Channel 4, ‘n Britse televisiekanaal, het dié week met ‘n nuwe program afgeskop waarin daar gewys word dat alle blankes rassiste is.
‘n Amerikaanse onderwyseres en ‘n anti-rassisme aktivis het die uitdaging van Channel 4 aanvaar om te bewys dat alle wit Britte bevooroordeeld is teenoor anderskleuriges.
Jane Elliott, 76, wat ook bekendstaan as The Bitch, het van die VSA na Brittanje gereis vir die program.
In die program sal voormalige eerste minister Margaret Thatcher soos ‘n swarte aangetrek word en president Barack Obama soos ‘n Chinees.
Elliott het ‘n groep van 30 vrywilligers van gemengde ouderdomme en ras in twee groepe verdeel op grond van oogkleur.
Diegene met bruin oë word goed behandel, terwyl diegene met blou oë belaglik gemaak word, verneder en beledig word.
Haar doel is glo om ‘n soort “apartheid regime” daar te stel sodat blou-oog mense vooroordeel, diskriminasie en rassisme ervaar.
Aan die einde van die eksperiment wat etlike ure duur, breek ‘n bekgeveg tussen wit en swart deelnemers uit.
Talle van die wit deelnemers beskuldig die swartes daarvan dat hulle nie die alleenreg op diskriminasie het nie. ‘n Middeljarige wit vrywilliger sê “Hulle dink rassisme is net vir swart mense. Ek het aanmerkings verduur omdat ek blond en wit is.”
‘n Swart pa sê weer hy laat nie sy wit vrou toe om sy dogtertjie by die skool te gaan haal nie, want hy is bang mense vind uit dat sy bruin is en dat hulle haar daaroor sal spot.
Aan die einde van die program sê Elliot die blankes het hulle ware kleure gewys
“Witmense behoort skuldig te voel oor hulle optrede. ‘n Mens doen nie goed omdat jy wit is nie, maar omdat jy oningelig is. Ons word vanaf geboorte in die metode van wit meerderwaardigheid gekondisioneer.”
