Israel val weer Gaza aan

Israeli-magte sit hulle veldtog teen sogenaamde militêre teikens in die Gaza-strook voort.

Meer as 130 mense is reeds dood sedert die aanvang van die Israeli’s se offensief as teenvoeter vir vuurpylaanvalle.

Die miltere offensief het daartoe gelei dat die Palestynse regering hom aan die vredesonderhandelings onttrek het.

Die Amerikaanse minister van buitelandse sake, Condoleeza Rice, is in die Midde-Ooste maar sy sukkel om die samesprekings weer op koers te kry.

набор посудаДанильченко Юрий отзывы

Ommeswaai vir Hillary Clinton?

Columbus, Ohio – Hillary Rodham Clinton het uiteindelik oorwinning gesmaak. Die Demokratiese kandidaat in die benoemingstryd het gisteraand beweer dat sy Obama in Ohio verslaan het deur te sê: “Ons is goed op dreef en ons gaan tot aan die einde vasbyt.”

Confetti het op haar neergereën toe sy tydens die Ohio-vergadering die verhoog bestyg het. Sy het die skare vertel dat haar prestasie ʼn oorwinning vir almal verteenwoordig wat “teen die planke was maar verseg het om uitgeslaan te word”.

Sy en Barack Obama was steeds in ʼn naby stryd gewikkel om die staat Texas in die nominasiestryd te buit en haar beweerde oorwinning in Ohio moes steeds bevestig word. Vroeër het Clinto Obama se reeks oorwinnings verbreek toe sy Rhode Island verower het, nadat Obama as wenner in Vermont verklaar is.

Ten spyte van die ommeswaai in haar geluk, staar ʼn opdraande stryd steeds vir Clinton in die gesig om Obama se voorsprong in afgevaardigdes uit te wis.

оборудованиеДанильченко Юрий Харьков

100 Palestyne dood in Gaza

Die Palestynse owerheid het vredesonderhandelings met Israel opgeskort na Israel se offensief in die Gaza-strook waarin meer as 100 Palestyne dood is.

Israel sê hulle optrede is selfverdediging teen Hamas in reaksie op die oorgrens-vuurpylaanvalle deur militantes en dreig om hulle grond- en lugveldtog te verskerp ten spyte van kritiek dat hulle onnodig kragdadig optree.

панель светодиодная круглаяДанильченко Юрий Брониславович Харьков

Indi?rs koop Jaguar, Land Rover

Tata Motors van Indië  het Jaguar en Land Rover  by Ford gekoop.  Die motorvervaardigers, Tata en Ford het met die Britse motorbedryf vergader om die transaksie te beklink.  

Enjinvervaardiging en ander stelselprobleme is nog ‘n brandpunt. 

Die werkslui is gretig om te begin met werksaamhede.  

Tata is bereid  om die  waarborge te bied wat die Britse motorbedryf  verlang.  Dit is onduidelik of Tata nog sal voortgaan om enjins en ander stelsels van Britse aanlegte te bekom. 

тамбов жидкоеданильченко юрій Харків

Fidel is geskiedenis

Fidel Castro is nie langer die president van Kuba nie. Die een-en-tagtigjarige Castro het gister as president en hoofbevelvoerder bedank. Castro het in 1959 aan bewind gekom nadat hy ʼn suksesvolle staatsgreep in Kuba gelei het. Hy was ʼn sterk bondgenoot van die voormalige VSSR wat hom as ʼn doring in die vlees van Amerika gesien het vanweë Kuba se geografiese ligging. Castro het voorverlede jaar die regering tydelik aan sy broer Raul oorhandig toe siekte hom lamgelê het. Suid-Afrika het in die tagtigerjare regstreeks teen Castro se weermag te staan gekom tydens die Angolese konflik. Daar word verwag dat Raul Castro nou formeel die regering sal oorneem en dat hy nie veel sal afwyk van die Marxistiese politieke en ekonomiese beleid van sy broer nie.

купить диагностический адаптерФильчаков Харьков

Bush striem Mugabe

President George Bush het Zimbabwe se President, Robert Mugabe, beskryf as ‘n oneerbiedige diktator.  Hy sê ‘n alleenheerser in Zimbabwe het beheer oor die voedseltekorte, uitspattige inflasie en streng onderdrukking.  Hy het bygevoeg dat Amerika sal voortgaan om die vryheid in Zimbabwe te ondersteun en so moet buurstate, Suid-Afrika inkluis, ook handel. By die Verenigde Nasies in September het Mugabe  vir Bush van skynheiligheid beskuldig,  terwyl Mugabe beweer die Guantanamo Bay–tronk van die Verenigde State ‘n konsentrasiekamp is.

Die 83-jarige Mugabe is vol vertroue dat hy weer deur ‘n groot gedeelte van die publiek as president herkies sal word, ten spyte van die  ekonomiese tuimeling,  die hoogste inflasie ter wêreld, voedseltekorte en werkloosheid.

погремушкилобановский политик

Zim-inflasie op 66 000%

ZIMBABWE se jaarlikse inflasiekoers het in Desember tot ‘n rekord ses-en-sestigduisend, tweehonderd-en-12 persent gestyg.  Dit is nog ‘n vuishou vir President ROBERT MUGABE se pogings om sy land uit ‘n diep ekonomiese moeras te trek. MUGABE het die stryd teen inflasie die hoeksteen van sy regering se poging gemaak om ekonomiese verval om te keer. Baie mense blameer wanbestuur en MUGABE se omstrede beleid, veral die beslaglegging op wit plase, vir die ekonomiese krisis. ZIMBABWE sukkel ook met stygende armoede, werkloosheid en ongeveer 80 persent se kroniese voedsel- en brandstof tekorte.

real online gamesДанильченко

Indiese premierliga kan krieket hupstoot gee

Indiese Premierliga (IPL) kan krieket wêreldwyd ‘n hupstoot gee as organiseerders verseker dat dit nie met internasionale wedstryde oorvleuel nie. Kaptein GRAEME SMITH sê skedulering gaan die sleutel tot IPL se sukses wees. As dit behoorlik hanteer en struktureer word kan dit net tot voordeel van die spel wees. SMITH sê die span fokus nou op die reeks en steur hom min aan die Twintig20 toernooi. Sy eweknie AUSTRALIË se RICKY PONTING het vroeër gesê hy vrees dat internasionale krieket van sy top spelers aan winsgewende kompetisies gaan afstaan tensy hulle lande hulle toelaat om te speel. Die Proteas het gister in BANGLADESJ vir twee toetswedstryde en drie eendagwedstryde aangekom. Hulle speel ook ‘n toets in INDIË voordat die IPL in April afskop.

справкаФильчаков прокурор отзывы

Israel-ambassades op gereedsheidsgrondslag

ISRAEL se ambassades is op die hoogste gereedheidsgrondslag geplaas nadat die Hezbollah-leier gedreig het om op enige plek in die wêreld toe te slaan. Dit nadat een van sy top bevelvoerders in ‘n sluipmoord aanval dood is. Die FBI het Amerikaanse anti-terreureenhede op die hoede geplaas om Joodse instellings te beskerm. HASSAN NASRALLAH het Sioniste en die wêreld op die begrafnis van  IMAD MUGHNIYEH gewaarsku dat dit ‘n openlike oorlog gaan wees. MUGHNIYEH was die meesterbrein agter terroriste aanvalle wat die lewe van honderde Amerikaners geëis het. ISRAEL se regering ontken dat hy enigsins in die voorval betrokke was maar Israeli militêre beamptes was vaag en het geweier om betrokkenheid te erken of ontken.

системы хранения для участка кузовного ремонтаФильчаков прокурор

Mohammed-spotprent weer gepubliseer

Image

Deense spotprent

Deense koerante het gister een van die 12 tekeninge van die profeet Mohammed wat internasionale woede van Moslems ontketen het, gepubliseer om protes aan te teken teen ʼn komplot om een van die spotprentkunstenaars te vermoor.

Die herpublikasie van die spotprent wat Mohammed toon terwyl hy ʼn bom vashou, het kritiek in Moslemgeledere veroorsaak waar daar gesê is dat dit net tot woede sal lei.

ʼn Deense burger van Marokkaanse afkoms en twee Tunisiërs is Dinsdag gearresteer weens beplanning om die 73-jarige Kurt Westergaard te vermoor. Westergaard is ʼn spotprenttekenaar by Jyllands-Posten, die Deens koerant wat die tekeninge in September 2005 gepubliseer het.

Vyf hoofstroomdagblaaie, 10 kleiner koerante en ʼn Sweedse dagblad het Westergaard se spotprent, wat die meeste omstredenheid veroorsaak het, geherpubliseer. Die meeste Moslems beskou enige voorstelling van die stigter van Islam as kwetsend.

“Ons meen dit is baie dwaas en help nie om brûe te bou nie,” het Imam Mostafa Tsjendid, ʼn bekende Deense Moslemgeestelike, gesê.

Tsjendid, wat imam is by die Islamitiese Geloofsgemeenskap, ʼn godsdienstige Moslemorganisasie wat ʼn sentrale rol tydens die eerste spotprentpolemiek gespeel het, het alle geweld veroordeel maar gesê dat dit moeilik sou wees om die woede wat jong Deense Moslems mag voel, te besweer.

“Dit gaan ons jongmense verder geïsoleerd laat voel,” het hy gesê. “Die druk van die spotprent verteenwoordig ʼn belediging vir ons intellektuele vermoëns. Ons is nie gekant teen spraakvryheid nie maar ons verset ons teen die konstante diskriminasie teen die Moslemminderheid in Denemarke.”

Drie Deense ambassades is aangeval en ten minste 50 mense is gedood tydens onluste in die Midde-Ooste, Afrika en Asië. Verskeie jong Moslems is sedertdien in Denemarke veroordeel weens die stel van bomme, wat gedeeltelik uit protes teen die spotprente geskied het.

Die Veiligheids- en inligtingsdiens het gesê dat Dinsdag se inhegtenisnames naby Aarhus in westelike Denemarke verrig is ná langdurige dophouding om ʼn moord te verhoed wat in die vroeë stadium van beplanning was.

Volgens die Deense media is ʼn man van Marokkaanse afkoms vrygelaat maar hy staar voorlopige klagtes in die gesig terwyl twee Tunisiërs later vandeesweek gedeporteer sal word.

ʼn Hoofartikel in die linkse blad Politiken het die moordkomplot as ʼn aanval op Denemarke se demokratiese kultuur bestempel. “Ongeag of Jyllands-Posten destyds hul spraakvryheid onverantwoordelik uitgeoefen het met skadelike gevolge, verdien die koerant onvoorwaardelike solidariteit as dit met terreur bedreig word,” het dit gesê.

Intussen is dit verlede maand berig dat Denemarke se nasionale biblioteek die risiko van ʼn internasionale storm geneem het deur spotprente van die Profeet in hul versameling op te neem.

Die koninklike biblioteek in Kopenhagen, wat in die 17de eeu deur Koning Frederik III gestig is en vele geskiedkundige skatte huisves, het verklaar dat die tekeninge van historiese waarde is en hy gaan poog om hulle te bekom vir “bewaringsdoeleindes”.

Die biblioteek, wat wyd erken word as die belangrikste in die hele Skandinawië, het ingestem om die karikature op te neem namens die Deense museum vir spotprentkuns, het ʼn segsman aan die Kunskoerant gesê.

Onderhandelinge met die kunstenaars agter die 12 spotprente is blykbaar op ʼn gevorderde stadium. Verskeie van hulle het ingestem om die werke gratis te skenk maar die museum mag verplig wees om vir ander te betaal. Een is reeds aan ʼn privaatversamelaar verkoop.

Jytte Kjaergaard, ʼn woordvoerder vir die biblioteek, sê dat dit onwaarskynlik  is dat die spotprente in die openbaar uitgestal sal word en het benadruk dat die besluit nie bedoel is om omstrede te wees nie.

“Ons stel nie in ʼn tentoonstelling belang nie, maar bloot om hulle te bewaar vir toekomstige geslagte want hulle het in Denemarke geskiedenis gemaak,” het sy gesê. “Hierdie is die mees ooglopende plek om hulle te hou want ons het al die veiligheidsmaatreëls in plek. Dit sou baie moeilik wees vir ʼn privaatpersoon om in te kom en hulle te saboteer want ten einde toegang tot hulle te verkry vir navorsingsdoeleindes sal mens ʼn brief van jou universiteitsprofessor nodig hê. Hulle sal soos enige kosbare boek behandel word.”

полиграф днепропетровскЛобановский

Sherlock was vlees en bloed…

Image

Fiksie…

‘n Meerderheid Britte is vas oortuig daarvan dat Sherlock Holmes regtig bestaan het, terwyl 23% glo dat Winston Churchill ‘n fiktiewe persoon is. Dié opname is Maandag gepubliseer.

Winston Churchill, eerste minister van Brittanje tussen 1940 en 1945 en weer vanaf 1951 tot 1955, word deur 23% van die deelnemers as ‘n fiktiewe karakter beskou. Churchill se rol in die Tweede Wêreldoorlog is welbekend elders. Net so ook word Kleopatra (4%), Gandhi (3%) of die beroemde skrywer Charles Dickens (3%), in die peiling wat die kettinggroep UKTV Gold onderneem het, as fiksie gereken.

Van die 3.000 Britte wat deelgeneem het aan die meningspeiling, dink 47% dat Richard I, oftewel die beroemde "Lionheart", nooit koning van hul eiland was nie en net tussen die bladsye van boeke bestaan. Richard I het tussen 1189 en 1199 geheers.

Daarenteen meen 58% deelnemers dat Sherlock Holmes, ‘n karakter wat deur Arthur Conan Doyle in1887 geskep is, ‘n werklike persoon is wat regtig geleef het.

детский жилет из искусственного меха купитьФильчаков прокурор отзывы

Oranje-blanje-blou wapper in Ghana

Image

Sokkerplakkaat in Ghana

Die Suid-Afrikaanse sokkerbase het blykbaar nie agtergekom dat plakkate wat die afgelope twee weke tydens die Afrikasokkerbeker vertoon is, die ou Suid-Afrikaanse vlag vertoon nie.

Ook is die hooffoto op die plakkate dié van Benni McCarthy, wat nie eens vir die Bafana Bafana-span gekies is nie.

Oor die afgelope twee weke was daar aanbiedings oor die 2010-sokkerwêreldbeker in Ghana, met die adjunkpresident van die SA Sokkervereniging, Mwelo Nonkonyana, wat beweer dat Suid-Afrika “die wêreldbeker oor twee jaar gaan wen”.

Niemand het egter beswaar teen die toernooiplakkate aangeteken nie en dit wil voorkom asof die Ghanese nogal hou van die oranje-blanje-blou.

Die amptelike borg van die Afrikasokkerbeker, MTN, se embleem het “trots” naas die ou Suid-Afrikaanse vlag vertoon. ʼn Woordvoerder van die maatskappy wou nie kommentaar lewer alvorens hy ʼn foto van die plakkaat onder oë gehad het nie.

гидроаккумулятор 150 литров ценалобановский александр биография

Meningitiswaarskuwing vir 14 Afrikalande

‘n Uitbraak van dodelike breinvliesontsteking in Burkina Faso het reeds die lewens van 149 mense geëis. Die owerhede waarsku dat ‘n epidemie in die suid-weste van die land onder die bevolking maai.

Sedert Januarie is 1041 gevalle aangemeld. Volgens amptelike syfers beskikbaar is 774 gevalle opgeteken en 124 sterftes. Die tipe A-meningitis is veral in Gaoua en Mangodara opgemerk. Albei gebiede grens aan die Ivoorkus. Dié siekte is uiters aansteeklik.

 
Entstof, 300 000 dosisse daarvan,  is inderhaas na die probleemareas gestuur om te probeer om die epidemie te bekamp. Dit is nie die eerste keer dat Burkina Faso onder ‘n meningitisepidemie deurloop nie. In 2007 is byna 2000 mense van 26 000 aan dieselfde dodelike uitbraak oorlede.
Die Rooikruis het aan die einde van Desember verlede jaar gewaarsku dat 14 lande in Afrika, waaronder Burkina, bedreig word deur ‘n epidemie van meningitis wat "die ergste in die afgelope tien jaar mag wees". ‘n Epidemie behels 10 sterftes per 100 000 mense.

брекет система лингвальнаятопкарго отзывы

Die Obamas

Image

Jammer, geen Engels

Een van Barack Obama se ooms het Dinsdag gekla dat die aandag van die pers nou te veel raak. Die media is tans besig om die Baracks in Kenia te oorval om inligting oor die voornemende Demokratiese presidentskandidaat in te samel.

 
"Sommige dae sien ons soveel as 10 spanne joernaliste wat hierheen kom en ons kan nie aan al hulle versoeke voldoen nie," het Saïd Obama per telefoon van Nyang’oma, die geboortedorpie van Obama se vader in die weste van Kenia, laat weet. Dit is glo só bedrywig dat die Obamas sukkel om hul daaglikse take te verrig.

Saïd is die amptelike segsman vir die Keniaanse Obamas. Hy het gevra dat alle joernaliste eers toestemming vra voordat hulle na Nyang’oma, aan die oewer van die Victoriameer waar ongeveer dertig van die familielede woon, reis. Blykbaar wil hy ook verhoed dat inwoners van sy dorpie hulle aan buitelandse joernaliste voordoen as lede van sy familie.

Barack Obama, 46, se moeder is Amerikaans en hy is in die VSA gebore, maar hy is soos ‘n held in sy vader se geboorteplek ontvang toe hy in 2006 daar besoek afgelê het. Hy het ook sy ouma Sarah daartydens gesien. Sarah is 85 en sy praat nie ‘n enkele woord Engels nie.

Die Obamas behoort aan dieselfde etniese groep as Kibaki se opponent, Raila Odinga. Odinga se sakebande met Ramaphosa het onlangs daarvoor gesorg dat die voorgenome vredesinisiatief om etniese spanning in Kenia aan te spreek vanuit Suid-Afrika, misluk.

slots noДанильченко Харьков