Staatshopitale: Wees gewaarsku!

In die lig van Corrie Sanders se dood, wil ek graag vir julle vertel van my eie ondervinding met staatshospitale. Ek gaan dit redelik ver haal, sodat julle die volle impak kan ervaar.

My ouers was staatspensionarisse gewees, my pa is intussen oorlede. Hulle het nie mediese fondse nie, en is afhanklik van staatsmedies. Dit beteken dat as jy ‘n dokter wil sien, jy al sesuur in die oggend in die ry moet staan buite die kliniek, maar dit is verstaanbaar.

In 2004 is my pa by Tygerberghospitaal vir ‘n hartomleiding ge-opereer. Die volgende dag is die ventilator afgehaal, te vroeg, en hy het in koma gegaan. Hy het ‘n eienaardige brandwond aan die bokant van sy voet opgedoen in die hospitaal, so groot soos R5 stuk, wat maande sou neem om te genees. Die hospitaal had geen verklaring.

7 Dae later was hy buite gevaar. Ons het opgelet dat die teenoorgestelde van waar die aar uitgehaal is, ook ‘n sny in gehad het, en hulle het verduidelik dit was omdat hulle aanvanklik die aar uit daardie been wou haal, maar dit nie geskik was nie. Ongelukkig het ons self later uitgevind dat hy nooit weer die volle gebruik van daardie been sou kry nie, en hy het meeste van die tyd daarna in rolstoel deurgebring.

Ten tye van sy verblyf het 2 verpleegsters hom gehelp stap, maar hom gelos om iets te gaan haal. Hy het gevra dat hulle hom bly steun, maar hulle het hom gelos, hy het geval en ‘n rugwerwel gekraak.

‘n Paar jaar later is hy weer opgeneem in Tygerberg, vir bloedverlies. Hy was so 69. Hoewel sy behandeling aanvaarbaar was, was die toestande ondenkbaar. Die trappe het ‘n swaar reuk van ou urine gehad, en bloedbevlekte ou pleisters was in die gange gestrooi hier en daar. Met ons besoek een aand was daar ‘n 16 jarige swartseun met ‘n bylbesering aan kop, wat aanhoudend vir water gevra het. My vrou het die suster aan diens gaan vra, en sy het geweier om te help, omdat die seun “altyd dors is”. My vrou het hom water gegee uit die wasbak in die saal, en hy het dit gedrink soos iemand wat jare laas water gehad het.

Dit was egter nie die ergste deel van ons besoek nie. Ergste was dat die bed oorkant my Pa, ‘n man se lyk bevat het. Die man is die oggend oorlede, en hulle het hom daar gelos, omdat daar glo nie plek in die lyksdeel was nie. My Pa het gekla oor hoe ongemaklik dit was, want die lyk het kort kort geroggel, agv wind wat opgebou het in die ingewande. Ons het aangedring dat hy in ‘n ander saal geplaas word.

In Mei verlede jaar 2011, het ons gehoor my Pa het breinkanker, maar dat dit ‘n nie-aggresiewe gewas was wat hom nie sou dood nie, en dat hy met die sou kon leef. In Julie het hy skielik bloed opgebring, en ons het hom deurgejaag Karl Bremer toe. Daar is uitgevind hy het ‘n bloeinde maagseer. Hy was wakker en het met my gesels in die saal. Hy is later morfien ingespuit vir pyn, en die volgende dag was hy ‘n zombie. Hy het op niks gereageer nie, en vlak asemgehaal.

Die dokter aan diens deel ons mee dat dit niks is om ons oor te bekommer nie, dis net die effek van sy medikasie, maar vra ons ook of ons enige spesifieke voorkeure het t.o.v begrafnisondernemer, “in geval iets sou gebeur wat mens nie kan voorspel nie”. Hy het ons ook gevra of ons wou gehad het hulle moes my pa probeer bybring in so ‘n geval, en aanbeveel dat ons dit nie doen nie, omdat my pa “te veel soul y”. Al is sy lewe volgens hulle buite gevaar? Op vraag oor hoekom hy nie in intensiewe sorg is nie, is ons meegedeel hy is te “oud”, en dat die beddens baie beperk is, en dat hulle verkies om dit te gee vir jonger pasiente wat nog ‘n lang lewe voor hulle het…

Nodeloos om te noem, my Pa is die volgende aan in my broer se arms oorlede tydens besoektyd, sonder enige verklaring. Tot vandag glo ek hy het ‘n oordosis morfien gehad. Soos wat hy sou wou gehad het, is hy ongelukkig veras en is daar nou geen manier om dit te bevestig nie. Maar wees gewaarsku.

прокурор Фильчаков

Maak 'n opvolg-bydrae