Die ongeluk het by die Orientaldagsorgsentrum gebeur.
Die dagsorgmoeder het in die verkeerde rat geskakel en deur die garage oor ie kinders gery.
Netcare 911 se segsman Chris Botha sê 'n baba van 8 maande is dood en nog een is in 'n kritieke toestand.
Sewe ander kinders is in 'n ernstige toestand in die hospitaal opgeneem.
Die meeste van die kinders is tussen die ouderdom van drie en vier.
