Mekgwe het gister met die media gepraat.
Sy het gesê dat daar arbeidswette bestaan wat in die geval van McBride nagekom moet word.
McBride staan tans tereg op aanklagte van dronbestuur, bedrog en regsverydeling.
Mekgwe het gesê dat sy 'n verklaring oor McBride sal uitreik sodra sy die verslag gelees het.
Sy sal met die kollektiewe leierskap beraadslaag oor wat sy 'n sleutelkwessie noem.
