tevore. Dít, in weerwil van polisiestatistieke wat sou toon dat misdaad aan die afneem is.
Dit lyk asof die OTM-ontploffing gebeur het in uitbreiding 22 by Food Zone, Secunda, waar jy met die trappe opgaan na die uniekantoor. Tydens die bewind van dr. H.F. Verwoerd sou hierdie terroriste van sabotasie aangekla gewees en gehang het.