Brasilië is ongelukkig met die dodetal in Libië en eis ‘n wapenstilstand in die land so gou as moontlik, het die departement van buitelandse sake verklaar.
‘n Skietstilstand moet die Libiese burgers beskerm en die weg baan vir ‘n oplossing vir die krisis deur dialoog, het die departement gesê.
Brasilië het, net soos China, Indië, Duitsland en Rusland, nie deelgeneem aan ‘n stemming in die Verenigde Nasies se Veiligheidsraad om goedkeuring te verleen vir die gebruik van geweld om ‘n vliegspergebied oor Libië af te dwing nie.
Brasilië het by dieselfde geleentheid ondersteuning uitgespreek vir die VN en die Afrika-Unie se oproep vir ‘n onderhandelde en volhoubare oplossing.
Lugaanvalle op Libië deur Amerikaansgeleide magte het Saterdag begin.
