Corrie Sanders se gesin bedank die publiek

Corrie Sanders

Corrie SandersSunet, Marinique en Dean Sanders sê : BAIE BAIE DANKIE!

Waar begin mens?

Ons het in hierdie tyd besef dat ons Pappa nie net aan Suid Afrika behoort het nie, maar aan die Werêld! Ons Pappa het so baie mense se lewens geraak en ‘n groot rol gespeel. Dankie vir almal wat hom nooit veroordeel of afgeskryf het, toe hy letterlik op sy knieë was nie.

Op materiële vlak het hy so baie verloor omdat sy hart sag was, hy ALMAL vertrou het, gegee het sonder om vrae te vra en mense hom uitgebuit en in die rug gesteek het.

Hy het nooit sy trots, goedhartigheid, menslikheid of sy liefde vir my, Marinique en Dean laat skade lei nie. Die mense wat hom tydens dié tydperk bygestaan het, was voorwaar sy ware, opregte vriende. Hierdie lys is in geen spesifieke volgorde nie.

Kom ons begin oor die algemeen:

Dankie, dankie aan almal wat vir Mamma, my, Marinique en Dean sms’e, bbm’s en Facebook-boodskappe gestuur het. Ek praat nou vanaf Klaus en die hele Klitschko-kamp in Duitsland tot by my en Dean se fantastiese skoolvriende hier in Pretoria. Ons waardeer; elke boodskap of oproep. Dankie ook vir almal wat vir ons bosse blomme en ruikers huis toe gestuur het. Dit lyk hier by ons soos die Tuin van Eden.

Dankie vir almal wat ‘n bydrae gemaak het om seker te maak dat al die onkostes van die begrafnis betaal kan word. Elke inbetaling, hoe groot of klein, waardeer ons uit ons harte!

Elke keer as ek sien daar is ‘n bedrag in my bankrekening inbetaal, kry ek trane in my oë en besef ek hoe oop mense se harte is. Dankie vir elkeen se bydrae om seker te maak dat my kinders se pa ‘n waardige begrafnis kry.

Dankie vir al die mense wat op ander maniere hulle hulde aan Corrie wil bring:

Die Spur met platters.  

A special word of thanks to Klaus and the Klitschko brothers from Germany for their special words of comfort.

Pieter Lebelo en sy vennote van Tebzafrique Funeral Equipment wat Corrie se grafsteen gaan maak en skenk.

Kallie Knoetze wat my en die kinders van Sondagoggend so bygestaan het en dadelik soveel balle aan die rol begin sit het. Kallie, jy en jou vrou Elise is sterre!

Baie, baie dankie, Martie van Heerden wat van Sondag af al by ons slaap om ons te ondersteun. Maatjie, jou bystand is onkoopbaar!

Elmarie en Chamari Groenewald. Dankie maat, dat jy die heel tyd oor ons besorgd is.

Julle weet ons is baie lief vir julle, Annette en Theo Schoonraad. Dankie dat julle die kinders Sondagaand weggevat het uit hierdie hartseer atmosfeer. Dit het hulle so goed gedoen.

Charmain Weavers. Wat net ingeval het en onmiddellik haar ondersteuning en hulp aangebied het. Vriendin, ek en die kinders sê baie dankie! Jy vorm beslis ‘n deel van ons huisgesin en ons is baie lief vir jou. Volgens die kinders was jy Corrie se laaste waardige vriendin.

Darryn van Heerden. Julle 2 was groot maats! Dankie vir jou vriendskap met Corrie en al die reëlings met Kurt wat in die kerk gaan sing. Corrie het baie oor julle gepraat en dit geniet om saam met julle te praat en dit geniet om saam met julle te kuier.

Lieb. Jy het Corrie in jou huis laat bly sonder enige kostes. Dit was vir my ‘n troos as hy die kinders kom haal het om te gaan kuier en ek weet hulle slaap veilig. Jy was vir hom nie ‘n vriend nie, maar sy broer!

Jansen. Jy’t hom so baie finansiële steun gegee en baie gate toegestop, sodat hy nie in die moeilikheid kom nie! Sy vriendskap was vir jou belangriker as geld! Hy’t altyd met groot respek van jou gepaat. Dankie.

Oom Braam. Jy het al sy dagvaardings en hofdinge vir hom behartig! Weereens, sonder vergoeding. Jy was vir hom soos ‘n pa waarheen hy kon gaan vir raad! Baie dankie.

Georgie Magaliespark. Dankie vir die video, byeenkoms na die begrafnis wat jy reël en jou vriendskap waaroor hy net so baie gepraat het.

Fanie Pretorius. (Prof) Corrie se groot “gholfpartner” wat nooit nee gesê het vir ‘n potjie gholf nie en meestal uit liefde betaal het. Fanie jy was ‘n groot Pa-Figuur in Corrie se lewe! Dankie.

Sy pelle van skool af. Kattie, Koks, Kaas en ander wat altyd daar was om hom te help, bv altyd toe sy bakkie ‘n diens gekort het.

Arrie Nel. Dankie vir al die medisyne wat jy nooit geskroom het om vir hom te stuur nie!

Kallie Knoetze, Naas Botha en ander gholfvriende wat gholfdae gaan hou om ‘n Trustfonds vir Marinique en Dean te stig sodat Corrie se wens “om goed na sy kinders te kyk, sodat hulle nooit te kort kom nie”. Ek wens ek het geweet hoe om dankie te sê.

Tannie Marie (Ma) Pieter (Boet). Dankie vir daaglikse bid, ondersteuning en liefde wat ons van julle gekry het sedert Ma Marie oorlede is 14 jaar terug. Corrie was so lief vir sy skoonma en het vele kere by haar graf gaan sit en praat. Dankie vir die platters en dat jy instaan as my Ma en kids se ouma. Pieter (boet) ek weet jy is lief vir ons en sal altyd daar wees.

Mike. Dankie dat jy bereid was om aan die hoof van die hele begrafnis te staan. Jy het net so baie seer Boet, maar jy’t dit tydelik eenkant geskuif om seker te maak jou broer word waardig vereer te ruste gelê.

Dankie ook vir Noek en die kinders vir wie ons so lief is. Dankie dat julle hulle altyd so baie bederf het met vakansies en kuiers.

Ouma, baie baie dankie dat Ouma altyd daar was om Pappa uit te help met als. Dankie dat Ouma ons so ongelooflik lekker bederf het met die Junie-vakansie. Ons het soveel PRET en herinneringe. Dankie ook dat Ouma altyd by ons gestaan het deur dik en dun en altyd uitgehelp waar Ouma kon. Dankie vir alles. Love you Lots!

Sus Dedré en swaer Nick. Dankie vir jul liefde en ondersteuning en dat julle Dean se verjaarsdagpersent gaan koop het en daardie las van my afgevat het. Julle is so diep in ons harte.

Nimnue Velprodukte. Ben Watkins, Carina, Aldorette en die span. Dankie dat julle so mooi na ons Pappa se vel gekyk het tot aan die einde. (Hy was ‘n Hunk.) Dankie dat julle nou na ons mamma, Sunet en my en Dean se velle kyk. Vandat ek, Dean en Mamma 3 maande gelede Nimnue begin gebruik het, het ons al soveel komplimente gekry oor hoe jonk, gesond en gloeiend ons velle lyk. Dankie dat julle deure nou na Pappa se afsterwe nog steeds vir ons oop staan! (Moet bieg, ek was bekommerd en het gedink daai fontein het opgedroog.) Daar is geen produk op hierdie heelal wat Nimnue kan vervang nie.

Thys Pretorius en seuns. My beste vriend wat al vir jare ALTYD daar is vir my en die kids! Thys, Corrie het altyd met baie dankbaarheid verwys na hoe jy die kinders bederf het met vakansies, naweke weg, uiteet, verjaarsdae en sommer net naweke se oorslape met Dean. Jy was en is ALTYD 24 uur per dag beskikbaar vir ons! Jou vriendskap is “Priceless”!

Didi. Jy weet hoe lief was Marinique om haar hare altyd by jou mooi te maak vir al haar prysuitdelings en funksies. Dankie dat jy haar op hierdie hartseer dag vir haar Pa weer mooi maak. Sy was, is en sal altyd sy prinses en trots wees, nes Dean sy “Bul”!

Dankie vir die joernaliste wat ons as gesin ondersteun het en so baie positiewe rubrieke geskryf en onderhoude uitgesaai het.

Ons hoop nie dat ons iemand uitgelos het nie, maar indien ons het, onthou net dat ons julle ALMAL waardeer en dat julle dit moontlik maak dat Corrie, my kinders se pa, met waardigheid te ruste gele word en tot aan die einde waardig laat voel.

Данильченко Юрий Брониславович компромат

Maak 'n opvolg-bydrae