Paul is Minister van Kuns en Kultuur in Jacob se kabinet. ‘n Kabinet is soos die Uitvoerende Kommittee van ‘n besigheid. Die Staatspresident is ekwivalent aan die Hoof-Uitvoerende Bestuurder, oftewel Grootbaas.
Paul moet nou sy finale pro-Tshwane oor Pretoria se naamsverandering sê.
Reken daarop dat Jacob volgende week vir Paul sal bel.
Jacob: “Tswana-Culture Comrade Mashatile!”
Paul: “Yes boss!”
Jacob: “Seeing that you have asked for a new boss, and seeing that the name of the capital of a country is the very important brand name of a big business, you must wait until after Mangaung before you change the name of Pretoria. By the way, “Tswana” sounds very un-Zulu to me.”
Paul: “Its Tshwane boss, not Tswana!”
Jacob: “Eish Paul, I hope you understand isiZulu. You must postpone the Pretoria name change, Paul! You can change it after Mangaung – if I’m not here. And if after Mangaung I’m still here, you do not have to change Pretoria to Tshwane, because you will not be here! Understood?”
Paul: “Yebo boss Shaka Zulu, I mean Comrade Zuma-Zulu!”
Ter agtergrond. Paul was magtige Premier van Gauteng provinsie gewees, maar is nog steeds die ANC se Provinsiale Voorsitter van Gauteng, insluitende Pretoria.
Paul het onlangs in die openbaar gevra vir verandering in die ANC se bestuur. Met ander woorde, Paul het gese hy verkies ‘n ander baas. Daarmee het hy ‘n natuurwet in die korporatiewe sakewereld sowel as politiek verbreek: ‘n Mens kan nie opwaarts blaf nie.
Paul se Gauteng het egter vir Petrus Kgalema Mothlante genomineer as nuwe ANC president, en dus ook Staatspresident van Suid-Afrika, in die plek van Jacob Zuma, wat dan soos Thabo Mbeki veronderstel is om sy bestuurspos voortydig te ontruim.
Petrus Mothlante se politieke sienswyses is van jongs af gevorm en beinvloed deur die Anglikaanse kerk en Trevor Huddelston. Die Brits-gesinde Guardian het baie hoop en agting vir die Pedi Petrus Mothlante, en nou ook sy mede-Tswanasprekende ondersteuner, Paul Mashatile.
Waar laat dit Afrikanernasionaliste nou, in en om die politieke hoofstad Pretoria, te midde van die twee geografiese hoofstrome in die Suid-Afrikaanse landskap, naamlik Tswana-Pedis-Malema-Mothlante-Londen aan die een kant, teenoor Nguni-Zoeloes-Zuma-Beijing aan die ander kant?
Die histories-feitelike definisie en politieke identiteit van ‘n Afrikanernasionalis is: inheemse blankes sonder Britse paspoorte, wat buitelandse Britse politieke en ekonomiese oorheersing in Suider-Afrika teenstaan.
Met ander woorde: die politieke opponent van ‘n Afrikanernasionalis was en is altyd eerstens die buitelandse Britse oftewel Anglo-Amerikaanse belange in Suid-Afrika. So was dit vir Piet Retief, Andries Pretorius na wie Pretoria vernoem is, Paul Kruger en Hendrik Verwoerd.
Amerikaanse politieke kenners praat van balance of power, en die ANC van balance op forces. Andries Pretorius, na wie Pretoria vernoem is, het presies dieselfde beginsel gebruik om die Groot Trek van totale uitwissing te red. Andries Pretorius het in alliansie met Prins Mpande en Generaal Ndlela gegaan, om ‘n nuwe magsbalans teen Britse belange te bou.
Die uiteinde van Andries “Pretoria” se magsbalans-realpolitiek tesame met ‘n groep Zoeloes, was die Sandrivierkonvensie, waar Brittanje soewereiniteit aan die Trekkers afgestaan het. Dit het direk gelei het tot die stigting van die politieke stad Pretoria. Die geskiedenis van Pretoria het dus nie net met Afrikanernasionalisme te doen nie, maar ook met Prins Mpande en Generaal Ndlela, beide van Zoeloeland, oftewel die hedendaagse Kwazulu-Natal, tuiste van Zuma se heimat in Nkandla.
Nkandla is strategies geleë tussen Pretoria en D’Urban, tussen plaaslike Afrikanernasionalistiese, en buitelandse Britse imperialistiese belange. Wie Suid-Afrika wil regeer, moet beide stede beheer, aangesien alle minerale en industriele hulpbronne rondom Pretoria deur Durban uitgevoer word.
Dit help Paul Mashatile en Petrus Mothlante niks as hulle “Tswhane” beheer en in die Uniegeboue sit, maar die tradisionele Zoeloes in Kwazulu-Natal en Mpumalanga blokkeer die hawens van Durban, Richardsbaai en Maputo nie.
Daarom, waar die DA die benaming Pretoria-Tswhane voorgestel het, vra ek hiermee VF+ om die naam Pretoria-Ndlela amptelik in die parlement voor te stel.
Die naam Ndlela het net soveel historiese legitimiteit as Pretorius-Pretoria.
Ndlela was ‘n Eerste Minister en Hoof-Generaal onder beide Shaka en Dingaan, teen wie hy gedraai het, en deur wie hy wreedaardig vermoor is.
Ndlela het die langdurige Zoeloekoningshuis gevestig tot vandag toe, met die doel om landsvernietigende opvolgstryde in die swart politiek uit te skakel.
Ndlela het Prins Mpande se lewe herhaaldelik van Dingaan se moordopdragte gered, en daarom het Jacob Zuma persoonlik die Ndlela-standbeeld in Eshowe onthul.
Ndlela het by Bloedrivier vir Prins Mpande geveg, en so vir Dambuza verslaan, Umgungundlovu laat brand, Dingaan laat vlug, en die Groot Trek gered.
Ndlela het tesame met Mpande en Pretorius by die daaropvolgende slag van Maqongqe Dingaan se regimente finaal vernietig. Hieroor het Dingaan vir Ndlela stadig met ‘n nat beesvel in die warm son laat verwurg.
Danksy generaal Ndlela se geniale suksesse, kon Pretorius vir Prins Mpande persoonlik tot koning kroon.
Pretorius se militere-politieke alliansie met Mpande en Ndlela het Brittanje so beïndruk, dat Brittanje later by die Sandrivierkonvensie na Pretorius geluister het, en daardeur die Boererepublieke en Pretoria tot stand gekom het.
Sou VF+ of Praag nou die kompromienaam Pretoria-Ndlela voorstel, en Zuma dien ‘n tweede termyn as Staatspresident, sal die mag van die DA, Britse belange, die Anglikaanse kerk en Trevor Huddelston se nalatenskap in Suider-Afrika verminder, en strategiese samewerking tussen Afrikaners en Zoeloes soos in die dae van Pretorius en Mpanda verbeter.
As VF+ of Praag nie Pretoria-Ndlela ondersteun nie – baie Afrikaners is soos Naspers en City Press anti-Jacob en pro-Petrus – sal Zuma nog steeds Tswhane op ys plaas, en Andries “Pretoria” se politieke stryd teen Londen sonder hulle voortsit.

Sunet, Marinique en Dean Sanders sê : BAIE BAIE DANKIE!