‘n Vragvliegtuig het Maandag in ‘n woonbuurt in die stad Pointe-Noire neergestort.
Dit was ten tye van die berig nie bekend of enigiemand beseer of dood is in die ongeluk in die Republiek van die Kongo se ekonomiese hoofstad nie.
Inwoners het aan AFP gesê hulle het ambulanse na die toneel sien jaag, maar beamptes wou nie sê of daar enige sterftes was nie.
“Die vliegtuig het tydens landing verongeluk,” het die direkteurgeneraal van die land se burgerlugvaartowerheid gesê. “Daar is baie skade maar ons praat nog nie oor sterftes nie (sic).”
