praag.co.za

Tekens van nasionalisering wat kom?

Written by

in

Die Vryheidsfront Plus is bekommerd oor die departement van handel en nywerheid se besluit om nie beleggingsbeskermingkontrakte met internasionale handelsvennote, soos die EU-lidlande, te hernu nie.

Hierdie kontrakte bied, onder andere, waarborge aan handelsvennote teen die nasionalisering van die betrokke lande se bates in Suid-Afrika. “Dit blyk dat die departement bloot die kontrakte laat verval het soos die een na die ander opkom vir hernuwing. Hierdie besluit laat mens wonder of die regering bang is dat hulle miljarde rande skadevergoeding aan handelslande sal moet betaal indien daar besluit sou word om te nasionaliseer.

“Daarom kan hierdie besluit net gesien word teen die moontlikheid van ‘n toekomstige vorm van nasionalisering wat moontlik toegepas kan word,” het adv. Anton Alberts, VF Plus-parlementêre woordvoerder oor handel en nywerheid, gesê. “Die VF Plus gaan derhalwe parlementêre vrae in die verband rig aan die minister van handel en nywerheid, dr. Rob Davies. Suid-Afrika het steeds sy EU-handelsvennote nodig en enige vorm van diskriminasie teen hulle sal fataal vir ons ekonomie wees,” het Alberts gewaarsku.

Die VF Plus vind hierdie besluite van die regering ook vreemd teen die agtergrond dat die beleggingsbeskermingkontrak tussen Suid-Afrika en Zimbabwe wel in stand gehou word.

Die regering sal verseker sy prioriteite moet hersien en daarom sal minister Davies moet antwoord waarom hierdie irrasionele besluite geneem is.

лобановский александр фото

Comments

Leave a Reply