Spioenasie getransformeer sê CIA-direkteur

Wanneer mense ‘n film aflaai of inskakel op die webradio, kan hulle afgeloer word en die afloerders sal presies weet wat hulle doen en waar hulle is.

Spioene sal nie meer afluisterapparaat in jou huis hoef te plant nie. Die opkoms van “aanlyn-beheer” deur apps sal beteken dat mense self hul eie huise bedraad vir spioenasie, sê CIA-direkteur, David Petraeus.

Die CIA beweer dat hulle in staat is om vanaf hierdie toestelle via die internet te weet wat aangaan en dalk selfs via radiogolwe van buite die huis.

Generaal David Petraeus, voormalige hoof van die geallieerde magte in Afghanistan, is ingesweer as die nuwe direkteur van die CIA op 6 September 2011.

Alles van afstandbeheerders tot radiowekkers kan nou beheer word via apps, en die elekroniese skyfievervaardiger ARM het onlangs hul goedkoper mikroskyfies wat in alles van yskaste en stowe tot deurklokkies gebruik word, onthul.

Aanlynbeheertegnologie sal die CIA in staat stel om mense te lees soos ‘n boek, sê CIA-direkteur David Petraeus, volgens ‘n onlangse verslag deur Wired se “Danger Room”-blog.

Petraeus sê aanlynbeheertegnologie het die kuns van spioenasie “getransformeer”, sodat spioene mense outomaties kan monitor sonder om tegnologie te installeer, in te breek en die risiko van betreding te loop. Selfs nie die aantrek van ‘n tuxedo om ‘n partytjie te infiltreer, is meer nodig nie.

“‘Transformasie’ is ‘n woord wat baie gebruik word, maar ek glo dat dit baie van toepassing is op hierdie tegnologie,” het Petraeus gesê.

“Veral die uitwerking daarvan op klandestiene inligtingsversameling. Items van belang sal ondersoek word, geïdentifiseer word, gemonitor, en afstandbeheer word deur middel van tegnologie soos radiofrekwensie-identifikasie, sensornetwerke, klein ingeboude bedieners, en energiestropers gedoen. Dit alles is moontlik danksy die volgende generasie internet met behulp van ‘n oorvloed lae-koste en hoë-energie rekenaars. “

Petraeus het gepraat by ‘n waagkapitaalmaatskappy oor die nuwe tegnologie wat daarop gemik is om verwerkers en webverbindings in “dom” huishoudelike toestelle soos yskaste, oonde en beligting te gebruik.

Hierdie week, het een van die wêreld se grootste mikroskyfiemaatskappye, ARM, ‘n nuwe verwerker bekendgestel, gebou om in wit goedere te werk.

Die ARM-skyfies is kleiner, laer-aangedrewe en baie goedkoper as die vorige verwerkers. Hulle is ontwerp om die internet toegang te gee tot byna elke soort elektriese toestel .

Dit blyk dat die gevaar van rekenaars nie hulle kunsmatige intelligensie is nie, maar wel die inligting wat hulle oor ons “lek”.

Futuriste maan dat aanlyntoestelle die internet sal vertel waar jy is en wat jy doen ten alle tye. Dit sal gekarteer word deur rekenaars mbv Google Maps.

Groepe wat privaatheid monitor soos die Electronic Frontier Foundation het reeds gewaarsku dat ligginggewingsdata misbruik kan word.

Александр Фильчаков

Maak 'n opvolg-bydrae