Wat vind ons vandag? Die mode het posgevat om Suid-Afrika se verlede, wat in baie opsigte voortreflik was, as donker, beklaenswaardig, verfoeilik, ens, voor te stel. Van die etniese groep onder wie se leiding voortreflike werk gedoen is, word verwag om sonder ophou verskoning te vra vir wat hulle gedoen het. Hulle is glo siek en het heling nodig. Van Riebeeck-dag, wat ongetwyfeld Beskawingsdag genoem kan word, word nie meer gevier nie. In die nuwe Suid-Afrika het selfs die woord “beskawing” uit die openbare woordeskat verdwyn. “Regstelling”, “transformasie”, “bemagtiging”, ens, het die nuwe glanswoorde geword.
In die plek van Eurosentriese denke en Westerse ideale het ‘n Afrosentriese ingesteldheid gekom. Die inheemse mense van die agterlikste kontinent word as moreel meerderwaardig en as navolgenswaardig voorgestel. Die tradisionele bouers van Suid-Afrika het plek vir brekers gemaak, wat maar mag maai waar hulle nie gesaai het nie.
Dit word algemeen aanvaar dat die mens in Afrika ontstaan het. Daar heers ook ‘n groot mate van eenstemmigheid dat die briljantste (bv ondernemendste) mense oor baie eeue Afrika op ‘n deurlopende grondslag verlaat het. Hiervolgens het kultuur (dus mense se maniere van dink en doen) ongetwyfeld in Afrika ontstaan, maar beskawing (dus gesofistikeerde, ontwikkelde maniere van dink en doen) het buite Afrika ontwikkel. Sedert 1652 het die blankes eeue lank heroïes probeer om beskawing in Suider-Afrika te laat gedy. ‘n Roemlose, verradelike magsoorgawe het hieraan ‘n einde gemaak.
Ek het onlangs De Doorns besoek, die plek waar ek my skoolloopbaan deurgebring het. In die ou Suid-Afrika was dit ‘n pragtige Bolandse dorp, geleë in die natuurskone Hexvallei. Dit was ‘n netjiese omgewing waarin wit en bruin mense in harmonie saamgeleef het. In die nuwe Suid-Afrika is die dorp en omgewing ver-Afrika tot ‘n tuiste vir by uitstrek swartes uit bv die Oos-Kaap en Zimbabwe. Binne twee dekades is ‘n mooi dorp feitlik onherkenbaar getransformeer tot ‘n esteties afsigtelike plek; eerder tipies Afrika as trots Europees.
Die res van my jeug het ek in Kraaifontein, deesdae ‘n voorstad van Kaapstad, deurgebring. Toe was daar net wit en bruin inwoners en dit was ‘n netjiese plek. Mense het daar nie luuks nie maar in vrede en veiligheid gewoon. Vandeesweek het ek die plek weer besoek. Op straat sien ‘n mens hoofsaaklik hordes swartes. Maar volgens Helen Zille is dit weens apartheid dat daar so min swartes in die Wes-Kaap is. Binne twee dekades het daar grootskaalse agteruitgang ingetree. Die eens beskaafde en voorspoedige atmosfeer het plek vir verval en uitsigloosheid gemaak. Die pragtige NG-kerkgebou (waarin ek getroud is) en die eens statige ouetehuis (waar ek baie jare lank elke week familielede besoek het) is albei in hulle geheel met hoë staalpenne omhein. Wat beskaaf is, moet deesdae op eie koste teen onbeskaafde gedrag beskerm word. Wat mooi was, kon net behoue bly toe beskaafde standaarde gehandhaaf is.
Deur die regering en die massamedia word ons daagliks wysgemaak dat die nuwe Suid-Afrika stukke beter is as wat die ou Suid-Afrika was. In werklikheid word daar ‘n beleid van verskoeide aarde gevolg. Beskawing het plek vir die ANC se geweldskultuur gemaak. Ek is te oud en te arm om te emigreer. In my leeftyd sal dinge nie weer hier plaaslik op die pad van beskawing geplaas word nie. Daar word beweer dat ‘n mens nie na binne moet emigreer nie. In soverre ek my stem teen die dwaasheid van die hede verhef, emigreer ek nie na binne nie. Andersins vertroetel ek die dinge van die gees, dit was goed en mooi in ons verlede was en elders in die wêreld steeds so is en die grondslag vir enige sinvolle toekoms moet wees.
Leave a Reply
You must be logged in to post a comment.