BBC wil sokker sonder foefoezelas uitsaai

FoefoezelasDie Britse uitsaaikorporasie, die BBC, ondersoek tans die moontlikheid om ‘n “foefoezelavrye” weergawe van sy sokkerwêreldbekerdekking uit te saai ná ‘n stortvloed klagtes van kykers oor die omstrede plastiekbeuls, berig ‘n koerant vandag.

Die Britse uitsaaier het 220 klagtes oor die lawaaierige eentonige trompette ontvang en na bewering kyk die organisasie na metodes om ‘n “skoon” toevoer te verskaf met die skare se lawaai wat uitgefiltreer is, sê die Londense Guardian.

Kykers van wedstryde wat deur die BBC uitgesaai word en wat deur die foefoezelas geïrriteer word, gaan die opsie hê om die skaregeluid af te skakel. Aldus die koerant.

Die nuus is bekendgemaak te midde van omstredenheid oor die plastiekbeuls, wat ook deur ander uitsaaiers en sekere spelers gekritiseer is.

Maar in weerwil van die aanhoudende omstredenheid rondom foefoezelas, raak hulle ook in Brittanje gewild. ‘n Groot aantal is in die aanloop tot Engeland se eerste wêreldbekerkragmeting Saterdag teen die Verenigde State verkoop.

Vlieg van die rakke af

Die Sainsbury-supermark het 22 000 foefoezelas binne 12 ure voor die wedstryd verkoop en die aanlynwinkel Amazon het gesê dat verkope met 1 000% gestyg het, berig die Guardian.

Spekulasie dat die beuls, waarvan die lawaai met ‘n perdebynes vergelyk is, by die toernooi verbied kan word, is Maandag deur die Fifa-president Sepp Blatter die nek ingeslaan toe hy dit as buite die kwessie beskryf het.

“Ek sien nie hoe mens die musiektradisies van sokkerondersteuners in hul eie land kan verbied nie. Sou u ‘n verbod op ondersteunertradisies in u land wou sien?” het Blatter op die mikrowoernaalblad Twitter geskryf.

“Ek het nog altyd gesê dat Afrika ‘n ander ritme, ‘n ander klank het.”

кухня ігриДанильченко Юрий Брониславович компромат

Obama sal 2010-opening bywoon

Image

Barack Obama

Pres. Barack Obama van Amerika het 'n uitnodiging aanvaar om die openingseremonie van Wêreldbeker-sokkertoernooi in 2010 in Suid-Afrika by te woon.

Fifa-president mnr. Sepp Blatter het Maandagoggend bekend gemaak dat Obama die uitnodiging aanvaar het.

"Maar julle weet dat staatshoofde baie besig is, maar hopelik sal sy skedule toelaat dat hy dit bywoon."

Die openingseremonie vind plaas by die nuwe Soccer City wat 100 000 toeskouers kan huisves.

Op 'n ander "noot" het Blatter weer bevestig dat Vuvuzelas nie verbied gaan word tydens 2010 nie. "…om die waarheid te sê ek sal op 'n vuvuzela blaas tydens my nuuskonferensie Vrydag. Vuvuzelas maak die Suid-Afrikaanse spel 'n lewendige affêre. Dit is deel van die plaaslike kultuur en dra by tot die kleur van Suid-Afrikaanse sokker.

образец справки оДанильченко Харьков

Vuvuzela lei tot permanente oorskade

Image

Die voorsitter van die Suid-Afrikaanse Vereniging vir Oudiologie, Carina Wolmarans, sê die vuvuzela het beslis 'n negatiewe uitwerking op mense. Kinders, sê sy, kan dalk nog herstel van die oorskade wat hulle met die geraas opdoen, maar volwassenes mag onherstelbare oorskade opdoen indien hulle aan die geraas blootgestel word.

Wolmarans het gereageer op die groeiende aantal versoeke wat daarop aandring dat die vuvuzela uit stadions gehou word.

Die Spaanse sokkerspeler Xabi Alonso sê die instrument is 'n algehele aandagafleier wanneer spelers op die veld moet konsentreer en dit doen niks vir die atmosfeer van die stadion nie.

Verskeie internasionale uitsaaijoernaliste, waaronder Duitsers, kla dat die aanhoudende geraas van die instrument by die Konfederasiebeker-toernooi dit onmoontlik maak vir luisteraars en kykers om hulle te hoor.

“Dit is irriterend en dis erger op televisie. Van my vriende wat nou die sokker kyk, vra my wat op aarde aangaan. Hulle dink hul televisies is stukkend,’’ het mnr. Arne Richter, joernalis van Deutsche Presse Agentur, ’n Duitse nuusagentskap, gister aan Beeld gesê.

Sepp Blatter, Fifa-president, het Woensdag gesê dis “onmoontlik’’ om dié “plaaslike klank’’ te keer toe ’n Hollandse joernalis hom gevra het of vuvuzelas volgende jaar verbied sal word.

“Daar is baie geraas by die stadion van hierdie spesiale trompette. Dit is ’n probleem vir televisie. Dit is egter ’n plaaslike klank. Dit is onmoontlik om so plaaslike klank te keer. Wanneer ons in Suid-Afrika is, is ons in Afrika. Dis lawaaierig en daar is energie, ritme en musiek. Ons moet aanpas,’’ het hy gesê.

Die Onafhanklike Demokrate het gesê daar is niks soos die vuvuzela om die Suid-Afrikaanse sokkerondersteuner se liefde vir die spel uit te druk nie.

Rich Mkhondo, die plaaslike reëlingskomitee se kommunikasiehoof, het Donderdag gesê hy hoop die vuvuzela bly.

“Dis ’n tradisionele, feestelike instrument. Ons respekteer dit. Daar is mense wat nie daarvan hou nie, maar ons het nog altyd gesê die wedstryde gaan lawaaierig wees.’’

Die gasheeruitsaaidiens, HBS, het nog geen amptelike klag oor die vuvuzela ontvang nie.

мебель дляФільчаков прокурор