Confetti het op haar neergereën toe sy tydens die Ohio-vergadering die verhoog bestyg het. Sy het die skare vertel dat haar prestasie ʼn oorwinning vir almal verteenwoordig wat “teen die planke was maar verseg het om uitgeslaan te word”.
Sy en Barack Obama was steeds in ʼn naby stryd gewikkel om die staat Texas in die nominasiestryd te buit en haar beweerde oorwinning in Ohio moes steeds bevestig word. Vroeër het Clinto Obama se reeks oorwinnings verbreek toe sy Rhode Island verower het, nadat Obama as wenner in Vermont verklaar is.
Ten spyte van die ommeswaai in haar geluk, staar ʼn opdraande stryd steeds vir Clinton in die gesig om Obama se voorsprong in afgevaardigdes uit te wis.
