Ban Ki-moon, sekretaris-generaal van die VN, moes na ‘n gebou van die Arabiese Liga vlug nadat hy Maandag by Tahrir-plein in Kaïro deur sowat 50 betogers wat lojaal is aan die Libiese leier, Moeammar Gaddafi, omsingel is.
‘n Korrespondent van die nuusagentskap AFP het Maandag oor dié voorval verslag gelewer.
Dis nie duidelik hoe die voorval die VN-hoof se besoek aan die streek sal raak nie.
Leave a Reply
You must be logged in to post a comment.