praag.co.za

Plaasaanvalle word deur Izinyoka uitgevoer

Written by

in

Die aanvalsgroep wat plaasmoorde in die distrik van Trompsburg uitvoer, staan bekend as die Izinyoka, wat “slange” beteken. Van hulle het selfs ongestoord opgedaag by landdroshof vir die verskyning van drie van hul lede op aanklagte van moord.

Swart inwoners van Madi­kgetla, die lokasie by Trompsburg, het Donderdag bevestig dat hulle wit plaaseienaars doelgerig aanval.

Volgens beskikbare inligting is die lede van Izinyoka ook verantwoordelik vir die moorde op Jan en Johanna Greyling in 2006 asook die aanval op Phillip Henning in 2007.

“Die drie wat die Fouries vermoor het, is lede van Izi­nyoka,” het Bukelwa Mnweba, voorsitter van Madikgetla se gemeenskapspolisiëringsforum aan Beeld gesê.

Moeketsi Hlassa (27), Mvu­mvu Nkululeko (26) en Phinias Mothibi (28) het Donderdag in die landdroshof op Trompsburg verskyn op aanklagte van moord en huisbraak.

Hulle staan tereg op die moorde van Johan (71) en Cecile (72) Fourie Sondag. Die Fouries is op ‘n wreedaardige wyse met ‘n byl doogekap. Hul woning het spore van die verskriklike geweld gedra waarmee die egpaar vermoor is, en was volgens ooggetuies oortrek met bloed.

Phinias Mothibi was ‘n plaaswerker by die Fouries. Hy het Maandag, ná die moord, doodluiters ‘n halfsak meel kom vra en sy hulp vriendelik aangebied, sê Nico Kruger, seun van die Fouries.

Фільчаков прокурор

Comments

Leave a Reply