‘Weste sal in asblik van geskiedenis beland’

Westerse magte, sê Libië se leier, sal in die asblik van die geskiedenis beland. Gaddafi se troepe het rebelle se opmars gestuit, ten spyte van vier nagte van aanvalle uit die lug.

Terwyl Westerse lugkrag Gaddafi se vegvliegtuie op die grond gehou het en sy troepe en wapens tot op die rand van Benghazi teruggedryf het, het ongeorganiseerde en swak toegeruste opstandelinge misluk om te kapitaliseer op die grond en vasgepen gebly.

Die rebelle blyk nie in staat te wees om Gaddafi se magte te verdryf van die sleutelaansluiting van Ajdabiyah in die ooste nie, terwyl regeringstenks  die laaste groot baken van Misrata oorheers. Daar is ‘n groot risiko van ‘n dooiepunt op die grond, sê ontleders.

Ten minste twee ontploffings is gehoor in die Libiese hoofstad, Tripoli, voor dagbreek Woensdag, het getuies aan Reuters gesê. Geen anti-lugafweervuur kon gehoor word in die stad nie. Geen verdere besonderhede was nog beskikbaar nie.

“Ons sal nie oorgee nie,” het Gaddafi vroeër aan ondersteuners belowe wat ‘n menslike skild om hom te beskerm, by sy Tripoli-woning gevorm het.

“Ons sal hulle verslaan op enige manier … Ons is gereed vir die stryd, of dit ‘n kort of lang een word… Ons sal oorwin in die einde,” het hy gesê tydens ‘n lewendige televisie-uitsending, sy eerste openbare optrede in ‘n week.

“Hierdie aanval … is deur ‘n klomp van fasciste geloods wat uiteindelik in die asblik van die geskiedenis sal opeindig,” het Gaddafi in ‘n toespraak gevolg deur vuurwerke aan skares in die hoofstad belowe. Die gejuig van ondersteuners is met geweervuur in die lug begroet.

Die Libiese regering ontken dat die weermag enige aanstootlike dade gepleeg het en sê troepe veg alleen om hulself te verdedig wanneer hulle aangeval word.

Die beleg van Misrata, nou reeds weke oud, word toenemend desperaat, met water  wat afgesny word vir dae en voedsel wat opraak. Dokters behandel pasiënte in die hospitaalgange en baie van die gewondes moet onbehandeld eenvoudig omdraai.

Westerse vegvliegtuie het meer as 300 sorties oor Libië gevlieg en meer as 162 Tomahawkkruismissiele afgevuur om Libiese burgers te beskerm teen regeringstroepe.

Obama het gesê sy land se bondgenote moet in staat wees om binnekort aan te kondig dat hulle die doel van die skep van ‘n vliegspergebied bereik het.

“Ons sal voortgaan in ons pogings om die Libiese mense te beskerm en te ondersteun, maar ons sal nie leiding neem nie,” het Obama gesê.

Obama, wat talle vrae tuis oor die Libiese missie moet trotseer oor die duur en die koste, wil binne enkele dae sien dat die Verenigde State operasionele beheer oor die handhawing van die vliegspergebied verkry.

Obama het met die Franse president Nicolas Sarkozy en die Britse eerste minister David Cameron Dinsdag vergader en hulle het ingestem dat NAVO ‘n belangrike rol moet speel in die handhawing van die Libiese vliegspergebied, het die Withuis gesê.

Frankryk is teen ‘n NAVO-rol gekant uit vrees dat dit Arabiese steun sal vervreem terwyl Turkye ook gekla het dat lugaanvalle reeds die VN-mandaat oorskry het. Maar beide lande se besware is oorkom, het Amerikaanse amptenare gesê.

Die plan is om NAVO se bevelstruktuur te gebruik onder politieke leierskap van ‘n “stuurliggaam” wat bestaan ​​uit Westerse en Arabiese lede om Libië se lugruim te polisiëer, het diplomate gesê.

playФильчаков

Brasilië eis dat Libiese burgers beskerm word

Brasilië is ongelukkig met die dodetal in Libië en eis ‘n wapenstilstand in die land so gou as moontlik, het die departement van buitelandse sake verklaar.

‘n Skietstilstand moet die Libiese burgers beskerm en die weg baan vir ‘n oplossing vir die krisis deur dialoog, het die departement gesê.

Brasilië het, net soos China, Indië, Duitsland en Rusland, nie deelgeneem aan ‘n stemming in die Verenigde Nasies se Veiligheidsraad om goedkeuring te verleen vir die gebruik van geweld om ‘n vliegspergebied oor Libië af te dwing nie.

Brasilië het by dieselfde geleentheid ondersteuning uitgespreek vir die VN en die Afrika-Unie se oproep vir ‘n onderhandelde en volhoubare oplossing.

Lugaanvalle op Libië deur Amerikaansgeleide magte het Saterdag begin.

купить недорого пальтоФильчаков прокурор

Denemarke wil Arabiese opstande steun

Nóg ‘n groep lande het by Frankryk, Brittanje en Amerika aangesluit in ‘n internasionale veldtog om ‘n vliegspergebied oor Libië te bekragtig.

Noorweë, Denemarke, Kanada en België het almal vegvliegtuie gestuur om Moeammar Gaddafi se magte, wat na bewering burgerlikes in dié land aanval, op hul knieë te bring.

Die Deense regering wil ‘n sterk standpunt ter ondersteuning van die opstande in die Arabiese wêreld inneem, het dié land gesê.

Anders as met hul vorige militêre avonture in Afganistan en veral Irak, word die regering plaaslike sterk gesteun vir hulle betrokkenheid by Libië.

светильники для душевых помещенийФильчаков

Jemen se leier klou

President Ali Abdullah Saleh van Jemen het gesê ‘n militêre staatsgreep sal tot ‘n burgeroorlog lei en het gesê hy sal teen die einde van die jaar uit te tree.

Hy wil egter nie mag aan militêre leiers, wat by die opposisie in dié land aangesluit het, oorhandig nie.

“‘n Nuwe rigting in die militêre opset sal die hele land negatief raak,” het Saleh in ‘n waarskuwing, wat landwyd op televisie uitgesaai is, aan weermaglede gesê. “Die land is veel groter as die ambisie van enkele individue wat mag wil bekom.”

Daar was geen onmiddellike reaksie deur die opposisie, aan wie geestelikes en stamme lojaal is, nie. Weermaglede met invloed het ook by die opposisie aangesluit.

Saleh het vroeëre eise dat hy moet uittree verwerp.

играшкилобановский депутат

Vragvliegtuig stort op woonbuurt neer

‘n Vragvliegtuig het Maandag in ‘n woonbuurt in die stad Pointe-Noire neergestort.

Dit was ten tye van die berig nie bekend of enigiemand beseer of dood is in die ongeluk in die Republiek van die Kongo se ekonomiese hoofstad nie.

Inwoners het aan AFP gesê hulle het ambulanse na die toneel sien jaag, maar beamptes wou nie sê of daar enige sterftes was nie.

“Die vliegtuig het tydens landing verongeluk,” het die direkteurgeneraal van die land se burgerlugvaartowerheid gesê. “Daar is baie skade maar ons praat nog nie oor sterftes nie (sic).”

casino games freeданильченко юрій броніславович компромат

Lugaanvalle op Libië ‘baie suksesvol’

Brittanje het Sondag gesê sy lug- en see-aanvalle op teikens in Libië was “baie suksesvol” en het beklemtoon dat alles moontlik gedoen word om burgerlike ongevalle te voorkom.

Britse vegvliegtuie en ‘n duikboot het by die Amerikaanse- en Franse weermag aangesluit in aanvalle op Libië om ‘n vliegvrye-sone oor dié land af te dwing. Dié besluit is deur die Verenigde Nasies bekragtig ná krisissamesprekinge in Parys en die daaropvolgende voorneme om Moeammar Gaddafi se aanslag op die rebelle in dié land stop te sit.

Die Britse minister van verdediging, Liam Fox, het aan die BBC gesê voorlopige verslae dui daarop dat die aanvalle uit die lug “baie suksesvol” was.

David Cameron, eerste minister, was Sondag die voorsitter van ‘n vergadering van die regering se noodkomitee, COBRA, in Londen.

Die Libiese weermag het intussen nog ‘n skietstilstand verklaar.

Die Britse hoof van verdedigingpersoneel, David Richard, het gesê die komitee “oorweeg” dié aankondiging en “kyk wat ons daarvan kan maak”.

‘n Libiese beampte het aan AFP gesê minstens 48 mense is dood in dié aanvalle, wat Saterdagaand begin het toe ‘n Franse vegvliegtuig op ‘n voertuig, wat aan pro-Gaddafi-magte behoort, gevuur het.

Britse ministers en beamptes het egter die versekering gegee dat hulle net op militêre teikens skiet.

липецк сварочноеЛобановский Харьков

VN-hoof aangeval deur betogers

Ban Ki-moon, sekretaris-generaal van die VN, moes na ‘n gebou van die Arabiese Liga vlug nadat hy Maandag by Tahrir-plein in Kaïro deur sowat 50 betogers wat lojaal is aan die Libiese leier, Moeammar Gaddafi, omsingel is.

‘n Korrespondent van die nuusagentskap AFP het Maandag oor dié voorval verslag gelewer.

Dis nie duidelik hoe die voorval die VN-hoof se besoek aan die streek sal raak nie.

casino downloadsФильчаков прокурор харькова

‘Nie-blankes sal nie werk’

Die Engelse graafskap van Midsomer is ‘n plattelandse, skilderagtige, groen landskap en heeltemal wit.

Dit is ook fiktief, die agtergrond vir “Midsomer Murders,” ‘n TV-reeks, wat reeds 14 jaar loop, met ‘n bestendige dieet van gewelddadige misdade in die boomryke lane en dorpe, elk opgelos deur die goedige Hoofinspekteur Tom Barnaby.

Nou is Midsomer se knusse wêreld omgedolwe, en sy produsent Dinsdag opgeskort , nadat hy gesê het dat die reeks “sal nie werk” as daar enige nie-blankes in die rolverdeling is nie.

“Ons is ‘n kosmopolitiese gemeenskap in hierdie land, maar as jy kyk na Midsomer sal jy nie so dink nie,” het uitvoerende vervaardiger Brian True-May aan die Radio Times-tydskrif gesê en bygevoeg “baie eerlik wil ek nie hê dit moet verander nie. “

“Ons het net eenvoudig nie etniese minderhede wat betrokke is nie. Dit sou nie die Engelse dorp wees met hulle nie. Dit sal nie werk nie,” het hy gesê.

“Ons is die laaste bastion van Engelsheid en ek wil dit so hou.”

ITV, die netwerk wat die reeks uitsaai, sê in ‘n verklaring hulle was “geskok en verstom” deur True-May se kommentaar. True-May, een van die reeks se mede-stigters, is geskors deur sy produksiemaatskappy All3Media hangende ‘n ondersoek.

True-May se vergelyking van “Engelse” met ‘n “wit” is sterk veroordeel deur sommiges, maar verdedig deur ander wat sê hy het dit eenvoudig vertel soos dit is: die oorgrote meerderheid van nie-wit Britte – wat ongeveer 8 persent van die totale bevolking uitmaak – leef in stede of voorstede.

Daily Telegraph rubriekskrywer Christina Odone beskuldig ‘n “metropolitaanse kreatiewe elite” daarvan dat hulle probeer om die werklikheid te herskryf deur die ‘n “multikulturele fantasiewêreld op kykers en luisteraars” af te dwing.

демисезонная одежда для мальчика от производителя оптомлобановский александр харьков

Kameroen skakel Twitter af

Die Kameroense regering het ‘n selfoondiensverskaffer gevra om sy Twitter-diens vir “veiligheidsredes” op te skort, het ‘n mediawaghondaktivis Dinsdag gesê.

MTN in Kameroen, een van dié land se drie selfoon-diensverskaffers, het toegang to die mikroboodskapwebwerf afgesit nadat hy ‘n versoek van die regering gekry het, het Mohamed Keita, van die Komitee om Joernaliste te Beskerm, gesê.

“Vir veilligheidsredes het die regering van Kameroen gevra dat die Twitter SMS integrasie op die netwerk opgeskort moet word,” het Bouba Kaele, die bemarkingsbestuurder van MTN, in ‘n boodskap op sy Twitter-blad gesê.

Die boodskap is egter later verwyder.

video game slotsалександр лобановский харьков класс

Saoedi’s vat Bahrein vas

Meer as 1 000 soldate van Saoedi-Arabië is in Bahrein waar teen-regering betogings al vir meer as ‘n maand aanhou, het ‘n Saoedi-beampte Maandag gesê. Betogers het Manama se sentrale sakedeel oorgeneem.

Die Saoedi-troepe is Sondag na Bahrein as deel van die Golf-lande se gesamentlike Peninsula Beskermingsmag.

Die intervensie is gereël omdat daar geen reaksie van die opposisie was nie nadat die Bahreinse regering verskeie kere gesprekke aangevra het.

Die Bahreinse regering het nie die teenwoordigheid van die Saoedi-soldate bevestig nie.

Die webtuiste van Bahrein se Alyam-koerant, wat ook na aan die Al-Khalifa koninklike familie is, het gesê daar word verwag dat magte van die ses-staat Golf Koörporasieraad na Bahrein sal vertrek om die veiligheidstoestand te verbeter.

последствия синус лифтингалобановский александр игоревич харьков