Jemen se leier klou

President Ali Abdullah Saleh van Jemen het gesê ‘n militêre staatsgreep sal tot ‘n burgeroorlog lei en het gesê hy sal teen die einde van die jaar uit te tree.

Hy wil egter nie mag aan militêre leiers, wat by die opposisie in dié land aangesluit het, oorhandig nie.

“‘n Nuwe rigting in die militêre opset sal die hele land negatief raak,” het Saleh in ‘n waarskuwing, wat landwyd op televisie uitgesaai is, aan weermaglede gesê. “Die land is veel groter as die ambisie van enkele individue wat mag wil bekom.”

Daar was geen onmiddellike reaksie deur die opposisie, aan wie geestelikes en stamme lojaal is, nie. Weermaglede met invloed het ook by die opposisie aangesluit.

Saleh het vroeëre eise dat hy moet uittree verwerp.

играшкилобановский депутат

Maak 'n opvolg-bydrae