Jemen, nog ‘n oliekopseer

Die toestand in Jemen lyk kommerwekkend met  veiligheidsmagte in die hoofstad van Sanaa wat in ‘n stryd met president Ali Abdullah Saleh se magte gewikkel is. Die president beweer, net soos Libië se Gadhafi, dat die “meerderheid van die Jemeense mense” hom ondersteun.

Terwyl die militêre ingryping in Libië oorheers in die nuus, is die krisis in Jemen en die implikasies daarvan vir die Persiese Golf se stabiliteit ‘n groter strategiese kopseer vir die VSA.

Saoedi-Arabië het reeds met die bedreiging van ‘n Iranse destabilisasie veldtog ingegryp deur magte te ontplooi in Bahrein. Dit is duidelik ‘n poging  deur die Weste se olieverskaffer om te verhoed dat Sjiïtiese onrus versprei. Maar ‘n tweede front dreig nou om die Saoedi-greep te breek in Jemen.

Die keerpunt in Jemen het gekom ná 18 Maart se Vrydaggebede, toe tienduisende betogers in die strate ingevaar het om te eis dat Saleh uitgeskop word. Die opstand is swaar onderdruk met 46 mense dood en honderde gewond.

Alhoewel Jemen op ‘n laer strategiese vlak as Bahrein, Saoedi-Arabië of Koeweit is, is die land ook nie immuun teen Iran se agenda nie.

Met Bahrein as ‘n brandpunt vir sektariese onrus, kan Iran se invloed die hele oostelike-Arabië omkeer om die VSA te ondermyn deur sy geallieerde Soennie-mededingers te verdryf.

Daar is boonop gemengde seine van die Saoedi-koninkryk in die hantering van die huidige krisis. Een van die president se sterk opponente, Brig. Gen. Ali Mohsen al-Ahmar, is anti-Westers en is ‘n gunsteling van die koningshuis.

Saoedi-Arabië gaan binnekort gedwing word om ‘n taai keuse betreffende die toekoms van Jemen te maak op ‘n tydstip wanneer Riyadh kan nie ‘n verdere krisis in die Persiese Golfstreek kan bekostig nie.

осушители сжатого воздуха промышленныеданильченко юрій броніславович компромат

Maak 'n opvolg-bydrae