Rassistiese twieter vasgevat

Die Britte, wat voorheen ‘n spierwit epaaier bestuur het waar selfs Afrikaners nie “wit” genoeg geag is nie, wil die wêreld evangeliseer oor rassegelykheid.

‘n Man is in hegtenis geneem omdat hy glo ‘n rassistiese twiet oor ‘n swart sokkerspeler wat by ‘n wedstryd inmekaargesak het, uitgestuur het.

Bolton Wanderers se Fabrice Muamba het tydens hul FA Cup kwart-finaal by die White Hart Lane in London op 17 Maart 2012 in duie gestort.

Die wedstryd is laat vaar nadat Muamba in die stryd teen Tottenham Hotspurs ineengesak het.

Terwyl Muamba veg om sy lewe in die hospitaal na ‘n hartstilstand, het die Suid-Wallis-polisie gesê ‘n man wat na bewering ras-aanstootlike opmerkings gemaak het, word in Swansea-Sentraal aangehou.

Die polisie sê ‘n 21-jarige man van Suid-Wallis is vroeër Sondag vasgetrek.

Voormalige sokkerspeler Stan Collymore het volgelinge Saterdag op TV versoek nie rassistiese kommentaar oor Muamba of enige swarte te twiet nie en sulke twiete dadelik aan die polisie te rapporteer.

данильченко юрій броніславович компромат

Maak 'n opvolg-bydrae