Zuma ontmoet Namibiese ampsgenote

President Jacob Zuma sal vandeesweek samesprekings in Pretoria voer met sy Namibiese eweknie, pres. Hifikepunye Pohamba. ‘n Verklaring deur die president se kantoor het gesê Zuma sal bygestaan word deur Maite Nkoana-Mashabane, die minister van internasionale betrekkinge en samewerking, sowel as nege regeringsministers en amptenare van verskeie staatsdepartemente. Die samesprekings sal ‘n geleentheid bied om

Lees verder: Zuma ontmoet Namibiese ampsgenote

‘Alle blankes is rassiste’

Channel 4, ‘n Britse televisiekanaal, het dié week met ‘n nuwe program afgeskop waarin daar gewys word dat alle blankes rassiste is. ‘n Amerikaanse onderwyseres en ‘n anti-rassisme aktivis het die uitdaging van Channel 4 aanvaar om te bewys dat alle wit Britte bevooroordeeld is teenoor anderskleuriges. Jane Elliott, 76, wat ook bekendstaan as The

Lees verder: ‘Alle blankes is rassiste’

Russe simuleer aanval op Pole

Dokumente wat deur ‘n toonaangewende Poolse nuustydskrif, Wprost, in die hande gekry is, bevestig dat Rusland en Belarus gedurende ‘n gesamentlike militêre oefening, ‘n gesimuleerde aanval op Pole uitgevoer het. Die oorlogspeletjies, wat glo in September gehou is en ongeveer 13 000 soldate van Rusland en Belarus ingesluit het, het Pole erg onthuts gelaat. Die

Lees verder: Russe simuleer aanval op Pole

VN ontruim personeel uit Pakistan

Die Verenigde Nasies het Maandag gesê dat hulle hul internasionale personeel uit noordwes Pakistan gaan onttrek as gevolg van die veiligheidsituasie wat daar heers. “Hulle sal onmiddellik verplaas word,” het Ishrat Rizvi, ‘n VN-woordvoerder gesê. Ban Ki-moon, die sekretaris-generaal, het ‘n veiligheidstoestand, bekend as Fase IV, in die provinsies aan die noordwestelike grens en federaal

Lees verder: VN ontruim personeel uit Pakistan

Karzai Afghanistan se president

Hamid Karzai is Maandag deur Afganistan se Onafhanklike Verkiesingskommissie (OVK) as die wenner van die land se tweede demokratiese verkiesing aangewys. Karzai het die omstrede verkiesing gewen nadat ‘n beplande herverkiesing gekanselleer is. Die OVK het besluit dat daar nie ‘n herverkiesing gaan plaasvind nadat die enigste opposisieleier, Abdullah Abdullah, onttrek het, het OVK-bronne Maandag

Lees verder: Karzai Afghanistan se president

Duitse soldaat ry in 13 makkers in

‘n Soldaat het Maandagoggend voor sonsopkoms sy motor in ‘n groep soldate op ‘n Duitse weermagbasis vasgery en 13 mense beseer, het ‘n woordvoerder van die departement van verdediging gesê. Al die beseerdes is soldate en sewe het ernstige beserings opgedoen. Die ongeluk het by die Werratal Barakke in Bad Salzungen in die oostelike staat,

Lees verder: Duitse soldaat ry in 13 makkers in

Egpaar oorleef wrede plaasaanval

Twee swart mans is in hegtenis geneem nadat hulle glo ‘n bejaarde egpaar in Limpopo aangeval het ná afloop van ‘n kerkdiens. Izak en Mariaan Jansen van Vuuren is Sondagoggend op hulle plaas in Marken, naby Swartwater, aangeval toe hulle ná afloop van ‘n kerkdiens by hulle plaashek stilgehou het. Volgens Anél Jansen van Vuuren

Lees verder: Egpaar oorleef wrede plaasaanval

Vakatures in sleutelposte het kragkrisis veroorsaak

’n Vertroulike Eskomverslag dui aan dat tot 50% van sleutelposte in die organisasie nie gevul was toe die land onder beurtkrag gebuk gegaan het nie, het die DA Maandag gesê. Cobus Schmidt, die DA se woordvoerder oor energie, het gesê sy party is in besit van ’n verslag van Eskom se tegniese ouditgroep wat laat

Lees verder: Vakatures in sleutelposte het kragkrisis veroorsaak

Hoe gevaarlik is Julius Malema?

As ‘n mens die nuusvoere sien van hierdie bloeddorstige voetsoldaatjie van opperbevelvoerder Zuma, kan ons ‘n indikasie kry van die verval waarin Suid-Afrika se totalitêre demokrasie (verskoon die oksimoron) begin verkeer. Na heelwat spekulasie oor dié man se geloofwaardigheid as leier, veral na sy legio omstrede uitsprake wat varieer van verkragting tot doodmaak vir Zuma

Lees verder: Hoe gevaarlik is Julius Malema?