Nederlander Geert Wilders verklaar tot man van die jaar

Geert Wilders Die Nederlandse regse politikus, Geert Wilders is deur die Amerikaanse Horowitz-vryheidsentrum tot man van die jaar benoem. Die leier van die Party vir die Vryheid (PVV) staan aanhoudend vir Westerse tradisies, het die konserwatiewie instituut bevind. Wilders word beskryf as iemand wat ondanks alle bedreigings wat teen hom gerig word, onvermoeid voortgaan met

Lees verder: Nederlander Geert Wilders verklaar tot man van die jaar

FW bewonder ook vir Suzman

Helen Suzman Helen Suzman was vir baie jare 'n eensame verdediger van liberale waardes in die Suid-Afrikaanse parlement, het die FW de Klerkstigting Donderdag ná die liberale politikus se afsterwe gesê. "Sy het haar vreesloos uitgespreek en aktief gewerk vir die vryheid en regte waarin sy met soveel passie geglo het. Sy het gelewe om

Lees verder: FW bewonder ook vir Suzman

Gedruk en vertrap in Bangkokse brand

Uitgebrande Santiklub in Bangkok Oorlewendes het vertel hoe partytjiegangers slagoffers gedruk en vertrap het om aan die Nuwejaarsbrand in 'n volgepakte Bangkokklub te ontkom tydens die polisie-ondersoek na die voorval waarin 60 mense gesterf het. Meer as 210 mense, onder wie talle buitelandse toeriste, is beseer toe ’n brand vermoedelik ná ’n vuurwerkvertoning in die

Lees verder: Gedruk en vertrap in Bangkokse brand

‘n Tsjeggiese Europa

ImageVan vandag af is die Tsjeggiese republiek vir ses maande lank voorsitter van die Europese Unie. Dié land neem die leiding by die polities korrekte Franse oor.

ImageVan vandag af is die Tsjeggiese republiek vir ses maande lank voorsitter van die Europese Unie. Dié land neem die leiding by die polities korrekte Franse oor.

Lees verder: ‘n Tsjeggiese Europa

Matriekuitslae: In die land van die blindes…

Die woorde van die Gautengse LUR vir onderwys, Angie Motshekga, was sekerlik ironies bedoel toe sy blykbaar in Afrikaans gesê het: "Ek wil weet hoe die Boere dit doen." Daarmee het sy verwys na die honderdpersentslaagsyfer en ongekende aantal onderskeidings wat soveel Afrikaanse skole behaal het.

Die woorde van die Gautengse LUR vir onderwys, Angie Motshekga, was sekerlik ironies bedoel toe sy blykbaar in Afrikaans gesê het: "Ek wil weet hoe die Boere dit doen." Daarmee het sy verwys na die honderdpersentslaagsyfer en ongekende aantal onderskeidings wat soveel Afrikaanse skole behaal het.

Lees verder: Matriekuitslae: In die land van die blindes…

Paris Hilton stimuleer Australiese ekonomie met inkopies

Paris Hilton Paris Hilton, die Amerikaanse sosiale vlinder, het haarself verdedig as 'n redder wat inkopies doen vir 'n groter saak in taai ekonomiese tye. In Sydney, Australië, die gasheer vir 'n eksklusiewe Nuwejaarsdanspartytjie, het die 27-jarige erfgenaam van die Hilton-hotelfortuin vandeesweek erge kritiek uitgelok met haar inkopie-uitstappie, waarin sy in 40 minute sowat 5

Lees verder: Paris Hilton stimuleer Australiese ekonomie met inkopies

Amerikaanse verbruikersvertroue daal tot historiese laagtepunt

Amerikaanse verbruikersvertroue het 'n historiese laagtepunt bereik in Desember, en verder gedaal vanweë die vooruitsig van stygende werksverliese, Die daling verteenwoordig nog 'n teken dat verbruikersbesteding waarskynlik nie daarin sal slaag om Amerika vinnig uit die jaarlange resessie te help nie. Verbruikers was maande lank senuweeagtig om groot bedrae geld te bestee; mense het nuwe

Lees verder: Amerikaanse verbruikersvertroue daal tot historiese laagtepunt

Taxibestuurder doodgeskiet in taxigeweld

'n Taxibestuurder is Dinsdag doodgeskiet in Primrose, Germiston in wat polisie glo 'n voorval voortslepende taxigeweld was. 'n Polisiewoordvoerder, kaptein Owen Mlumbi, het gesê gewapende mans het in 'n voertuig langs die taxi ingetrek en die bestuurder (50) doodgeskiet en twee passasiers gewond. Die passasiers is in die hospitaal opgeneem. Mlumbi het gevra dat enige

Lees verder: Taxibestuurder doodgeskiet in taxigeweld

Oegandese rebelle maak 400 in Kongo dood, volgens liefdadigheidsorganisasie

Oegandese LRA-rebelle het meer as 400 mense doodgemaak tydens Kersdagslagtings in die noordooste van die DRK, het die Caritas-liefdadigheidsorganisasie Dinsdag gesê. Die rebelle het dit ontken en soldate van de DRK, Oeganda en suidelike Soedan daarvan beskuldig dat hulle die slagoffers "gebom" het. Die LRA het 'n dorp geteiken waar 'n Kersdagkonsert gehou is, en

Lees verder: Oegandese rebelle maak 400 in Kongo dood, volgens liefdadigheidsorganisasie

SA handelstekort vergroot in November

Suid-Afrika se handelstekort het in November vergroot tot R12,1 miljard – grootliks te wyte aan hoër voertuiginvoere en laer edelmetaaluitvoere – het amptelike data Dinsdag getoon. Die Suid-Afrikaanse inkomstediens het gesê die gaping het toegeneem van R9,8 miljard in Oktober, ten spyte van 'n skerp afname in olie-invoere. Ekonome wat verlede week deur Reuters ondervra

Lees verder: SA handelstekort vergroot in November