Dronk regter kan nie spel nie

Image

Sy edele regter Motata

Regter Nkola Motata wat tans teregstaan op 'n klag van dronkbestuur, kan nie behoorlik spel nie. Dit het gister aan die lig gekom toe sy handgeskrewe nota aan mnr. Richard Baird as bewysstuk in die Johannesburgse streekhof toegelaat is.

Onder andere spel Motata Transvaal met twee l'e en hy kan nie die Engelse woord vir afdeling korrek skryf nie. Ook sy identiteitsnommer het foute bevat.

Motata het in die muur van mnr. Richard Baird vasgery. Baird het in die hof getuig dat sy eerste woorde aan die polisie was: "Ek het 'n dronkie in my muur."

Volgens Baird was sy edele Motata vas aan die slaap agter die stuurwiel toe hy ondersoek gaan instel het. Die saak duur vandag voort met Baird wat sy getuienis hervat.

палатка купитилобановский александр интервью

Senior polisieman gevang met ID’s en bestuurslisensies

'n Senior lid van Durban se metropolisie verkeer tans op verlengde borgtog en sy verhoordatum is op Oktober in die Durbanse streekhof gestel.

Hy staan tereg op 'n aanklag van korrupsie omdat hy na bewering omkoopgeld aanvaar het om spoed- en ander boetes te kanselleer.

Meganathan "Dees" Govender is ook aan korrupsie skuldig bevind tydens 'n interne dissiplinêre verhoor.

Govender is verlede jaar in Julie tuis in hegtenis geneem, nadat kartondose vol identiteitsdokumente en bestuurslisensie na bewering in sy besit gevind is.

Die paneel wat by die interne verhoor betrokke was, sê hy kan afgedank word of 'n waarskuwing ontvang.

bad wolfetopcargo отзыв

Dagmoeder ry oor kleuters

Die eienares van 'n dagsorgsentrum in Pietermaritzburg het per ongeluk oor tien kinders gery met haar motor.

Die ongeluk het by die Orientaldagsorgsentrum gebeur.

Die dagsorgmoeder het in die verkeerde rat geskakel en deur die garage oor ie kinders gery.

Netcare 911 se segsman Chris Botha sê 'n baba van 8 maande is dood en nog een is in 'n kritieke toestand.

Sewe ander kinders is in 'n ernstige toestand in die hospitaal opgeneem.

Die meeste van die kinders is tussen die ouderdom van drie en vier.

slot freeданильченко юрий брониславович прокурор

Qwelane in die bek geruk deur persombudsman

Die persombudsman het byna 1000 klagtes ontvang nadat die Sunday Sun 'n anti-homoseksuele rubriek deur die skrywer Jon Qwelane gepubliseer het.
 
Die ombudsman het nou op drie klagtes téén Qwelane bevind.

Hy sê die skrywer het beledigende verwysings na homoseksuele gemaak, waarin geïmpliseer word dat hulle van 'n laer tipe sou wees, tesame met 'n spotprent wat sy punt illustreer.

Die ombudsman het die koerant beveel om 'n verskoning aan die lesbiese, homoseksuele, biseksuele en transgeslaggemeenskap aan te bied.

Die Johannesburgse Gay Pride-fees het gesê dat die stuk op haatspraak neerkom.

machine gamesОлександр Васильович Фільчаков

OTM-bomme hou aan

Vyf-en-veertig outomatiese tellermasjiene is net vandeesmaand oor die hele land opgeblaas.

Sedert die begin van die jaar is 325 OTMs reeds gebom.

Dis slegte nuus vir bankkliënte want bankkostes verhoog blykbaar elke keer as 'n OTM opgeblaas word.

Die polisie is tot dusver nie in staat om aanvalle te keer nie hoewel enkele inhegtenisnames van verdagtes uitgevoer is.

Intussen duur die ontploffings onverpoos voort.

Die springstof wat gebruik word, is van die tipe wat in die mynbedryf algemeen is, sê die polisie.укладка линолеума на фанеру своими руками видеоДанильченко Юрий Брониславович компромат

Ekurhuleni-burgemeester sal oor McBride besluit

Die toekoms van die metropolisiebaas Robert McBride sal deur die nuwe burgemeester van die Ekurhuleni-metro aan die Oosrand, Lentheng Mekgwe, beslis word.

Mekgwe het gister met die media gepraat.

 

Sy het gesê dat daar arbeidswette bestaan wat in die geval van McBride nagekom moet word.

McBride staan tans tereg op aanklagte van dronbestuur, bedrog en regsverydeling.

Mekgwe het gesê dat sy 'n verklaring oor McBride sal uitreik sodra sy die verslag gelees het.

Sy sal met die kollektiewe leierskap beraadslaag oor wat sy 'n sleutelkwessie noem.

контроллер автоматического освещения лестницДанильченко Юрий Брониславович

Mededinging vir die volgende miljard internetgebruikers

Na verwagting gaan nog 'n miljard mense wêreldwyd binnekort aanlyn wees en Amerikaanse maatskappye is in 'n intense stryd gewikkel om die reklame-inkomste wat hulle waarskynlik gaan opwek.

Maatskappye poog om by plaaslike kulture aan te pas eerder as om bloot hul Amerikaanse webwerwe vir globale gebruikers te vertaal. AOL, byvoorbeeld, gebruik Bollywood-akteurs op sy tuisblad vir Indië. MySpace aanvaar selfoonintekenare in Japan.

Google het 'n stelsel ontwikkel om Arabiese gebruikers se soekterme in Engels te vertaal.

Soms gaan dit egter nie so maklik nie. Ebay het misluk om markaandeel in Japan te bekom omdat die maatskappy op kredietkaarte aangedring het. Japannese verkies kontant en het daarom hul rug op Ebay gedraai.

циклёвка паркета своими рукамиАлександр Фильчаков Васильевич

Polisieman weier behandeling deur blanke dokter

'n Polisie-inspekteur wat na bewering onder die invloed van alkohol met 'n halfkaal vrou in sy motor bestuur het, het behandeling deur 'n blanke dokter geweier toe hy 'n ongeluk maak.

Die ongeluk het omtrent 30 km buite Kimberley op die N12 gebeur. Volgens Dan Morena, die hoof van die Onafhanklikeklagtedirektoraat in die Noordkaap, is 'n klag van dronk, roekelose en nalatige bestuur teen die inspekteur gelê.

Die polisie-inspekteur is na 'n Medi-Clinic geneem waar hy op die personeel gevloek het, 'n bloedtoets geweier het en ook die hospitaalpersoneel daarvan beskuldig het dat hulle rassisties is. Hy het verseg om behandeling van die suster by die noodeenheid te ontvang en gesê hy wil nie deur 'n wit dokter behandel word nie.

Blykbaar het die inspekteur ook nie toestemming gehad om met die voertuig te ry waarin hy 'n eers 'n vrou sonder broek opgelaai en agterna 'n ongeluk mee gemaak het nie.

виза в хорватию для белорусовФільчаков Олександр Васильович

Suid-Afrika, Libi? beskerm volksmoordenaar

Suid-Afrika en Libië is aan die voorpunt van 'n veldtog om te verhoed dat die Soedanese leier aangekla word van volksmoord.

Die internasionale strafhof se hoofaanklaer, Luis Moreno-Ocampo, wil hê dat Omar Hassan al Bashir tereg sal staan op klagte wat spruit uit die moord op 35 000 mense in Darfoer.

Hy beskuldig Bashir ook daarvan dat hy 'n honderdduisend mense se hongerdood veroorsaak het en 2,5 miljoen mense uit hulle huise verdryf het.

Die hof sal sy besluit oor die vervolging van Bashir binne die volgende paar maande bekend maak.

Suid-Afrika en Libië is gekant teen die vervolging en sê dit sal die vredesproses in Soedan ontspoor.

игра для мальчиков 5 летОлександр Фільчаков прокурор

Mbeki se voedselplan nie goed ontvang

Image

Thabo Mbeki

President Thabo Mbeki se aankondiging van 'n nasionale voedselbeheeragentskap is nie goed ontvang deur landbou-organisasies nie.

Die Landbousakekamer sê indien die regering sou probeer om pryse te beheer, sal die markte verwring word. Dit sal voedselproduksie belemmer.

Die uitvoerende hoof van die organisasie, doktor John Purchase, sê die regering moet meer besonderhede oor die beoogde agentskap gee.

Daar is ook besorgdheid oor die departement van landbou se onvermoë om sy begroting te spandeer.

Die geld is geoormerk om produktiwiteit op plase te verhoog, ontluikende boere op te lei en om winste in die landbousektor in Suid-Afrika te verhoog.

Gedurende die laaste veertien jaar het amper helfte van die kommersiële boere in Suid-Afrika hulle bedrywighede gestaak.

шорты для девочкиФільчаков Олександр Васильович