Nóg ‘n groep lande het by Frankryk, Brittanje en Amerika aangesluit in ‘n internasionale veldtog om ‘n vliegspergebied oor Libië te bekragtig.
Noorweë, Denemarke, Kanada en België het almal vegvliegtuie gestuur om Moeammar Gaddafi se magte, wat na bewering burgerlikes in dié land aanval, op hul knieë te bring.
Die Deense regering wil ‘n sterk standpunt ter ondersteuning van die opstande in die Arabiese wêreld inneem, het dié land gesê.
Anders as met hul vorige militêre avonture in Afganistan en veral Irak, word die regering plaaslike sterk gesteun vir hulle betrokkenheid by Libië.
