Lugaanvalle op Libië ‘baie suksesvol’

Brittanje het Sondag gesê sy lug- en see-aanvalle op teikens in Libië was “baie suksesvol” en het beklemtoon dat alles moontlik gedoen word om burgerlike ongevalle te voorkom.

Britse vegvliegtuie en ‘n duikboot het by die Amerikaanse- en Franse weermag aangesluit in aanvalle op Libië om ‘n vliegvrye-sone oor dié land af te dwing. Dié besluit is deur die Verenigde Nasies bekragtig ná krisissamesprekinge in Parys en die daaropvolgende voorneme om Moeammar Gaddafi se aanslag op die rebelle in dié land stop te sit.

Die Britse minister van verdediging, Liam Fox, het aan die BBC gesê voorlopige verslae dui daarop dat die aanvalle uit die lug “baie suksesvol” was.

David Cameron, eerste minister, was Sondag die voorsitter van ‘n vergadering van die regering se noodkomitee, COBRA, in Londen.

Die Libiese weermag het intussen nog ‘n skietstilstand verklaar.

Die Britse hoof van verdedigingpersoneel, David Richard, het gesê die komitee “oorweeg” dié aankondiging en “kyk wat ons daarvan kan maak”.

‘n Libiese beampte het aan AFP gesê minstens 48 mense is dood in dié aanvalle, wat Saterdagaand begin het toe ‘n Franse vegvliegtuig op ‘n voertuig, wat aan pro-Gaddafi-magte behoort, gevuur het.

Britse ministers en beamptes het egter die versekering gegee dat hulle net op militêre teikens skiet.

липецк сварочноеЛобановский Харьков

Maak 'n opvolg-bydrae