Karzai Afghanistan se president

Hamid Karzai is Maandag deur Afganistan se Onafhanklike Verkiesingskommissie (OVK) as die wenner van die land se tweede demokratiese verkiesing aangewys.

Karzai het die omstrede verkiesing gewen nadat ‘n beplande herverkiesing gekanselleer is.

Die OVK het besluit dat daar nie ‘n herverkiesing gaan plaasvind nadat die enigste opposisieleier, Abdullah Abdullah, onttrek het, het OVK-bronne Maandag gesê.

Afganistan se verkiesingswaghond (ECC) het in Oktober ‘n verslag bekendgemaak met aantygings van grootskaalse bedrog tydens die land se verkiesing in Augustus vanjaar.

Die verslag het versoek dat sowat 210 stemlokale se stemme nietig verklaar word.

Die ECC het gesê hy het “duidelike bewyse van bedrog” by hierdie stemlokale gevind.

абажур с гималайской солью для банилобановский александр игоревич класс