Hoekom moet net Afrikaanse name verander? As 'n Suid Afrikaner, vind ek die verwysing na Township baie beledigend en ek wil graag hê Soweto se naam moet verander word na FW De Klerk City toe.
Rig briewe aan: briewe@praag.co.za.
Hoekom moet net Afrikaanse name verander? As 'n Suid Afrikaner, vind ek die verwysing na Township baie beledigend en ek wil graag hê Soweto se naam moet verander word na FW De Klerk City toe.
Afrikaners wil nie 'n Pretoria hê nie, want as hulle wou sou dit 'n blanke Afrikanerstad wees. Laas toe ek deur die middestad gery het, het dit my opgeval hoe onvanpas die Boer op sy perd in die pikswart middestad is. Dit het my ook opgeval hoe die Pretoriamiddestad straks ooreenkom met die oorblyfsels van die eens blanke Harare of Dar-es-salaam wat bloot herinner aan 'n tyd toe dinge anders was.
Die geskiedenis is geskryf in 1994 en ja, die meerderheid Afrikaners en blankes in die algemeen, het die droom geglo. Ek onthou nog hoe ek 'n alleenstem was in my finalejaarklas op Tuks. Ek onthou nog hoe ek met my plantkundeprof geargumenteer het. Dit het min of meer gegaan oor "jou pêrels vir die swyne gooi", ens. Die demokrasie werk mos maar so: die meerderheid se wil geld. Deur nou vir FW van verraad te beskuldig, is maar net suur druiwe. Ek het geweet die monster wat geskep is, gaan ons geskiedenis en baie van ons mense self verslind. My vraag is, hoekom het jy nie?
Wat beteken die naam Pretoria sonder sy oorspronklike inhoud? Die inhoud wat Afrikanertrots versinnebeeld het. 'n Boer op sy perd in die middestad omring deur 'n woelige Afrikaanse gemeenskap – die stadsaal, Transvaalse museum, 'n geskiedkundige Pretoriastasie met besonderse argitektuur, banke op elke hoek met Afrikaanse toonbankpersoneel, die reserwebank, die hoogs gesofistikeerde staatsteater waar opera en klassiekemusiekuitvoerings in deftige bekleding ondersteun is, 'n wakende Uniegebou met 'n oorheersend Afrikaanse parlement, die AJO (Afrikaanse Jeugorganisasie) met sy Anton Van Wouw-beelde by sy ingange om hulpbehoewende en jong Afrikaners in die algemeen, 'n tuiste in die stad te gee, die yslike groot NG Kerk-moedergemeente wat nog jongmense kon trek, Melrose-huis wat half vergete daar in die middestad soos 'n doemprofeet vir die Afrikaner tot herhinnering roep en dan die Heldeakker wat eens 'n plek van helde was, maar wat nou gestroop word van alles wat waardevol is en kort-kort aan die lot van hekse en ander vandale oorgelaat word.
Kortom, Pretoria het sy siel verloor; net die skelet bly oor. Daardie skelet het 'n nuwe naam – Tshwane. Selfs die juweel van Afrikaanse universiteite, Tuks – daar waar die ossewa in die glaskas onder die biblioteek ons aan ons wortels herinner het – het die ossewa stilweg verwyder om die skelet Tshwane tot diens te wees. Soos die nuwe vlag by die Uniegebou hoort, so hoort die nuwe naam by die nuwe Pretoria.
Word wakker, kyk om julle. Pretoria ís Tshwane. Trouens, ek dink dis taamlik arrogant van 'n klein minderheidsgroepie om hulle wil op 'n oorweldigende meerderheid te wil afdwing. Wanneer laas het julle daar in die ooste van Pretoria gaan besoek aflê in Mabopane, Shoshanguwe, Eersterus en Garankuwa. Ek dink dis tydmors om vir 'n leë dop te probeer stry. Ek stel nie belang in die naam sonder sy inhoud nie. Soos 'n Springbokspan sonder Afrikaners, sonder 'n vlag, sonder 'n volkslied, sonder sy siel…
Dus vra jy my, sou ek sê Pretoria is klaar Tshwane, maar vra jy my of mens 'n keel moet opsit dan sou ek wou aanhaal: "Soet is die stryd van die stryder". Ek geniet dit om die vyand te treiter, want dit hou ons strydgees wakker. Die verset gaan dus oor die stryd self en nie oor die skelet van Pretoria nie.
Die belangrikste vir my, vir die Afrikaner, is sy gees. As ons ons gees kan lewendig hou, kan ons weer voor begin, hier of elders of self later weer die name herstel – wie weet…?
‘n Vriend van Zimbabwe by name James Deale, wat daar boer en van wie Mugabe twee plase gevat het sonder dat hy enige vergoeding ontvang het, deel my die volgende mee:
1. Hy het van ‘n vriend verneem dat ‘n swart “boer” (wat ‘n staatsamptenaar is en in Harare bly en ‘n plaas gekry het by Mugabe)‘n splinternuwe trekker persent gekry het. Hy het na die swarte se plaas gery en die groen nuwe trekker daar sien staan. Op navraag is hy meegedeel dat die trekker van China afkomstig is.
3. ‘n Kennis van James wat voorsitter van die CFU (Commercial Farmers Union) van Zimbabwe is deur die IMF en die Wêreldbank (WB) na ‘n vergadering in Zimbabwe genooi waar hulle raad gevra het hoe Zimbabwe herstel kon word. Sekere voorstelle is gemaak en die IMF en Wêreldbank het dit aanvaar. James se mening is dat Mugabe hom aan die voorstelle gaan afvee. Die een rede is dat dit die boere gaan bevoordeel en die ander is dat hy nie verleë is oor een van die twee instansies nie, omrede hy hom na China gaan wend. In laasgenoemde verband het hy het nie verniet by geleentheid gesê: “We must look to the East” nie.
My persoonlike ondervinding in Mosambiek, Malawi en Zambië is dat daar ’n opsigtelike Chinese teenwoordigheid is. Oral is vragmotors te siene met Chinese advertensies (in Chinees) op geverf. In Zambië was hulle van plan om 75 000 bome (hardekool, mopane en ‘n ander mooi inheemse boom wat ek nie ken nie) in die Luangwavallei op te saag en uit te voer. ‘n Engelse bosbouer het dit egter gekeer. Dit net ter illustrasie van Chinese teenwoordigheid ook in die drie lande. In Suid-Afrika is Chinese winkels op menige klein dorpies te sien. Verder is China tans die grootste kopers van Suid-Afrikaanse wol volgens die landbou rubriek “landboukorrels” op Radio Pretoria.
China is stil-stil besig met geweldige ekonomiese ekspansionisme wat kan uitloop op die ekonomiese “kolonisering” van Afrika. As bogenoemde in aanmerking geneem word, is ek en my vriend James dit eens dat Mugabe die Weste in sy peetjie gaan stuur en hom tot China gaan wend. By die SAOG-beraad in Lusaka is Mugabe toegejuig en het hy en Mbeki hand om die blaas gestaan. Mbeki het ‘n positiewe verslag oor die vordering van sy versoeningsinisiatiewe in Zimbabwe gelewer. Hou in gedagte dat Mugabe Mbeki se leermeester was, na wat ek verneem. My mening is dat Mbeki presies dieselfde gaan doen, hy gaan net soos Mugabe die Chinese (of Oosterse) kaart speel en die Westerse lande in hul peetjie stuur en dan ‘n “Mugabe” op ons trek.
Ek volg nou al ‘n hele rukkie die briewe op Praag. Party mense is goed ingelig en ander verbasend naïef. Werner Pereira – tien uit tien vir jou brief. Hoe gouer ons besef dat die gemors waarin ons sit ons eie toedoen is – hoe beter. Net ons kan dit regstel. Nie die buiteland, die VN of Thabo Mbeki nie.
Ons moet ophou om jammer vir onsself te voel en ophou om te kapituleer. Daar woed reeds ‘n oorlog teen ons daarbuite, maar nog doen ons niks nie. Ek is bevrees die dag dat mense gaan wakkerskrik gaan dit wees wanneer hulle man/ vrou en kind reeds doodgemaak is deur iemand wat nie ‘n snars omgee vir ‘n ander se lewe nie.
Dis die Afrikaners wat vertel hoe agtertangs sommige “Boere” en ander konserwatiewes nou eintlik is. Daar is reeds twee groepe op Facebook wat sê dat Afrikaans ‘n “dying language” is – “let’s kill it” en waarop daar verskriklike haatspraak teen ons taal en kultuur voorkom. En dan is daar die groepe wat deur ongemanierde Afrikaners begin is waarop ander bevolkingsgroepe op so ‘n wyse verneder word dat dit baie meer van die mentaliteit en opvoedingsvlak van die kinders sê. Dit maak my skaam. Ons is nie boelies nie – ons veg regverdig en eerlik wanneer ons moet. Die Afrikaner vandag het egter in morele verval geraak wat heel moontlik die einde van ons sal beteken. Ouers, ek pleit by julle – leer jou kind om suiwer Afrikaans te praat – leer hom/haar trots vir sy/haar taal, leer hom/haar maniere, leer hom /haar om te lees en ‘n wyer belangstellingsveld as die televisie en Play Station op te bou. Want wragtag – “My volk gaan ten gronde weens ‘n gebrek aan kennis”.
Vandag, Donderdag, kom die hele land weer tot stilstand en buig voor sy "goue kalf" – die VROU, die heilige wonderwese van die 21ste eeu . . . (of altans, so beleef mens dit gegewe al die publisiteit en bohaai daar rondom)!
Net vanoggend merk ’n manlike kollega heel onverwags op: ”Is dit net ek, of voel julle ook al tot oorlopens toe keelvol vir die oordonderende verering en lofbesinging van vroue weer deesdae op TV, radio en in die koerante – dis so blantant, dis letterlik om van siek te word?! Ek sien uit na die einde van Augustus dat mens net weer ’n slag kan asemhaal!”
Hierdie opheffingaksies gaan dikwels hand-aan-hand met die verdagmakery, beswaddering en afkraak van die man se rol in die samelewing. Dit is ’n feit dat die wêreld en ook SA ’n geslagsrewolusie in die kleine beleef. Die man het op alle terreine vrye wild geraak waarop vrylik gejag mag word: sy ego, sy trots, sy manlikheid, sy rol in die samelewing; tewens, sy hele wese verkeer in die spervuur. In baie opsigte het hy verward geword – selfs sy jagterinstinkte wanneer dit kom by hofmakery word aan bande gelê deur uitgebreide teisteringwetgewing en dies meer – ‘n man moet baie mooi dink voor hy toenadering soek by ‘n aantreklike vrou by die werk (selfs al is beide ongetroud). Uit vrees vir beskuldigings van chauvinisme of patriargale varsigheid, bly hy maar eerder stil wanneer hierdie bombardement met genadelose reëlmaat op hom toesak vanuit gesins- en vrouetydskrifte, TV-programme en dies meer.
Wanneer mens na Vrouedag en al die bohaai daar rondom kyk vanuit ‘n man se oogpunt, voel hy soms gekul t.o.v. regverdige behandeling en erkenning. Hy vra homself vrae af soos: dis baie goed dat daar soveel lawaai gemaak word omtrent geweld teenoor vroue, maar is dit nie ook 'n feit dat baie meer mans as vroue vermoor word in SA nie – waarom ook nie gelyke fokus op daardie gebied nie? Dis goed en wel dat vroue soveel opheffingsaksies beskore is, maar is dit nie 'n feit dat die oorgrote tronkbevolking uit mans bestaan nie – wat van verskerpte opheffingaksies op daardie gebied? Dis goed en wel dat aktivistegroepe soos paddastoele verrys het om vroulike verkragtingslagoffers by te staan met wetgewing en ondersteuning, maar waar is dieselfde groepe wanneer dit kom by waarskynlik baie meer mans in tronke wat verkrag en gesodomiseer word? Dis ’n feit dat mans korter lewe as vroue, waarom word daar dan teen mans gediskrimineer deur hul aftree-ouderdom later te hou as dié van vroue?
Alhoewel daar geluide gemaak word dat wetgewing se definisie uitgebrei gaan word om gesodomiseerde mans ook in te sluit as verkragtingslagoffers, blyk dit asof hierdie jarelange gesloer daarmee geen erg het aan die lyding wat mans deurmaak in hierdie opsig nie – sou dieselfde gesloer geduld gewees het indien die aanpassing van hierdie wetgewing op vroue van toespassing sou wees? ‘n Man beskik oor geen seggenskap oor die lotsbepaling van sy kind indien die moeder sou besluit om die ongebore kind te aborteer nie – is sy ouerskapreg dus ondergeskik teenoor dié van die moeder dat selfs sy ernstige geloofsbesware geen gewig dra nie?
Nee wat, die man mag moontlik vanuit sy tradisionele rol as broodwinner nog die botoon voer in die ekonomie, maar dis besig om baie vinnig te verander/ Die gevaar is egter dat die opheffingpendule van die vrou sodanig verby gaan swaai, dat ons besig is om ‘n skeefgetrekte samelewingsorde op te rig – een wat selfs die potensiaal kan hê om spanning tussen die geslagte tot ongekende hoogtes te voer.
En noem my maar gerus ‘n chauvinis daarvoor dat ek vir ‘n slag in die bresse wil tree vir die man. Dis sterk te betwyfel dat enige hoofstroomkoerant hoegenaamd hierdie brief sal plaas, want dit pas doodgewoon net nie die hedendaagse de facto feministiese agenda nie – jammer, punt.
Ek het al gesien hoe vroue hulle byna doodhuil oor ontrouheid in 'n huwelik. Vroue van edel inbors wat vernietig is deur 'n man se maklik-weglokkende passiespele. Die sin in 'n vorige brief verwys: “…Hy reken dat hy nooit sy rug op sy voetsoldate sal draai nie So waarom het hy De Kock nie aangekeer reeds tydens die NP-bewind en hom aangekla van sy misdade as hy kwansuis buite regeringsbeleid opgetree het nie?!”
Nè! Hoe op aarde kan ‘n mens glo dat 'n man 'n land en sy mense eerste sal stel as hy nie aan sy eie vrou, die ma van sy kinders, getrou kan wees nie? Hy kon nie sy eie smagtinge beheer nie, waarom sou hy 'n aks omgegee het? Waarom sal jy aan 'n klomp vreemde kinders getrou wees? Dis lagwekkend.
Ek was geseënd genoeg om 'n posisie in Amerika te kon aanvaar en het hierheen gekom, grotendeels vir my kinders. Maar ja, ook omrede ek genoeg gehad het daarvan om oor my skouer te loer, alles wat agteruit gaan en die prysstygings wat dit nou al hoe moeiliker maak om 'n bestaan te maak in een van die mooiste lande ter wêreld – Suid-Afrika.
Ons het in 'n tyd grootgeword waar ons nog as kinders in die straat in veiligheid kon speel. Ek is weg daar in die tyd waar jy diefwering voor elke venster en veiligheishekke voor elke deur moes hê. Asook 'n alarmstelsel, gewapendereaksie-eenhede, afgesperde paaie en kwaai honde, en 'n vuurwapen as jy 'n lisensie kon bekom. Amper elke aand kon jy die skote hoor klap en die artikel die volgende dag in die koerant lees – ongelukkig was dit die verkeerde klomp wat die skietwerk gedoen het en onskuldige mense het gesterf.
Ons as blanke Suid-Afrikaners se tyd is ongelukkig op en al raad wat ek het vir my familie en vrinne daar wat nie kan, of nie wil wortels opruk nie is – bewapen julself. Die enigste manier wat hierdie dinge gestop gaan word is as hierdie klomp kriminele besef dat hulle nie met jou kan maak wat hulle wil nie. Op die oomblik is die witmens in SA "vrye wild".
Ek het twee maande terug in 'n restaurant in Kalifornië met 'n Amerikaner begin gesels wat pas terug was van 'n vakansie in Suid-Afrika en hy het iets baie ontstellends, maar wat ek soort van verwag het, aan my meegedeel. Hy vertel my dat die swart taxibestuurder in Suid-Afrika vir hom gesê het dat die swartmense in SA moet nou soveel witmense as moontlik doodmaak. Hierdie is uit die perd se bek aan my meegedeel deur iemand wat onpartydig is en gevoel het dat ek nodig het om dit te weet aangesien ek familie daar het.
Ek glo nie vir een oomblik dit is net 'n geïsoleerde insident nie maar eerder ’n boodskap wat onder die swartes versprei word ten einde die witmens te elimineer.
Ek dink ons sien en ervaar dit maar om een of ander rede is ons naïef genoeg om dit nie ernstig genoeg op te neem nie of ons weet ons kan niks daaraan doen nie anders as om te wag dat ons self ook 'n statistiek word.
Wanneer gaan die Afrikaner wakker word?
Ek sien ou Prime Evil (alias Eugene de Kock) will nou vir Prime Hensopper (alias FW de Klerk) betrek by Apartheidsmisdade uit hul prostituut-begraafde NP verlede . . .
Hiermee bietjie kommentaar op sommige aanhalings uit sy tranedal verweringe (”met ’n stem wat deurslaan van emosie”, volgens die Volksbladberig) in beide die BEELD en VOLKSBLAD oor hierdie jongste verwikkeling:
1. Hy reken dat hy nooit sy rug op sy voetsoldate sal draai nie So waarom het hy De Kock nie aangekeer reeds tydens die NP-bewind en hom aangekla van sy misdade as hy kwansuis buite regeringsbeleid opgetree het nie?! Indien De Kock wel binne beleid gewerk het, dan lieg FW mos nou, want De Kock krepeer jare reeds in die tronk !
2. “Ek was nooit deel van vergaderings, insluitend dié van die Staatsveiligheidsraad, waar besluite geneem is wat menseregtevergrype redelikerwys kon regverdig nie. Ek was nooit deel van ’n besluit wat sluipmoorde, koelbloedige moord, pogings tot moord of verkragting toegelaat het nie.” Aldus, FW. Miskien was hy weliswaar nie deel van sulke vergaderings nie, maar dis moeilik om te glo dat hy as staatshoof nooit agterna ingelig was oor wat op sulke vergaderings besluit is nie! Indien hy nie ingelig was nie, waarom het hy nooit kommissies van ondersoek ingestel wanneer dit aan die lig gekom het dat politieke opponente spoorloos verdwyn of êrens dood opgeduik het nie?
3. De Klerk sê dat enige besluite wat geneem is wat tot menseregtevergrype kon lei, strydig was met alles waarvoor hy gestaan het. Maar om Afrikaners en Boere oor te lewer aan menseregtevergrype waar tienduisende van hulle reeds wreedaardig vermoor is sedert ’94, weeg ligter op FW se skaal en die beginsels waarvoor hy staan?!
4. “As hy weens menseregtevergrype uit die apartheidsera aangekla word, het Suid-Afrika nie meer ’n regstelsel waarin mense vertroue kan hê nie,” meen hy. Besef hy dit nou eers? Die integriteit van die regstelsel is reeds tydens verskeie geleenthede in die verlede deur selfs regsgeleerdes bevraagteken – mor hy dalk oor hy moontlik die slagoffer kan word van een van die Frankenstein-simptome van sy ondeurdagte nalatenskap van ’92?
5. Hy sê: “Na afloop van die WVK se aktiwiteite was daar ’n toenemende neiging om wittes moreel tot tweedeklas-burgers te relegeer.” So waarteen dink hy het die NEE-stemmers van destyds gewaarsku?
Nee wat, dit lyk my die plaat word al hoe warmer sodat selfs die ou “ringnek”-katte pikante danspassies moet uithaal . . . Sy naïwiteit om te dink dat die rewolusie van regeringsverandering in ’94 nie nadraaie sou oplewer nie, slaan mens soms stom. Buiten die “people” wat lustig dors vir sy en sy mede-apartheidbewindhebbers se bloed, staan daar ook ‘n beduidende deel van die Afrikanerdom verder agtertoe in die ry wat meen hy het hul verlede, hede en toekoms uitverkoop – besig om ook hul tande te slyp. . .
Om hierdie rede meen ek die lang arm van die gereg wat nou besig is om hom in te haal, wek by sommige Afrikaners simpatie, maar by ander geammuseerde lekkerkry.
ONS HET NOU genoeg gehad van die ANC-SABC se Tshwane-breinspoeling. Dié instansie is daarop uit om die Afrikaner se taal, godsdienssin, kultuur, geskiedenis en morele waardes te probeer vernietig en dit is duidelik te bespeur in hulle uitsendings en veral die Afrikaanse nuus op SABC2.
Teen daardie onreg moet ons in verset kom, nie net met woorde nie, maar ook met dade.
Ons moet ons afkeer duidelik demonstreer en dit is elkeen se plig om dit te doen, anders is ons net so aandadig aan hierdie vergrype.
Meer as 90 000 persone het reeds die versetskrif onderteken en Afriforum sal ’n verklaring uitreik wat dit bevestig.
Indien u ’n ou televisiestel het wat u nie meer wil gebruik nie, is u welkom om dit saam te bring sodat ons dit aan die SABC kan “skenk”. Dink ook asseblief aan geskikte slagspreuke wat gebruik kan word, sodat hierdie onreg teen die Afrikaner wêreldwyd bekend kan word.
Volledige inligting oor die betoging sal binnekort uitgereik word.
Persone wat belang stel en ook moontlik hulp kan aanbied, kan my kontak by 012 327 2329(bedags), 082 57 00184 of ajalkema@lantic.net.
Ons webwerf is www.pretoriablypretoria.co.za.
Ek moet bieg, so tussendeur die sirkusvertoning wat die NSA is, kom ’n mens elke nou en dan op die komieklikste idees af. Die lewe is eintlik vol simboliek, en as jy reg ingestel is, sien jy dit oral raak en ek wonder soms of dit altyd blote toeval kan wees.
In ’n nuusberig in Beeld op 4 Julie 2007 lees ek dat die goue hoofweg suid van Johannesburg gesluit is. Die berig lui dat sogenaamde betogers die pad met klippe en brandende buitebande versper het.
Dit word deesdae ’n algemene verskynsel in Suid-Afrika, en om Wayne Minnaar van die metropolisie uit vandag, 23 Julie, se Beeld aan te haal na soortgelyke padblokkades, “is die redes waarom daar protes aangeteken word, onbekend”. Onmiddellik het die gedagte dat die politieke goue middeweg ook lankal gesluit is by my opgekom.
Die pad van redelikheid is ’n cul de sac in Afrika maar tog is daar diegene wat aandring daarop dat die pad na iewers moois heen lei. Hierdie hoopvolle dromers se vertrekpunt is goeder trou, ’n ou uitgediende en edel Europese beginsel wat so effektief in Afrika is soos lugreëling in ’n poreuse plakkershut. Dit is so tuis soos Helen Zille met ’n voorlaaier in die Bloedrivierlaer.
As ’n mens die amptelike politieke opposisie moet vergelyk met ’n voertuig, sou die DA ’n Koreaanse sportnutsvoertuig moes wees. ’n Tipiese “Softroader” wat met al vier wiele kan trek, maar nie oor die lae ratverhoudings beskik om ’n strawwe Afrika-ekspedisie aan te pak nie. Dié tipe voertuig probeer om twee dinge tegelyk te wees en hy slaag nie daarin om uit te blink in een van die twee nie.
En dit is hoe ek die DA sien, hulle vry onbeskaamd na swart stemme, maar terselfdertyd probeer hulle mooipraatjies by die blankes maak dat hulle dinge kan verbeter. In hul sportnutsvoertuig is hulle op reis deur Afrika, soos ’n spul buitelandse toeriste met hul nuutgekoopte kakiehoede en digitale kameras om die nek, op pad na die redelike en regverdige toekoms van die reënboognasie. Min wetend, natuurlik, dat die pad vorentoe reeds versper is met brandende buitebande en klippe.
Ek vermoed dat die huidige regering die DA as niks meer as ’n ligte irritasie ervaar nie, soos ’n paar knapsekêrels om die kous wat jy toevallig opmerk as jy gaan sit om te rus onder ’n koelteboom. Dit is duidelik dat die DA slegs klou aan die kous van die ANC, afgelei uit hul onlangse tentkampidee by die Zimbabwe-grens as tydelike verligting vir die derduisende vlugtelinge van Suid-Afrika se nuwe noordelike provinsie, Zimbabwe.
Ewe skielik is grensbeheer nie meer ’n prioriteit vir hulle nie, maar eerder wat die belastingbetaler se geld vir die tydelike menswaardigheidskwessie rondom hierdie voorspelbare gemors kan doen. ’n Behandeling van die simptome, en nie die oorsaak nie. Die regering het egter daardie irriterende knapsekêreltjie sommer vinnig afgevee deur opdrag te gee dat die vlugtelinge sommer dadelik in die Suid-Afrikaanse nasie opgeneem gaan word.
Die eienaardigste deel van hierdie prentjie is egter die karavaan wat die DA-sportnutsvoertuig agterna sleep, in die gouemiddewegreisigerskonvooi. Terwyl tannie Zille aan die stuur is met die lugreëling aan en ’n spulletjie Engelse op die maat van die musiek van Johnny Clegg oor die horison verdwyn, sien ek ’n klompie verwarde Afrikaners agter in die karavaan met hul neuse teen die perspex-vensters om tevergeefs te probeer vasstel waarheen hul op pad is.
Hierdie Afrikaners is die tipe wat kontak met hul verlede verbreek het uit skaam- en skuldgevoelens. Afrikaners wat nie bereid is om te lees en die waarheid te ken nie. Lees: lui Afrikaners wat eerder enige iets glo wat hul vertel word deur die nuuslesers en redakteurs van die Nasionale Pers. Goed gekondisioneerd, onvoorbereid en ver verwyderd van die realiteit, reis hulle saam met die spulletjie Britse bywoners met hulle uitgediende liberale idees op die tydelike teerpad van die goue middeweg.
Ons, wat die swart rookwolke van die brandende buitebande op die horison kan sien, wuif en roep na hulle, maar dit blyk tevergeefs. Hul is gerig op hoopvolle bevordering vanaf die bedompige skaamboerkaravaan na die relatiewe gemak van die Engelssprekende geselskap in die sleepvoertuig met lugreëling.
Ek het onlangs met een van die omroepers van Jakaranda FM kontak gemaak en gevra of hulle nie maar Afrikaanse name in Afrikaans wil uitspreek wanneer hulle Engels praat nie, en hieraan is juis die Afrikaanse omroepers skuldig.
Ek het spesifiek “Whitbank” en “Modderfonteen” as ’n voorbeeld gebruik. Ongelukkig vir my sal hulle die Engelsspreekendeluisteraars kwaadmaak indien hulle dit doen, noem sy. Tog mag hulle nie Jacaranda FM benoem as Jakaranda FM as hulle Afrikaans praat nie.
En Engelse name bly Engels. Afrikaners moet maar vir lief neem met die verminking van hul taal. Volgens my is ’n naam ’n naam en fonetiese klanke nie verniet uitgedink nie. Die mense weet nie hoe belaglik hulle klink nie. Wil julle hulle nie laat weet nie?!
PRAAG sal beslis die saak met Jakaranda FM opneem – redakteur.
Ek het "Misdaadvoos belastingbetalende landsburger" se brief (Van Nqakula & Selebi tot varke & bobbejane) geniet. Om die waarheid te sê, ek dink enige iemand met 'n IK bo 50 behoort volhartig met Misdaadvoos saam te stem. Een ding wat my egter opval in talle skrywes, is die alewige gevra na hulp, as't ware 'n noodkreet aan "ander" om te help. "Sal Pres. Mbeki asb…"
Nee, hy sal nie. Nooit nie. Ook nie sy opvolger nie. Ook nie enigiemand anders nie.
Hoe vinniger hierdie besef tot ons deurdring, hoe beter lyk die toekoms. Die Afrikaner is aan sy eie lot oorgelewer. Dit is ons eie verantwoordelikheid om na onsself om te sien, te sorg vir ons toekoms en dié van ons kinders. Hoe kan ons dit doen? Gebruik bogenoemde brief as voorbeeld: Die skrywer is (soos ons almal) uiters bekommerd oor misdaad en die onbevoegde persone wat veronderstel is om dit te stop. Kan ons hulle laat afdank, onbevoeg laat verklaar of hulle dwing om hul werk te doen? Nee. Ons kan hulle wel uitsny uit die hele proses.
Iemand breek in, jy vang hom, doen soos jy goeddink, einde van storie. Jou buurman kan jou selfs help. Eenvoudige voorbeeld, ek weet, selfs oorvereenvoudig, maar laat ons tog nie ons omstandighede blameer vir ons gebrek aan optrede nie! Het ons werklik vir Nqakula en Selebi nodig? Het ons werklik die Wapenwet nodig om onsself te verdedig?
So kan mens op alle terreine van die lewe vir jouself sorg.
In George Orwell se boek: "Animal Farm", figureer bobbejane weliswaar nie as karakters nie, maar wel (vet) varke. Selfs 'n aap met 'n ertjiepitbrein sal vir jou kan sê dat die Nuwe Suid-Afrika beswaarlik beter funksioneer vandag as 'n Piesangrepubliek. Om die punt te bewys: Ons sit blykbaar met 'n moderne Grondwet vol allerlei teoretiese en filosofiese waarborge van vryheid, gelykheid, demokrasie en dies meer op papier, maar in realiteit beleef 'n mens net die teenoorgestelde: Naamlik 'n regeringsgesteunde vertrapping van minderheidsregte, geïnstitusionaliseerde diskriminasie by indiensneming en die ongelooflike miskenning van 90% van Suid-Afrikaners (wit, swart en bruin) se demokratiese wens om die doodstraf terug te bring in bykans die misdadigste land ter wereld!
Dis nou reeds algemeen om terme soos 'regstellende aksie', 'kwota', 'SEB' en dies meer in verband te bring met onbevoegdheid, onverdienstelikheid, ens. Die here Nqakula en Selebi staan ongetwyfeld heel voor in die ry van sulke toekennings — die afgemete bekendmaking van ongetemde misdaadstatistieke is die swart-op-wit bewys daarvan.
Ons kan beter doen sonder sulke (s)otte in die Suid-Afrikaanse orweliaanse grap wat hulle graag die Nuwe SA noem. Sal Pres. Mbeki asb. hierdie nikswerd ("onderpresterende" is onvanpas, want dit impliseer prestasie al is dit van onaanvaarbaarde gehalte) Minister en Kommisaris vervang — selfs al is dit dan met bobbejane uit die dieretuin! Ons sal waarskynlik beter daaraan toe wees. Ten minste kan 'n bobbejaan nie pêlle raak met elemente van die onderwêreld nie en kan hy ook nie vir jou en my wat reeds hoë belasting betaal en 'n sekuriteitsbedryf reeds twee keer die grootte van die Polisiemag in stand hou met na-belaste geld, vra wat jy doen om misdaad te bekamp nie!
Daarvan gepraat, hoe doen mens dit as jy ontwapen word deur die regering en wanneer jy dit wel waag om 'n vermeende moordenaar of verkragter in jou huis te skiet, dan sluit hulle jou summier toe oor 'n naweek in 'n Polisiesel waar jou eie verkragting deur mede-aangehoudende kriminele 'n uitgemaakte saak is. Hoe doen mens dit in die skadu van ontbinde spesialiseenhede, ontbinde kommando's, die afskaffing van die doodstraf, sonder 'n flinke 10111 diens, met polisievoertuie sonder brandstof, met misdadigers wat op vroeë parool gaan, met misdadigers wat op strepe vrygelaat word weens oorvol tronke, ens.?
Op die keper beskou het misdaadbekamping onder die beheer van die twee genoemde here net een rigting gegaan, en dit was snel agteruit! Dalk was alles in die ou-SA tog nie so sleg gewees nie!
In 30 Junie se uitgawe van Rapport is daar 'n berig wat lui: Misdaadskok wag op Suid-Afrikaners wanneer die polisie die jaarlikse misdaadstatistiek vandag (Dinsdag 3 Julie) bekend gaan maak. Die berig sê verder dat in sommige gebiede die huisrooftogsyfer met 100% gestyg het, en word deur mnr. Hennie Van Rooyen, 'n regspraktisyn wat opleiding plaaslik en internasionaal vir speurders aanbied, as 'n nasionale krisis beskryf.
Dié statistieke waarvan gepraat word, gaan deur ons gesin beslis nie as 'n "skok" ervaar word nie. Ons is woonagtig in een van die genoemde gebiede waar dit so dramaties gestyg het, en ons gesin self een van die slagoffers van die geweldtsoenami geword het.
Dit het my laat dink oor sommige oningeligte en apatiese opinies wat ek op hierdie en ander Afrikaanse forums lees. 'n Tendens wat ek sien is dat persone wat in minder gewelddadige, of minder misdaadgeteisterde gebiede woonagtig is, nie dieselfde ervarings het nie, en dus nie die erns van die bedreiging eerstehands beleef nie. Dit is sekerlik heel normaal, maar ek wil tog graag 'n beroep op mede-Afrikaners rig wat in dié gelukkige omstandighede of in die buiteland woonagtig is, om te besin oor die erns van die saak.
Die koerante en statistieke skets eenvoudig nie die ware stand van sake nie. Eergister, ongeveer anderhalf week na die vierde inbraak by ons, was 'n familielid van my wat so 300 meter van ons woonagtig is, die slagoffer van gewelddadige huisbraak. Die vorige nag is sy bure ook aangeval en die jong dame verkrag, waaroor daar beriggewing in die plaaslike koerant was. Met die aankoms van die polisie, 9-uur daardie oggend, het 'n konstabel hom ingelig dat dit teen daardie tyd die 26ste inbraak die week was wat aangemeld is in ons omliggende omgewing. Dit is 26 huisaanvalle in 4 of 5 dae!
Ons ervaring is een van konstante vrees, magteloosheid, frustrasie en somtyds woede. Goedere en geroofde besittings kan vervang word, maar nie lewens nie. Dit voel of ons in 'n staat van oorlog lewe, 'n oorlog wat teen ons woed, dag en nag, die enigste probleem is net: dit is 'n terreuroorlog met 'n gesiglose vyand. Een wat in skaduwees skuil en jou en jou geliefdes oorval en uit 'n droom kom ruk met pistole teen die kop, jou lewe in 'n nagmerrie verander en daarna, selfoon in die hand, tussen die massas verdwyn asof dit nooit gebeur het nie.