Romney die gunsteling

Met ‘n stewige oorwinning in die voorverkiesing in die Amerikaanse deelstaat Illinois Dinsdag het Mitt Romney feitlik verseker dat hy die Republikeinse Party (RP) se kandidaat sal wees vir die Amerikaanse presidensiële verkiesing wat vroeg in November plaasvind. Sodoende kan hy geskiedenis maak deur die eerste Mormoon te wees wat ‘n kans het om president van die VSA te word.

Romney het weliswaar sy naaste teenstander Rick Santorum met meer as 10 persentasiepunte in Illinois geklop, maar kon nog nie daarin slaag om meer as 50 persent van die koukusstemme op hom te verenig nie. Hy het 47% van die stemme gekry teenoor Santorum se 35%, Ron Paul se 9 en Newt Gingrich se agt.

Hiermee het hy 41 van die staat se 54 afgevaardigdes na die Republikeine se benoemingskongres ingepalm om sy totaal op 562 te staan te bring – feitlik die helfte van die vereiste 1144 afgevaardigdes wat nodig is om benoeming te verseker. In meningspeilings loop hy ook voor sy teenstanders en hy behoort veral oor sowat ‘n maand in groot state soos New York, Texas en Kalifornië goed te vaar en groot getalle afgevaardigdes agter hom geskaar te kry.

Maar Rick Santorum weier om neerlaag te erken hoewel hy tot dusver slegs 249 afgevaardigdes kon bekom en Gingrich en Paul (onderskeidelik 137 en 71 afgevaardigdes) glo blykbaar ook dat hulle dalk nog iets in die volgende drie maande kan verrig voor die RP se benoemingskonvensie op 24 Augustus.

Woensdag het Romney egter nog ‘n groot hupstoot gekry toe Jeb Bush, seun van George en vroeër vanjaar een van die potensiële kandidate, sy gewig agter Romney ingegooi het en gepleit het vir eenheid en samehorigheid in die party.

Dit was bra betyds want daar was aanduidings dat die stryd tussen die vier Republikeinse aanspraakmakers besig was om lelik te word. John McCain, wat vier jaar gelede die verkiesing teen Obama verloor het, het juis die afgelope week gewaarsku dat die negatiewe aanvalle op mekaar besig is om die party se aansien te skaad.

Die probleem is dat daar ‘n groot deel van die party is wat allesbehalwe gelukkig is dat ‘n Mormoon hulle kandidaat kan word. Veral die sterk evangelistiese partylede in die berugte “Bible Belt” het eintlik ‘n aartskonserwatiewe soos Gingrich verkies, maar sy taamlik skokkende verlede van twee egskeidings op grond van sy buitehuwelikse manewales, het hom gou uit die veldtog geskuif. Die vierde man, Ron Paul, word nie as konserwatief genoeg gesien nie en sy ouderdom van 76 tel ook sterk teen hom.

Santorum word as baie konserwatief beskou, maar die feit dat hy ‘n Katoliek is tel weer teen hom by die WASPS – die White Anglo-Saxon Protestants – en dus die evangelisasie fundamentaliste en behoudenes. Sy goeie vertoning in die afgelope paar voorverkiesings moet egter gesien word as wyer steun vir sy uitgesproke teenstand teen homoseksuele huwelike, aborsieklinieke en Spaanssprekende immigrante en sy openlike steun vir die insluiting van kreasionisme en Intelligente Ontwerp in skoolleerplanne naas die konsep van evolusie.

Die Republikeine se probleem is dat hulle eintlik ‘n kandidaat nodig het wat nie alleen alle Republikeinse stemme op hom sal verenig nie, maar ‘n beduidende deel van die onsekere kiesers en selfs ‘n deel van die konserwatiewe vleuel van die Demokratiese Party sal kan trek om Obama te klop. En dit gaan nie maklik wees nie.

Soos dit is, gebruik Obama en sy adviseurs die huidige verdeeldheid in die RP baie goed en volgens een meningspeiling die afgelope paar dae loop hy in hierdie stadium met sowat vyf presentasiepunte voor teen wie ook al die RP se kandidaat is. Ander opnames soos die betroubare Rasmussen-peilings meen egter dat dit wil voorkom of dit ‘n baie gelykop stryd gaan wees.

Maar in ‘n land waar geld ‘n groot rol speel in verskiesings, is pas berig dat Obama reeds meer verkiesingsfondse bymekaar gemaak het as al die RP kandidate saam – en die sterk linkse media werk hard om Obama herkies te kry.

Hoe ongewild Obama ook al by baie mense in en buite die VSA mag wees, die kanse is daar dat hy weer die verkiesing vroeg in November gaan wen.

Фильчаков прокурор отзывы

Hoe ewolusie die dood van swartes veroorsaak

Blykbaar is evolusie nie ‘n onderwerp wat alle swart studente aanstaan nie.

‘n Niksvermoedende Japannese professor by ‘n Amerikaanse universiteit was rustig besig om die gedrag van poue te bespreek, toe hy skielik onderbreek is.

Terwyl hy verduidelik hoe seleksie werk en hoe die wyfiepou ‘n mannetjie verkies met groter vere, vra die swart student in die voorste ry skielik hoe ewolusie ‘n rol gespeel het om swartes se dood te veroorsaak.

Dr Kajiura, die leerkrag, probeer om haar vraag te beantwoord, selfs al het hy geen idee waarvan sy praat nie. Sy herhaal haar vraag 4 na 5 keer om die proffie onder die indruk te bring dat hy nie haar vraag na wense beantwoord nie.

Kennelik was die bespreking van die poue die katalisator vir een of ander diepgesetelde minderwaardigheidsgevoel by die swart vrou.

Deur ewolusie verantwoordelik te hou vir swartes se agterstand, het sy waarskynlik gehoop om die morele hoëgrond te bereik, aangesien die argument dat omstandighede buite hul eie beheer swartes striem meermale met sukses gevoer word.

Sy is ongelukkig hardhandig deur kampussekuriteit uit die klas verwyder voordat sy haar leerkrag of medestudente kon oorreed van haar “geldige” vraag.

Александр Фильчаков

Sarkozy, EU se kanse verbeter

Frankryk, wat die grootste Joodse bevolking van ‘n halfmiljoen in Wes-Europa huisves, is geruk deur die moorde by ‘n Joodse skool in Toulouse.

Toulouse, die “pienk stad” vanweë sy rooskleurige baksteengeboue, huisves ook die grootste studentebevolking in Frankryk buite Parys. Dis ‘n kosmopolitiese stad in die suide van die land wat ‘n groot Mosleminstroming beleef vanuit Noord-Afrika.

Daar woon tussen 10 000 en 15 000 Jode in die stad van ongeveer 440 000 siele. Omdat die bevolking jonk is, is hulle ook dikwels linksgesind en anti-Israel.

Die korrespondent van France24, Chris Bockman, sê bronne by justisie meen die skote is van dieselfde wapen gevuur as wat in die moorde van soldate pas terug uit Afghanistan, net ‘n week gelede, gebruik is. Die motorfiets is ook glo dieselfde een. Soldate in Frankryk word tans verbied om hul uniforms buite hul basisse te dra.

Bockman sê ook die aanval was ‘n rasgedrewe aanval op minderhede in ‘n hoofsaaklik wit land. Die ondersoek is reeds by die polisie oorgeneem deur die regering se anti-terreurspesialistespan.

Een van die ooggetuies sê die skieter het nie doelloos na die kinders geskiet nie, maar sy wapen sekuur gerig en hulle een vir een, om die beurt, ‘n kopskoot gegee.

Israel verkeer in skok en het die moorde veroordeel as anti-Semitiese haatmisdade. ‘n Lid van die Knesset, Yakov Katz het Jode in Frankryk aangemoedig om die land dadelik te verlaat en gesê Sarkozy en Obama kan nie Jode se veiligheid waarborg nie. Hy het bygevoeg dat net Israel ‘n toevlug kan wees.

Die rabbi wat in die aanval dood is, Jonathan Sandler (30), was ironies genoeg ‘n Israeli wat in Frankryk skoolgegee het.

Die aanval het, hartseer genoeg, Sarkozy se kanse om herverkies te word ‘n hupstoot gegee. Hy stoei tans met Marine Le Pen van die Nasionale Front, die regse anti-immgrasieparty, wat stemme van sy UMP afrokkel.

Dit sal ook Frans-Duitse eenheid bestendig wat onder kwaai spanning verkeer nadat die Sosialistiese kandidaat Francois Hollande gedreig het om die EU-hulppakket die rug te keer.

Merkel weier steeds om Hollande, wat vóór die skietery die gunsteling was om die Franse verkiesing in April te wen, te ontmoet. Elio de Rupo, die Belgiese premier, is een van Hollande se ondersteuners.

Фильчаков Харьков

Swede raak kontantloos

Swede was die eerste Europese land om banknote in te voer in 1661. Nou is hulle al verder as die meeste op die pad om ontslae te raak daarvan.

“Ek kan nie sien hoekom ons met die druk van banknote moet aanhou nie,” sê Björn Ulvaeus, voormalige lid van ABBA, en ‘n uitgesproke voorstander vir ‘n wêreld sonder kontant.

Die buitelyne van so ‘n gemeenskap besig om vorm aan te neem in dié hoë-tegnologie land.

In die meeste Sweedse stede aanvaar openbare busse nie kontant nie, en kaartjies word vooraf gekoop met ‘n selfoon-SMS-boodskap.

“Daar is dorpe waar dit is glad nie meer moontlik is om ‘n bank te kry om kontant te aanvaar nie,” kla Curt Persson, voorsitter van Swede se Nasionale Pensioenarisse se organisasie.

Hy sê dit is ‘n probleem is vir bejaarde mense in landelike gebiede wat nie kredietkaarte het nie of weet hoe om dit te gebruik om kontant te trek nie.

Die agteruitgang van kontant is opvallend, selfs in huise van aanbidding, soos by die Carl Gustaf Kerk in Karlshamn, in die suide van Swede, waar pastoor Johan Tyrberg onlangs ‘n kaartleser geïnstalleer het om dit makliker vir aanbidders te maak om offers te gee.

“Mense het vir my ‘n paar keer gesê hulle het nie kontant nie, maar sal nog graag geld skenk,” sê Tyrberg.

Kontant is slegs 3 persent van Swede se ekonomie, in vergelyking met ‘n gemiddeld van 9% in die eurosone en 7% in die VSA, volgens die Bank vir Internasionale Verrekening, ‘n sambreel-organisasie vir die wêreld se sentrale banke.

Drie persent is steeds te veel sê Ulvaeus. ‘n Kontantlose samelewing is ‘n kwessie van sekuriteit.

Na sy seun vir die derde keer beroof is, het hy begin pleit vir ‘n vinniger oorgang na ‘n volle digitale ekonomie, net om die lewe vir diewe moeiliker te maak.

“As daar was geen kontant is, wat sal hulle doen?” sê Ulvaeus, 66.

Die Sweedse Vereniging van banke sê die inkrimping van die kontant-ekonomie het reeds ‘n impak op die misdaadstatistiek.

Die aantal bankrooftogte in Swede het van 110 in 2008 tot 16 in 2011 gedaal, die laagste vlak sedert begin is om rekord te hou 30 jaar gelede.

Ekonomiese professor Friedrich Schneider van die Johannes Kepler Universiteit in Oostenryk, sê: “As mense meer kaarte gebruik, is hulle minder betrokke in die skadu-ekonomie.” Schneider is ‘n kenner op die gebied van ondergrondse ekonomie.

Volgens die Sweedse Nasionale Raad vir Misdaadvoorkoming het gerekenariseerde bedrog egter gestyg tot byna 20,000 in 2011 van 3304 in 2000.

Oscar Swartz, die stigter van Swede se eerste Internet-diensverskaffer, Banhof, sê ook ‘n digitale ekonomie verhoog privaatheidsprobleme as gevolg van die elektroniese spoor van transaksies. Hy ondersteun die idee van uitfasering kontant, maar sê ander anonieme betalingsmetodes moet ingestel word.

“‘n Mens moet in staat wees om geld te stuur en geld te skenk aan verskillende organisasies sonder om elke keer opgespoor te word,” sê hy.

Dit is geen verrassing dat Swede en ander Nordiese lande aan die voorpunt van die ontwikkeling staan nie, gegewe hul klem op die tegnologie en innovasie.

Binnekort sal Sweedse burgers vir mekaar oor en weer kan geld stuur op hul selfone.

Die uittredende adjunk-goewerneur van Swede se sentrale bank, Lars Nyberg het verlede jaar gesê dat kontant sal oorleef “soos die krokodil, alhoewel dit gedwing kan word om te sien hoe sy habitat geleidelik krimp.”

данильченко юрій Харків

Nederlandse politieke korrektheid oor SA menseregte

{jathumbnail off}

Ek het nou aandagtig  na die Nederlandse parlementsdebat oor hul menseregtebeleid gekyk vandag.

Wat my veral opval was die modewoord ‘reseptor’. Soos ek die konsep daarvan verstaan dat daar dus meer gebruik gemaak moet word van ‘plaaslike kultuurverskille’ – en hulle te gebruik om menseregte-vereistes te implimenteer in die ‘reseptor-land’.

‘n Goeie voorbeeld is volgens Prof Tom Zwart, hoogleraar menseregte by die Utrecht Universiteit, die “Hope Project’ eksperiment in Kaapstad, waar ‘tradisionele genesers’ geleer word om ‘n diagnose van Vigs te kan stel sodat die pasiënte ook meer geneig sal wees om hul antiretrovirale medisyne te gebruik ‘omdat swart mense meestal nie na Westerse dokters gaan nie.’

Hy noem dit die ‘receptor approach’ in goeie Nederlands, en het die Hope projek aangeprys as ‘n ‘Groot Sukses’.

Zwart het nie statistieke verskaf om die sukses van die Hope projek te bewys nie — maar het wel gesê dat ‘as net een persoon teen HIV behandel kan word, is dit al ‘n sukses.’

 

 

Agterstand van 26,000 klagte by die Europese Menseregtehof in Straatsburg:

Ek het verder ook nog geleer dat menseregteoortredings waaroor klagtes gelê word by die Europese Menseregtehof in Straatsburg, ‘n agterstand van 26,000 ernstige oortredings het, en dat EU-lidlande nie baie graag mekaar verkla oor menseregteoortredings nie. Verder sal ook nog so’n 90,000 klagtes daar ongegrond verklaar word, volgens Dr Lawson (sien details hieronder). Hy het ook modewoord ‘reseptor’ gebruik. Trouens, my gevoel was dat die woord minstens ‘n honderd keer gebruik is tydens die twee-uur lange vergadering. Behalwe ‘reseptors’ is daar ook nog die ‘kultuur-relativisme’ argument, wat glo as verskonings gebruik word deur ‘reseptor-lande’ om voor te gaan met sulke menseregteoortredings. Suid-Afrikaanse vrou het gekla oor ontneming van erfreg op haar grond: As voorbeeld noem Prof Lawson (van die kommissie Menseregte Adviesraad Internasionale Vraagstukke) die voorbeeld van ‘n Suid-Afrikaanse vrou wat gekla het dat haar erfreg op grond haar ontneem is omdat dit die kultuur van haar stam was dat vrouens nie grond kon besit nie.”In die geval,’ sê Lawson, ‘kan kultuur-relativisme’  nie effektief gebruik word om so’n saak te beoordeel nie: dit gaan immers oor die gelyke regte vir vrouens, dat daar nie teen vrouens gediskrimineer mag word i.v.m. grondbesit nie’. My konklusie: die Nederlandse menseregtebeleid so traag moet wees soos baie dik stroop: en dat dit duidelik ook nie beter sal word nie: my indruk word bevestig deur ‘n kort presentasie deur Rene Rouwette van die “Nederlandse Juristen Comite voor de Mensenrechten”.   

Hierdie jong juris het gekla dat die amptenare by die Nederlandse ambassades wat plaaslike menseregteklagtes moet ondersoek, ‘al hoe minder word’. Volgens sy gevoel is die personeel reeds met 50% verminder in die afgelope vyf jaar weens die regering se kostebesparings. Afrikaners wat wil kla oor menseregteoortredings het ‘n lang asem nodig Ek skryf dit alles maar op hier —  sodat die mense wat reken hulle kan gaan kla by die ambassades oor die gruwelike gebrek aan menseregte vir Afrikaners en Boere onder die Zuma-regime, ‘n baie lang asem sal moet ontwikkel – en bowendien seker moet maak dat hulle nog ‘n amptenaar kan vind by ‘n Nederlandse ambassade om hul klag aan te hoor en te ondersoek. Ek skryf dit nie om enigiemand te ontmoedig nie: ek waarsku maar net dat ‘n baie standvastige, vasberade en veral hoflike persoon die pogings moet aanwend om klagtes daar te gaan lê… Ek het net voor die hoorsitting op maandag 19 maart  ook die hiervolgende vraag gestuur aan Prof. Tom Zwart (email: T.Zwart@law.uu.nl ). Hy’t geantwoord dat hy homself ‘nie kan buig oor sake waaroor hy nie gevra is om ‘n oordeel te vel nie’.  Nogtans publiseer ek my volledige vraag aan hom hieronder.

____________________________________

“Geachte Prof Zwart: Gezien uw aanzien als een erkend expert in de Rechten van de Mens tijdens de hoorzitting over het Mensenrechtenbeleid van de Nederlandse parlementscommissie voor Buitenlandse Zaken, zou ik graag uw advies willen vragen. Wat denkt u bedoelt de democratisch-verkozen president van een land als hij voor al zijn verzamelde partijleiders tijdens hun 100ste verjaardagfeestvieringen het volgende lied zingt: “Power for us, Come together all the winners, “We are going to shoot them with the machine gun, They are going to run, You are a white man (‘boer’), We are going to hit them with the machine gun, Shoot the boer, The Cabinet is going to shoot them with the machine gun, Shoot the boer, they are going to run, ‘The power is ours’. De zinnen worden dikwijls herhaald tijdens deze dreunzangen –  en hierbij wordt ook veelvuldige lichaamstaal gebruikt zoals de handen die ‘een machine-geweer aan het schieten zijn’  e.d. De president van Zuid-Afrika, Jacob Zuma, zong dit lied in Bloemfontein vroeg in januari 2012: dit was de meest belangrijke vergadering van de African National Congress-partij in vele jaren — en waarop alle landelijke partijleiders en oud-gedienden, de ‘cadres’ van Umkhonte we Sizwe, allen aanwezig waren.

Er waren hiertijdens geen zgn. ‘blanke regeringsleiders uit andere landen’ uitgenodigd.

http://youtu.be/6fzRSE_p1Ys http://www.youtube.com/watch?feature=player_embedded&v=6fzRSE_p1Ys

Nadat Zuma dit had gezongen – de reportage met dat lied werd veelvuldig via de staats-TV en –radiozenders uitgezonden — stegen de moordcijfers op de kleine ‘blanke’ minderheid in de twee-en-een half maanden erna zoals volgt:

WHITES ATTACKED MAP1 SINCE JAN 2012 AFTER ZUMA HATESONG JAN 2012 BLOEMFONTEIN

Met de landelijke moordcijfers van 58 perdag  zoals registreerd door de ZA politie — moet ook in acht genomen worden dat  de zgn. ‘blanken’ maar een zeer kleine minderheid vormen (nu naar schatting minder als 5% wegens emigratie). Zoals hierboven gezien kan worden op de kaart van http://www.farmitracker.com worden ‘blanken’ nu met een gemiddeld van acht per dag aangevallen/vermoord in zeer duidelijke ‘haataanvallen’ – gepaard gaand met martelingen en dikwijls zeer beledigende haatspraak. Haatspraak zoals ‘white bitch I am going to kill you/rape you’ e.d.

Officiële ZA politie-moordstatistieken tot 1 April 2011

(deze statistieken worden jaarlijks bekend gemaakt)

MURDER STATS SAPS APRIL2003 TO APRIL 2011

Hierboven – De ZA moord-statistieken van April 2003 tot Maart 2011 reflecteren geen ‘ras-demografische’ gegevens: en er zijn veel gemelde incidenten van overlevenden dat de ZA politie weigert om zulke details van anti-blanke ‘haatspraak’ in het proces-verbaal te zetten. Bijv. werd zo’n incident (hieronder) op 11 maart jl nog beschreven door de Afrikaner-academicus Dr Dan Roodt, de voorzitter van PEN-Pretoria. Hij schreef dat Afrikaners ‘wegwerp-mensen’ waren geworden die zelfs door de politie niet meer als mensen worden gezien:  link

http://censorbugbear-reports.blogspot.com/2012/03/afrikaners-throwaway-humans.html

De gemiddelde moordcijfers in ZA belopen nu 58 personen per dag – uit een bevolking van 50-miljoen waarvan maar 5% nu nog zgn. ‘blanken’ zijn naar schatting – vanwege de emigratie.

Er zijn ongeveer 3,5miljoen mensen in ZA die zich ‘Afrikaners’ en/of “Boeren’ noemen – zij dragen dus meestal noord-Europese/Britse achternamen en zijn grotendeels protestantse Christenen. Het is deze zeer kleine, opvallende minderheidsgroep die nu ook vooral sedert het beëindigen van de FIFA wereldbeker 2010 in ZA reusachtig door deze ‘misdaadbenden’ worden vermoord, dikwijls veelvuldig verkracht, en gepaardgaande met veel haatspraak en martelingen. Het bleek dat de moordaanvallen tegen blanken op het platteland hetzelfde bleven tijdens de WK – maar dat de aanvallen in de steden en het platteland dramatisch omhoog gingen nadat alle toeristen teruggingen naar huis na de WK 2010.

 

WHITES ATTACKED AND OR MURDERED IN BLACK RACIST VIOLENCE JAN 2010 TO FEBRUARY 28 2012 FARMITRACKER COM

Ook worden de zgn. werkersklas- ‘blanken’ vooral in de Vrijstaat, Gauteng en Limpopo nu uit veel van hun ‘traditionele’ woongebieden zoals bijv. de mijnstad Welkom, verjaagd door misdaadbenden en er zijn dikwijls ook veel opvallende incidenten waar Afrikaners onder ‘valse voorwendsels’ zoals in verkeersincidenten worden gearresteerd, zelfs in de politiecellen verkracht worden en dan zonder aanklachten weer vrijgelaten worden: http://censorbugbear-reports.blogspot.com/2012/02/paraplegic-afrikaner-rapedwelkom-saps.html

Er wordt meestal zeer weinig van ‘werkelijke waarde’ uit de woningen van de slachtoffers gestolen tijdens deze misdaden, die door goed-georganiseerde jeugdige misdaadbenden — meestal gewapend met vuurwapens zoals AK47s of politie-pistolen e.d. — worden gepleegd: gestolen wordt er naar verhouding tot het grote geweld, zeer weinig:  meestal alleen hun mobieltjies (die dikwijls daarna buiten weggegooid worden), of hun voertuigen waarmee gevlucht wordt en die dikwijls ge’crasht’ teruggevonden worden.

Er zijn ook de afgelopen paar jaar veel politieagenten gearresteerd die deelnamen aan deze gewapende aanslagen op ‘Afrikaner’-gezinnen in de steden en in het platteland. Men hoort en ziet ook veel ‘haatspraak’ in de sociale media zoals Face book – zelfs door regeringsambtenaren, o.a. politieagenten tegen ‘blanken’. http://www.censorbugbear.org/black-racism/sa-cop-well-commit-a-genocide-i-hate-whites

ANTI AFRIKANER HATESPEECH MUST STOP WARNS ANGLO AMERICAN CHAIRMAN FUND MGR CLEM SUMTER http://censorbugbear-reports.blogspot.com/2011/12/black-racist-attacks-by-cops-against.html

Men kan op de ZA Politie’s eigen forensische fotos van de misdaadtonelen zelf ook zien dat er ook dikwijls zeer waardevolle, kleine eigendommen gewoon achtergelaten worden zelfs in veel gevallen ook vuurwapens.

De fotos laten ook zien dat er dikwijls persoonlijke items bovenop de dode slachtoffers wordt gegooid, zoals de familiebijbels of de nummerplaten van hun autos; ook fotoalbums. Dikwijls worden de gezichten van de slachtoffers in de familiefotoalbums weggekrabd.  Dikwijls worden mensen gemarteld met brandende cigaretten, strijkijzers, heet water wordt in hun kelen afgegooid, zij worden opgehangen, de kinderen, zelfs de allerkleinsten krijgen kogels door hun hoofdjes, en deze aanvallen zijn altijd ver vooraf bepland, soms dagen vooraf worden reeds werkers en buren ondervraagd over de leefgewoonten van de slachtoffers.

Waarschuwing: dit zijn forensische fotos van misdaadtonelen. Ze kunnen dus zeer schokkend zijn: http://www.censorbugbear.org/photos

Er zijn sommige politieagenten en kriminologen die deze misdaden sedert januari 2010 op een prive-website zetten omdat ze niet door de overheid toegelaten worden om de details aan de nieuwsmedia te verschaffen. http://www.farmitracker.com

Er gebeurt echter nog meer met deze kleine bevolkingsgroep: de regering van Zuma heeft nu bijv.l wetgeving aangenomen hetwelk vanaf dit jaar, de toegang tot de arbeidsmarkt voor zgn. ‘blanken’ reusachtig beperkt: zoals hieronder gezien kan worden.

WHITE MEN EXCLUDED FROM LABOUR MARKET BB BEE  53 OF 2003 LAW GAZETTED 25899 9 JAN 2004 SIGNED hierboven: GG25899 blanken mannen uitgesloten uit arbeidsmarkt, wetgeving 9 jan 2004

hieronder: blanke vrouwen en blanke gehandicapten uitgesloten uit arbeidsmarkt:

9 Dec 2011 GG34845: Broadbased Black Economic Empowerment Amendment 2011

WHITE WOMEN EXCLUDED FROM SA JOB MARKET ORIGINAL GOVERNMENT ANNOUNCEMENT GAZETTE DEC 2011 Deze doelbewuste onthouding van de arbeidsrechten van deze kleine minderheidsgroep heeft ook al tot het gevolg dat een-derde van de 3,5-miljoen Afrikaners  – waaronder de best-opgeleide mensen in ZA zoals onderwijzers, verpleegsters, spoorweg- en mijn-ingenieurs – nu al (zonder recht op regeringsuitkeringen of voedselhulp van de regering) in honderden plakkerskampjes moeten zien te overleven.

Deze Afrikaner-mensen zitten volkomen vast in ZA: zij hebben niet, zoals Engelstalige blanken, andere landen waar zij hun werk op de arbeidsmarkt kunnen aanbieden: omdat zij reeds o.a. sedert 350 jaar geleden in ZA werden neergezet door de Nederlandse VOC, hebben zij geen familie- of economische banden met Europa of het Verenigd Koninkrijk meer —  en kunnen dus niet ontkomen aan de gevolgen van deze strenge arbeidsbeperkingen.

Afrikaner Squatter camps Feb 2012 MAP on Farmitracker com Ook ontkomt deze zeer kleine minderheidsgroep niet  aan de wetgeving die de ZA regering ook nog heeft neergelegd op zelfstandige ‘blanke’ entrepreneurs, die onder de wet zelfs in de kleinste maatschappijtjes met 20 werkgevers gedwongen worden om ongekwalificeerde ANC-leden in dienst te nemen als ‘mede-directeurs’.

Hun armoede wordt nog verergerd – met geconstateerde, groeiende ondervoedingsproblemen in de kampen – omdat de ANC-regering deze bevolkingsgroep regeringsuitkeringen weigert en zelfs voedselhulp krijgen zij niet van de regering. Dit werd o.a. in een documentaire in Nederland neergezet door de Nederlandse journaliste Saskia Vredeveld: “White Poverty in the New South Africa” (IKON) U kan een video bestellen en het zelf met haar bespreken: Saskia Vredeveld: tel 031 641 35594  sam@peacefield.demon.nl http://www.nposales.com/?article=17121&template=program

Etniese zuivering van de landkaart van Zuid-Afrika; verwijdering van Afrikaans uit het onderwijs:

Ook de taalrechten van deze kleine minderheid worden onder druk gezet: zo mogen hun kinderen, zelfs de meest-begaafden, dikwijls geen universitaire opleiding meer krijgen op de paar universiteiten waar ‘Afrikaans’ vijf jaar geleden nog onderricht werd: maar nu verboden wordt.

Ik zou graag uw advies als expert in mensenrechten willen vragen hierover deze combinatie — de doelbewuste onthouding van het recht op werk voor een kleine minderheidsgroep, de onderdrukking van hun taal- en onderwijsrechten, het lied van de ZA President hetwelk oproept om deze bevolkingsgroep uit te moorden: zelfs aan zijn eigen cabinet: de weigering van voedselhulp en -regeringsuitkeringen aan 1miljoen van de 3,5miljoen Afrikaners die nu in plakkerskampen moeten zien te overleven. Zij zonderen zich af in kleine kampjes omdat hun kinderen ook dikwijls gekidnapt worden door ‘misdaadbenden’ om ze als ‘sex-slaven’ aan het werk te zetten. Ze zijn ook de meest ‘herkenbare’ bevolkingsgroep in Zuid-Afrika en hoeven dus geen Gele Ster te dragen om ze voor buitenstaanders te identificeren. Ook de landkaart van Zuid-Afrika – waar de Afrikaners hun geschiedenis hebben neergezet door het groot aantal dorpen en steden die zij hebben gesticht – wordt nu ‘etnisch gezuiverd’ door de ANC-regering. Dit alles tesamen genomen – duidt dit niet op een groeiende volksmoord? Vooral samen met de haatspraak en actieve deelneming van gewapende bende-aanvallen op Afrikaner-gezinnen door politie-agenten?

Ik weet dat het voor Nederlanders zeer moeilijk zal zijn om te beoordelen omdat de slachtoffers ook m.i. tot het minst-geliefde volk ter aarde behoren.

Men hoort de opmerking ‘eigen schuld dikke bult’ veelvuldig in Nederland vooral – zelfs nadat het kleinste Afrikanerkind met een kogel door het hoofd geëxecuteerd wordt.

Maar iemand met uw juridische opleiding zal zich ongetwijfeld zonder vooroordeel over deze feiten kunnen buigen.

De uwe

Mw A J Stuijt
Rinse Jetsestraatje 2
9101LV Dokkum
topcargo развод

Joodse kinders by Franse skool geskiet

Vier mense is dood nadat ‘n gewapende man voor ‘n Joodse skool in ‘n stad in die suidweste van Frankryk op hulle losgebrand het, het ‘n staatsaanklaer in Toulouse Maandag gesê.

Ooggetuies en ouers van die leerlinge het vroeër gesê ‘n onderwyser en drie kinders is onder die slagoffers. Dit is die derde skietvoorval van sy soort in ‘n week.

Die drie kinders, van 3, 6 en 8 en ‘n onderwyser is Maandagoggend by die skool Ozar Hatorah in Toulouse doodgeskiet, het Michel Valet gesê.

Yossi Gal, Israel se ambassadeur in Frankryk het hom na Toulouse gehaas om die gesinne by te staan. Die Franse president, Nicolas Sarkozy was ook vanoggend op die toneel.

Die president het Dinsdag vir ‘n minuut stilte gevra. Nog mense is gewond in die voorval, waarvan twee ernstig.

Die skieter het op ‘n wit bromponie weggejaag, het ‘n polisiebeampte wat graag anoniem wou bly, in Parys gesê.

‘n Oogetuie en onderwyser, Franck Califa, het gesê hy het nie trane nie want hy is te geskok. Twee wapens is in die aanval gebruik; ‘n 9mm sowel as ‘n outomatiese 11.43-kaliber.

Die polisie het die privaatskool in die noordooste van Toulouse afgesper en die kinders was twee uur ná die skietvoorval steeds in die skool vasgekeer. Die voorval het 08:10 plaasgevind. Polisiehelikopters is oor die stad ontplooi.

Die skietery het in dieselfde omgewing gebeur waar ‘n gewapende man Donderdag op ‘n motorfiets op drie valskermsoldate by ‘n bank in Montauban losgebrand het. Twee soldate is in die voorval dood en die ander een is gewond.

Vier dae vroeër het ‘n gewapende man op ‘n motorfiets ‘n ander valskermsoldaat in Toulouse doodgeskiet.

Owerhede het intussen gesê dieselfde wapen is in die voorvalle in Montauban en Toulouse gebruik.

Dit is nog nie bekend of die drie voorvalle met mekaar verband hou nie. Die president asook opposisiepartye het aangekondig dat die verkiesingveldtog vir eers tot stilstand sal kom.

Фильчаков прокурор отзывы

Kindersoldate? Waar?

Die verskynsel van kindersoldate, soos volksmoord, slawerny en marteling, lyk soos een van daardie gruwelike misdade wat geen land enigsins kan verdedig nie, behalwe blykbaar… die Obama-administrasie.

Die kwessie van kindersoldate, soos in Oeganda, is weereens in die spervuur nadat die Kony 2012-video en die vervaardigers daarvan hoofnuusopskrifte gehaal het om die bevelvoerder van kindersoldate, Joseph Kony, te stuit.

Die VSA het vroeër reeds menseregtegroepe verstom deur ‘n verbintenis te systap om lande te help om die militêre uitbuiting van kinders te bekamp.

President Obama het ‘n presidensiële memorandum wat kwytskeldings toestaan onder die Wet op die Voorkoming van Kindersoldate in vier lande geteken: Tsjad, die Demokratiese Republiek van die Kongo, Soedan en Jemen. Die memo-opdrag aan Hilary Clinton was dat dit in die VSA se “nasionale belang” is om militêre hulp aan daardie lande te bly verskaf, ten spyte van hul versuim om te voldoen aan die reëls wat die Kongres gestem het en deur George W. Bush in 2008 onderteken is.

‘n Dawerende “ja” vir kindersoldate uit die pen van President Obama? ‘n Withuiswoordvoerder het verduidelik dat dit ‘n strategiese besluit was om die druk van die 2008-wet te verlig. Die rasionaal is dat dit lande geleidelik van die praktyk sal speen, eerder as om hulle te isoleer.

Volgens die Christian Science Monitor, sê die woordvoerder “hierdie lande het die regte beleid in plek … maar sukkel om dit reg te implementeer.” The New York Times berig dat administrasiewoordvoerders ook aangehaal word wat meen dat dié betrokke lande ‘n belangrike rol in die wêreld se teen-terrorisme pogings speel.

Wat globale menseregte betref, het die VSA in gebreke gebly om dit oral konsekwent te ondersteun, en het talle vergrype eenvoudig geïgnoreer, ook talle menseregte protokolle.

Die Konvensie oor die Regte van die Kind is een so ‘n dokument. Human Rights Watch wys daarop dat “slegs die Verenigde State en Somalië – wat geen funksionerende nasionale regering het nie – in gebreke gebly het om die verdrag te bekragtig.” Die VSA het wel twee opsionele protokolle bekragtig in 2002, ivm kindersoldate en ander vorme van uitbuiting.

In 2006 het die Internasionale Komitee van die Rooi Kruis 59 kinders in aanhouding tydens die 16 besoeke aan vyf plekke van aanhoudings-of interneringskampe in Irak deur die VSA en die VK geregistreer.

Amerikaanse militêre arrestasies van die kinders daar het van ‘n gemiddeld van 25 per maand in 2006 gestyg tot ‘n gemiddeld van 100 per maand uiteindelik.

In Augustus 2007 het die VSA by Dar al-Hikmah, ‘n nie-residensiële fasiliteit wat bedoel was om onderwys te verskaf vir 600 gevangenes tussen die ouderdomme 11-17, ‘n geskatte 100 kinders selfs uitgesluit van deelname in die program, blykbaar op die gronde dat hulle “ekstremiste” en “onredbaar” was.

Олександр Васильович Фільчаков

Spioenasie getransformeer sê CIA-direkteur

Wanneer mense ‘n film aflaai of inskakel op die webradio, kan hulle afgeloer word en die afloerders sal presies weet wat hulle doen en waar hulle is.

Spioene sal nie meer afluisterapparaat in jou huis hoef te plant nie. Die opkoms van “aanlyn-beheer” deur apps sal beteken dat mense self hul eie huise bedraad vir spioenasie, sê CIA-direkteur, David Petraeus.

Die CIA beweer dat hulle in staat is om vanaf hierdie toestelle via die internet te weet wat aangaan en dalk selfs via radiogolwe van buite die huis.

Generaal David Petraeus, voormalige hoof van die geallieerde magte in Afghanistan, is ingesweer as die nuwe direkteur van die CIA op 6 September 2011.

Alles van afstandbeheerders tot radiowekkers kan nou beheer word via apps, en die elekroniese skyfievervaardiger ARM het onlangs hul goedkoper mikroskyfies wat in alles van yskaste en stowe tot deurklokkies gebruik word, onthul.

Aanlynbeheertegnologie sal die CIA in staat stel om mense te lees soos ‘n boek, sê CIA-direkteur David Petraeus, volgens ‘n onlangse verslag deur Wired se “Danger Room”-blog.

Petraeus sê aanlynbeheertegnologie het die kuns van spioenasie “getransformeer”, sodat spioene mense outomaties kan monitor sonder om tegnologie te installeer, in te breek en die risiko van betreding te loop. Selfs nie die aantrek van ‘n tuxedo om ‘n partytjie te infiltreer, is meer nodig nie.

“‘Transformasie’ is ‘n woord wat baie gebruik word, maar ek glo dat dit baie van toepassing is op hierdie tegnologie,” het Petraeus gesê.

“Veral die uitwerking daarvan op klandestiene inligtingsversameling. Items van belang sal ondersoek word, geïdentifiseer word, gemonitor, en afstandbeheer word deur middel van tegnologie soos radiofrekwensie-identifikasie, sensornetwerke, klein ingeboude bedieners, en energiestropers gedoen. Dit alles is moontlik danksy die volgende generasie internet met behulp van ‘n oorvloed lae-koste en hoë-energie rekenaars. “

Petraeus het gepraat by ‘n waagkapitaalmaatskappy oor die nuwe tegnologie wat daarop gemik is om verwerkers en webverbindings in “dom” huishoudelike toestelle soos yskaste, oonde en beligting te gebruik.

Hierdie week, het een van die wêreld se grootste mikroskyfiemaatskappye, ARM, ‘n nuwe verwerker bekendgestel, gebou om in wit goedere te werk.

Die ARM-skyfies is kleiner, laer-aangedrewe en baie goedkoper as die vorige verwerkers. Hulle is ontwerp om die internet toegang te gee tot byna elke soort elektriese toestel .

Dit blyk dat die gevaar van rekenaars nie hulle kunsmatige intelligensie is nie, maar wel die inligting wat hulle oor ons “lek”.

Futuriste maan dat aanlyntoestelle die internet sal vertel waar jy is en wat jy doen ten alle tye. Dit sal gekarteer word deur rekenaars mbv Google Maps.

Groepe wat privaatheid monitor soos die Electronic Frontier Foundation het reeds gewaarsku dat ligginggewingsdata misbruik kan word.

Александр Фильчаков

Rassistiese twieter vasgevat

Die Britte, wat voorheen ‘n spierwit epaaier bestuur het waar selfs Afrikaners nie “wit” genoeg geag is nie, wil die wêreld evangeliseer oor rassegelykheid.

‘n Man is in hegtenis geneem omdat hy glo ‘n rassistiese twiet oor ‘n swart sokkerspeler wat by ‘n wedstryd inmekaargesak het, uitgestuur het.

Bolton Wanderers se Fabrice Muamba het tydens hul FA Cup kwart-finaal by die White Hart Lane in London op 17 Maart 2012 in duie gestort.

Die wedstryd is laat vaar nadat Muamba in die stryd teen Tottenham Hotspurs ineengesak het.

Terwyl Muamba veg om sy lewe in die hospitaal na ‘n hartstilstand, het die Suid-Wallis-polisie gesê ‘n man wat na bewering ras-aanstootlike opmerkings gemaak het, word in Swansea-Sentraal aangehou.

Die polisie sê ‘n 21-jarige man van Suid-Wallis is vroeër Sondag vasgetrek.

Voormalige sokkerspeler Stan Collymore het volgelinge Saterdag op TV versoek nie rassistiese kommentaar oor Muamba of enige swarte te twiet nie en sulke twiete dadelik aan die polisie te rapporteer.

данильченко юрій броніславович компромат

Kony 2012 se vervaardiger haak uit

Die vervaardiger van Kony 2012 en stigterslid van Invisible Children is Donderdag in hegtenis geneem vir masturbasie en dronkenskap in die openbaar, volgens die San Diego Police Department.

Jason Russell, 33, is opgemerk waar hy in die openbaar masturbeer, motors vandaliseer en moontlik onder die invloed van ‘n dwelm verkeer, volgens die SDPD. Hy is in hegtenis geneem by ‘n besige kruising in die stad.

‘n Video-opname van Russell, naak, waar hy vreemd optree versprei tans soos ‘n veldbrand. ‘n SDPD-woordvoerder het bevestig dat Russell baie eienaardig opgetree het.

Daar word bespiegel dat Russell dalk onder die invloed van ‘n aantal dwelms kon gewees het wat hy met sy nuutgevonde rykdom kon bekostig.

Lt Andra Brown het gesê: “Tydens die evaluering het ons besef dat dit waarskynlik nodig is om hom na ‘n mediese fasiliteit te neem as gevolg van die toestand waarin hy was.”

Polisie het gesê hulle het Donderdag verskeie oproepe ontvang om 11:30 van ‘n kaal man wat deur verkeer hardloop en skree.

Russell is ná die voorval na ‘n mediese sentrum geneem.

Invisible Children se uitvoerende hoof Ben Keesey het in ‘n verklaring ná 01:40 Vrydag gesê:

“Jason Russell is ongelukkig in die hospitaal en ly aan uitputting, dehidrasie, en wanvoeding. Hy ontvang mediese sorg en is gefokus op beterskap. Die afgelope twee weke het ‘n ernstige emosionele tol op ons almal, Jason, veral, geëis en gemanifesteer in ‘n ongelukkige voorval gister.”

Sy vrou het gesê dat Kony 2012 ongekende aandag geniet en dat Russell oorweldig is.

Intussen is ‘n foto ook vrygestel wat die veldtog se vermeende pasifisme onder verdenking plaas, aangesien die Invisible Children-organiseerders met aanvalswapens in Suid-Soedan tesame met soldate poseer. Oegandese amptenare het Russell se stellings voorts veroordeel en gesê Kony is al jare lank nie meer in die land nie.

Russell het voorheen aan NBC-SanDiego verduidelik hoe die beweging by die organisasie se hoofkwartier in San Diego ontplof.

“Daar is honderde en duisende propagandastukke vervaardig – plakkate, plakkers, knope, t-hemde, en ons is besig om dit te verpak en oor die hele wêreld te stuur,” het Russell in ‘n onderhoud op 8 Maart gesê.

Nadat miljoene dollar binne enkele dae ingestroom het, ter ondersteuning van die veldtog, vrees die organiseerders dat die goue gans nou nek omgedraai is.

 

данильченко юрій броніславович