FIFA voor Afrikasokkerdilemma

Die Beweging vir die Emansipasie van die Nigerdelta, bekend as MEND, het 'n e-pos aan FIFA gestuur om hulle te waarsku dat sokker nie in Afrika sonder meer sonder probleme gespeel gaan word nie. Hulle het die wêreldsokkerliggaam aangeraai om nie die onder-17 toernooi in Nigerië aan te bied nie.

Om die erns van hulle versoek te onderstreep is Abiel Tabor, kaptein van Bayelsa United wat Sondag Nigerië se Premierligasokkertoernooi gewen het, kort na die eindstryd deur Mend-rebelle vermoor.

FIFA sit tans met 'n kopseer in Suid-Afrika waar skeidsregters nie hulle werk doen nie, stadions half leeg is en velde veel te wense oorlaat. Daarbenewens word die atmosfeer vir besoekers bederf deur die aanhoudende lawaai van die vuvuzelas wat Afrikane nou as 'n kulturele reg om algar se gehoor permanent te beskadig, geëien het.

Die hopelose Suid-Afrikaanse span is 'n verdere verleentheid vir sokkerbaas Sepp Blatter en om die gasheerland vir 2010 se toernooi se tekorkominge te verbloem het hy juis die vriendelike Afrikagees aan voornemende toeskouers probeer verkoop.

Chevron, wat olie in die Delta pomp, is hoogs kwesbaar nadat die VSA ook vir die jeugtoernooi gekwalifiseer het. Die lande wat deelneem is Algerië, Gambia, Nigerië, Burkina Faso, Malawi, Iran, Suid-Korea, Japan, die VAE, Duitsland, Nederland, Switserland, Italië, Spanje, Turkeie, Costa Rica, Honduras, Meksiko, Argentinië, Brasilië, Colombia, Uruguay and Nieu-Seeland.

Volgens FIFA-reëls kan lande wat aan die toernooi onttrek gestraf word as daar deur hulle afgekondig is dat die toernooi voortgaan

Dit verteenwoordig 'n yslike dilemma vir FIFA wat aanstons sal moet besluit of Afrika werklik die kontinent is waar 'n nuwe sokkerlente gaan aanbreek.

deposit freeтопкарго отзыв

‘Boerka is teken van onderdrukking’

President Nicolas Sarkozy van Frankryk het gister gesê boerkas, kledingstukke wat Moslem-vroue van kop tot tone bedek en hul gesigte verdoesel, het geen plek in dié land nie.

Hy het gesê dié kledingstukke is ’n teken van die onderdrukking van vroue.

Tydens ’n parlementêre toespraak het Sarkozy ’n inisiatief wat LP’s verlede week begin het gesteun ná hul kommer oor die toenemende gebruik van boerkas in Frankryk uitgespreek het.

“Die boerkakwessie is nie godsdienstig nie, dit is ’n kwessie van vryheid en die waardigheid van vroue,” het Sarkozy aan ’n gesamentlike sitting van die parlement se twee huise by die Versaillespaleis gesê.

“Die boerka is ’n teken van die onderwerping van vroue. Dit is nie welkom in ons land nie,” het hy onder luide applous gesê.

агрегат сварочный передвижнойлобановский александр дети

Groenland kry selfregering

Image

Nuuk

Die meeste mense ken Groenland as daardie yslike groot landmassa in die noorde langs Europa op Mercatorkaarte. Op sulke kaarte lyk Groenland so groot soos Afrika, maar dit is in der waarheid ongeveer 14 keer kleiner.

Daar woon 58 000 siele op die eiland en daar is slegs twee verkeersligte, al twee in die hoofstad.

Sondag is 'n nuwe era van selfregering aangekondig, wat uiteindelik sal lei tot die onafhanklikheid van die Groenlanders van Denemarke wat sedert 1721 oor die meesal geyste grondgebied regeer.

Die skuif wat Groenland verantwoordelikheid oor hulle strafregstelsel en olieontginning sal gee, is die resultaat van 'n referendum wat verlede jaar gehou is. Daarin het 76% van kiesers gesê hulle verkies selfregering.

Baie besluite dra 'n diep simboliese betekenis. Kalaallisut, 'n tradisionele Inuïettaal, is nou die land se amptelike taal en Groenlanders word tans deur die internasionale reg as 'n aparte volk van die Dene beskou.

Die regering van Groenland sal voortaan in Inuïet as Naalakkersuïsut bekend staan, vir die eerste maal in die geskiedenis. Kuupik Kleist, die charismatiese eerste minister, sê die verhouding tussen Groenland en Denemarke sal nou 'n gelyke een wees.

Voorheen, sê hy, was dit soos 'n huwelik waarin die vrou haar man met die koekroller rondgejaag het. Van vandag af, "het die man ewe veel sê as sy vrou in die huis".

Maar probleme is daar volop. Min Groenlanders sien ooit 'n universiteit en sosiale probleme soos alkoholmisbruik, werkloosheid en gesinsgeweld is algemeen. Daar is ook geen paaie nie en mense moet noodgedwonge gebruik maak van vliegtuie en bote om in die volgende dorp te kom.

Aardverwarming is daarbenewens besig om die yslaag wat 80% van Groenland beslaan te laat smelt. Alhoewel dit tradisionele jag, die hoofbron van voedsel, benadeel, maak dit die ontginning van enorme reserwes olie en minerale moontlik.

Die nuwe regering sal die helfte van die winste wat deur olie en minerale gelewer word, kry en die ander helfte sal na Denemarke gaan. Dit sal afgetrek word van die toelae van $637 miljoen wat Groenland jaarliks van Denemarke ontvang.

Twee verteenwoordigers van Noorweë se Samiparlement was ook Sondag by die vieringe en het die hoop uitgespreek dat die Sami ook so ver sal kan vorder.

Olafur Ragnar Grimsson, president van Ysland, het tydens die geleentheid verwys na sy land se onafhanklikwording van Denemarke in 1944. Bent Liisberg, verteenwoordiger uit Noorweë, het weer verwys na hoe sy land vir honderde jare lank eers deur die Dene en daarna die Swede oorheers is.

Nuuk, met 'n skilderagtige hawe, het 15 000 inwoners en hulle is elke oggend teen halfagt uit op straat wat blykbaar 'n yslike verkeersopeenhoping veroorsaak.

Hierdie tyd van die jaar sak die son skaars en bly dit byna heel dag lig. Die feesvieringe is dus in 'n pragtige lig gebaai, ook omdat dit die vorige dag gesneeu het.

Verteenwoordigers van 17 lande en gebiede wat die VSA insluit het die geleentheid bygewoon. Koningin Margrethe II van Denmarke was geklee in 'n tradisionele Inuïetkostuum met 'n kortbroek van robbepels en 'n kraletjalie.

Sy het die dokument wat Groenlanders se tweedeklastatus ophef, plegtig aan hulle verteenwoordigers oorhandig.

roulettes casino liveДанильченко Юрий прокурор

Obama sal 2010-opening bywoon

Image

Barack Obama

Pres. Barack Obama van Amerika het 'n uitnodiging aanvaar om die openingseremonie van Wêreldbeker-sokkertoernooi in 2010 in Suid-Afrika by te woon.

Fifa-president mnr. Sepp Blatter het Maandagoggend bekend gemaak dat Obama die uitnodiging aanvaar het.

"Maar julle weet dat staatshoofde baie besig is, maar hopelik sal sy skedule toelaat dat hy dit bywoon."

Die openingseremonie vind plaas by die nuwe Soccer City wat 100 000 toeskouers kan huisves.

Op 'n ander "noot" het Blatter weer bevestig dat Vuvuzelas nie verbied gaan word tydens 2010 nie. "…om die waarheid te sê ek sal op 'n vuvuzela blaas tydens my nuuskonferensie Vrydag. Vuvuzelas maak die Suid-Afrikaanse spel 'n lewendige affêre. Dit is deel van die plaaslike kultuur en dra by tot die kleur van Suid-Afrikaanse sokker.

образец справки оДанильченко Харьков

Rusland wil bande met Afrika herstel

Russiese president Dmitry Medwedef is hierdie week op 'n besoek aan vier Afrikalande om bande met Rusland se ou invloedsfeer te herstel.

Nadat hy Dinsdag in Egipte aankom, sal Medwedef ook Nigerië, Namibië en Angola besoek vanaf Woensdag tot Vrydag om sy land se ekonomiese belange uit te bou.

Die president se besoek volg op 'n besoek van sy voorganger Wladimir Poetin in 2006, wat die eerste besoek van 'n Kremlinleier aan suider-Afrika was.

"As die Amerikaners nou bedrywig is in post-Sowjetgebiede, dan is dit net natuurlik dat ons leierskap kan wys dat ons ook aktief kan wees in Post-Sowjetgebiede," het Apollon Davidson, Rusland se voorste Afrikahistorikus gesê.

Gedurende die Koue Oorlog was Afrika die sleutelvoorkeurgebied tussen die Sowjet-Unie en die Weste en het die kommuniste en pro-Westerse magte verstekoorloë vir ideologiese invloed op die kontinent gevoer.

Die stryd vandag gaan om die kontinent se enorme en hoofsaaklik onontginde grondstowwe, 'n vooruitsig waarvan die Kremlin weldeeglik bewus is.

Die Russiese gasreus Gazprom kla reeds dat hulle ver agter buitelandse mededingers in Afrika is, en het aangedui dat hulle gereed is om 'n groot uitdaging aan die Weste te stel.

Moskou se bande met Angola het tot 'n abrupte einde gekom met ineenstorting van die Sowjet-Unie, maar die Kremlin wil hulle verhoudinge weer hervat met lande wat ryk is aan olie, gas, diamante, metale en uraan.

"Tradisioneel is ons sake- en ekonomiese verhoudinge nie so sterk nie, want die Sowjet-Unie se bande in Afrika was polities en ideologies," sê Davidson wat Afrika al die afgelope 60 jaar bestudeer.

"Natuurlik gaan dit moeiliker wees as in die 1980"s toe 'n mens òf deel van die Westerse òf die Sowjet-blok was," sê Samir Gadio wat 'n Afrikastrateeg vir Renaissance Capital in Moskou is. Hulle het kantore in Nigerië en Kenia.

Rusland se grootste handelsvennoot in Afrika is tans Egipte maar handelsbande met Angola, Nigerië en Namibië waar een van die wêreld se grootste oopgroefuraanmyne is, is onbenullig klein volgens Gadio.

Nigerië kan 'n belangrike ontvanger van Russiese beleggings word indien Gazprom in 'n nuwe sleutelgaspyplyn daar belê.

Europa stel in 'n trans-Saharagaspyplyn belang omdat die EU graag hulle energiebronne wil diversifiseer. Die gasreus wil betrokke raak by dië prokek.

Nigerië en Rusland sal 'n energiesamewerkingsverdrag sluit en 'n gesamentlike onderneming tussen Gazprom en Nigerian National Petroleum Corporation (NNPC) sal ook geteken word het amptenare in Abuja bevestig.

"Daar is 'n groeiende bewuswording in Russiese sakekringe dat Afrika 'n mark van globale belang verteenwoordig wat meer sakegeleenthede as enige ander plek op aarde bied," het Dmitri Suchkov van die Russiese staatsbank VEB gesê.

Suchkov is 'n lid van die sakegroep wat Afrika in die oog het. Russiese maatskappye wat reeds in Afrika bedrywig is, is UC Rusal, 'n aluminumaanleg in Nigerië en Guinee wat deur miljardêr Oleg Deripaska bestuur word.

Viktor Vekselberg, nog 'n miljardêr, se Renova is teewoordig in Suid-Afrika, terwyl die diamantmonopolie Alrosa aktief is in Angola.

Wladimir Shubin, assistent-direkteur van die Afrika Instituut van die Russiese Akademie vir Wetenskap sê in die 90s was dit moeilik maar sekere ekonomiese bande het behou gebly. Baie van die leiers wat in die Sowjet-Unie opgelei is het nog die portrette van Lenin en Marx teen hulle mure, sê hy.

Theo Grunewald, Namibië se ambassadeur in Rusland, het gesê Medwedef gaan Sam Nujoma op 'n safari vergesel waar hy leeus en renosters gaan besigtig.

бра lightstar pezzo 801610Лобановский Харьков

Ajatolla vra einde aan straatbetogings

Die opperleier van Iran, ajatolla Ali Chamenei, het gister ’n einde geëis aan die straatbetogings wat die land ruk sedert ’n betwiste verkiesing ’n week gelede, en gesê enige bloedvergieting sal hul leiers se skuld wees.

Hy het president Mahmoed Ahmadinedjad verdedig as die wettige wenner van die presidentsverkiesing en ontken dat die verkiesing beknoei is – soos Ahmadinedjad se teenstanders tot dusver aangevoer het.

“As daar enige bloedvergieting is, sal die leiers van die betogings direk aanspreeklik gehou word,” het Chamenei gesê in sy eerste toespraak aan die volk sedert die protes begin het.

“Die uitslae van die verkiesing kom uit die stembus, nie uit die straat nie,” het die geestelike by die Universiteit van Teheran en die omliggende strate aan reuse-skares gesê. 

“Vandag het die Iranse volk kalmte nodig.”

Hy het gesê enige klagtes oor die verkiesing moet deur regskanale geopper word.

Mirhossein Moesawi, Ahmadinedjad se sterkste teenstander in die verkiesing, het gevra dat die uitslag nietig verklaar moet word. Daarvolgens het Ahmadinedjad byna 63% van die stemme ingeoes teenoor Moesawi se 34%.

Chamenei het gesê die vyande van Iran val die legitimiteit van die Islamitiese establishment aan deur die uitslag te betwis.

фото моторных яхтФільчаков Олександр Васильович

Twaalfjarige gedwing om urine te drink vanwe? ‘rassisme’

Een volwassene en drie tieners by 'n Padvinder-kamp in Noord-Florida in die VSA, word daarvan beskuldig dat hulle 'n seun gedwing het om urine te drink omdat hy 'n rassistiese opmerking gemaak het.

Die Putnam County Sheriff se kantoor het Maandag die vier van Ocala gearresteer op 'n klag van ontvoering. Die groep, tussen die ouderdomme van 21 en 15 het die twaalfjarige teen sy wil aangehou en hom gedwing om urine te drink.

Jack Sears, uitvoerende hoof van die Noord-Floridaraad vir Padvinders van Amerika het gesê die jongmense se lidmaatskap van die organisasie is teruggetrek omdat hulle optrede nie die beginsels van die Padvinders weerspieël nie..

Die twaalfjarige ontken dat hy 'n rasseopmerking gemaak het, en sê die seuns en die 21-jarige het die klag van rassisme gebruik om hom te viktimiseer.

Hulle het sy mond toegeplak, maar het die kleefband verwyder om urine in sy keel af te dwing.

зимняя одеждаФильчаков прокурор харьков

IAEA-hoof s? atoomwapens is versekering

Image

El Baradei

Mohamed El Baradei, hoof van die VN se atoomkragwaghondagentskap IAEA, het tydens 'n onderhoud met die BBC Dinsdag en Woensdag gesê dat lande wat 'n atoombom het, anders behandel word as lande daarsonder. Hy het die voorbeelde van Noord-Korea en Irak gebruik.

Noord-Korea word uitgenooi vir samesprekinge, terwyl Irak, omdat hulle nie die bom gehad het nie, "gepulveriseer" is, het hy gesê. El Baradei het ook gesê Iran se leiers stel beslis in kernwapens belang om 'n boodskap aan hulle bure te stuur wat lui: 'Moenie met ons sukkel nie'.

 
Iran is een van die mees olieryke lande in die Midde-Ooste en vrees dat die VSA graag hulle hande op die olierykdom sal wil kry. 
 
El Baradei het buitelandse moondhede aangemoedig om met Iran in gesprek te tree sodat die Iranese meer geneë voel om nie die vervaardiging van 'n atoombom na te streef nie.

Kernwapentegnologie, het hy gesê, "is die pad na erkenning, om mag en prestige te kry".

"Dit is ook 'n versekeringspolis teen wat hulle in die verlede gehoor het van regeringsverandering." El Baradei het verwys na die Amerikaners se gunstelingterm om bewindsoorname te bewerkstellig, naamlik 'regime change' wat die leiers in Iran onrustig stem.

Iran het openlik erken dat hulle hulle program om uraan te verryk uitbrei, en dié program word beskou as die voorloper vir die bou van 'n atoombom. Iran ontken egter dat hulle 'n atoombom wil bou en hou vol dat hulle nie uraan verryk vir wapendoeleindes nie.

Israel het met die bekendmaking van die uitslag van die verkiesing in Iran gesê die tyd vir geduldige diplomasie is verby en dat Iran hard geslaan moet word.

Die omstredenheid wat die uitslag betref en die betogings in Teheran vanweë beweerde ongerymdhede by die stembus, meen kenners, gaan nie verander aan Iran se sug na 'n atoomwapen nie.

справки в универ по болезниФільчаков Олександр Васильович

400 wrakstukke van Air France-vlug gevind

Franse ondersoekbeamptes het Woensdag gesê meer as 400 wrakstukke van Air France se vlug 447 is gevind ná ’n noukeurige soektog in die Atlantiese Oseaan.

Maar geen gevolgtrekking oor die oorsaak van die ramp kan nog gemaak word nie.

“As ons ’n gevolgtrekking oor iets gemaak het of iets uitgesluit het, sou ons julle laat weet het,” het mnr. Paul-Louis Arslanian, hoof van die Franse vliegongelukondersoekagentskap BEA, gesê.

Hy was “effens meer optimisties” dat leidrade van wat presies tot die ongeluk gelei het, gevind sal word. Hy het gesê nog wrakstukke wat opgespoor is, verklein die soekgebied tot Brasilië se noordoostelike kusgebied.

Die Air France Airbus A330 het op 31 Mei met 228 mense aan boord in die see gestort nadat dit donderstorms moes trotseer op die vlug van Rio de Janeiro na Parys.

Arslanian het gesê meer as 400 wrakstukke is gevind en word in ’n vliegtuigloods in Recife, Brasilië, gehou. Die stukke kom van “alle gedeeltes” van die vliegtuig, maar hy het nie besonderhede gegee nie.

Die vliegtuig se twee vlugopnemers met vlugdata is nog nie gevind nie en is vermoedelik diep onder die see.

игры для деочеклобановский депутат

Noord-Korea ‘hou ernstige berdeiging in’

Amerikaanse en Suid-Koreaanse leiers het Noord-Korea gister gemaan om sy “kernambisies” te laat vaar en die bedreiging wat dit vir die Koreaanse skiereiland en omstreke inhou, te staak. Pyongyang bly, na wat berig word, op koers om ’n langafstand-missiel te lanseer.

President Barack Obama het ná ’n spitsberaad in Washington met president Lee Myung-bak van Suid-Korea gesê ’n kernbewapende Noord-Korea hou ’n ernstige bedreiging vir die wêreld in.

Hy het gesê die nuwe VN-sanksies teen Noord-Korea wat ingestel is nadat die land op 25 Mei ’n kerntoets gedoen het, sal met mening afgedwing word.

Intussen het Russiese en Chinese leiers wat tans in Moskou vergader, ’n beroep gedoen dat die sespartysamesprekinge oor Noord-Korea se kernprogram hervat moet word.

President Hu Jintao van China en sy Russiese eweknie Dmitri Medwedev het in ’n gesamentlike verklaring ná ’n ontmoeting hul ernstige kommer uitgespreek oor die bedreiging wat Noord-Korea inhou.

Obama het op sy beurt in Washington gesê: “In die lig van Noord-Korea se volgehoue en strydlustige dreigemente teenoor buurlande, dink ek nie daar is enige twyfel nie dat dit ’n destabiliserende situasie is wat ’n daadwerklike bedreiging inhou – nie net vir Amerika nie, maar ook vir wêreldveiligheid.”

Hy het onderneem om ’n einde te maak aan die siklus van gebeure wat Noord-Korea toelaat om ’n kernkrisis te bewerkstellig, net om daarna toegewings in die vorm van byvoorbeeld voedsel en brandstof te bekom in ruil daarvoor dat hy die kernkrisis afweer – en daarna weer die krisis van nuuts af op die spits dryf.

“Dit is ’n patroon wat 'n gewoonte raak,” het Obama gesê. “Ons gaan dit beëindig.” 

коляска для куклы киевДанильченко Харьков