Bevry jouself!

Ek het "Misdaadvoos belastingbetalende landsburger" se brief (Van Nqakula & Selebi tot varke & bobbejane) geniet. Om die waarheid te sê, ek dink enige iemand met 'n IK bo 50 behoort volhartig met Misdaadvoos saam te stem. Een ding wat my egter opval in talle skrywes, is die alewige gevra na hulp, as't ware 'n noodkreet aan "ander" om te help. "Sal Pres. Mbeki asb…"

Nee, hy sal nie. Nooit nie. Ook nie sy opvolger nie. Ook nie enigiemand anders nie.

Hoe vinniger hierdie besef tot ons deurdring, hoe beter lyk die toekoms. Die Afrikaner is aan sy eie lot oorgelewer. Dit is ons eie verantwoordelikheid om na onsself om te sien, te sorg vir ons toekoms en dié van ons kinders. Hoe kan ons dit doen? Gebruik bogenoemde brief as voorbeeld: Die skrywer is (soos ons almal) uiters bekommerd oor misdaad en die onbevoegde persone wat veronderstel is om dit te stop. Kan ons hulle laat afdank, onbevoeg laat verklaar of hulle dwing om hul werk te doen? Nee. Ons kan hulle wel uitsny uit die hele proses.

 

Iemand breek in, jy vang hom, doen soos jy goeddink, einde van storie. Jou buurman kan jou selfs help. Eenvoudige voorbeeld, ek weet, selfs oorvereenvoudig, maar laat ons tog nie ons omstandighede blameer vir ons gebrek aan optrede nie! Het ons werklik vir Nqakula en Selebi nodig? Het ons werklik die Wapenwet nodig om onsself te verdedig?

 

So kan mens op alle terreine van die lewe vir jouself sorg.

 

Ons moet ophou om in die middel van Afrika, Westerse optrede te verwag. Elke Afrikaner het 'n verantwoordelikheid om te besef: jou toekoms is in jou hande, nie in die regering s'n nie. Bevry jouself! 

цена набор для укладки ламинатаалександр лобановский супермаркет класс