Wallstraat se swaargewigte hoop Japan gaan tot hulle redding kom met 'n wankelende dollar en die jongste olieprysstyging. Die Federale Reserwe het intussen sy kluisdeure oopgegooi sodat sukkelende Amerikaanse banke kapitaal kan bekom.
Amerika bloei

President Hugo Chavez van Venezuela is nog steeds besig om vriende en bondgenote te besoek. Hy noem die reis wat hy tans onderneem van "groot strategiese belang". Hy sal volgende in China, Rusland, Kuba, Belarus, Portugal en Frankryk aandoen om sy land se "potensiaal" en internasionale verhoudinge uit te bou.
11:25:01 Met verwysing na al die gissinge in die media oor Thabo Mbeki se skouspelagtige politieke vernedering wat oor die afgelope 10 maande plaasgevind het, het dit duidelik geword dat hy ook maar mens is. En nadat hy November/Desember verlede jaar die ruk-in-die-bek gekry het, het hy tog geprobeer om dinge weer "reg" te doen – synde Zimbabwe. Dis die normale sielkundige reaksie nadat jy met die vingers in die koekblik gevang is.