Die verskynsel van kindersoldate, soos volksmoord, slawerny en marteling, lyk soos een van daardie gruwelike misdade wat geen land enigsins kan verdedig nie, behalwe blykbaar… die Obama-administrasie.
Die kwessie van kindersoldate, soos in Oeganda, is weereens in die spervuur nadat die Kony 2012-video en die vervaardigers daarvan hoofnuusopskrifte gehaal het om die bevelvoerder van kindersoldate, Joseph Kony, te stuit.
Die VSA het vroeër reeds menseregtegroepe verstom deur ‘n verbintenis te systap om lande te help om die militêre uitbuiting van kinders te bekamp.
President Obama het ‘n presidensiële memorandum wat kwytskeldings toestaan onder die Wet op die Voorkoming van Kindersoldate in vier lande geteken: Tsjad, die Demokratiese Republiek van die Kongo, Soedan en Jemen. Die memo-opdrag aan Hilary Clinton was dat dit in die VSA se “nasionale belang” is om militêre hulp aan daardie lande te bly verskaf, ten spyte van hul versuim om te voldoen aan die reëls wat die Kongres gestem het en deur George W. Bush in 2008 onderteken is.
‘n Dawerende “ja” vir kindersoldate uit die pen van President Obama? ‘n Withuiswoordvoerder het verduidelik dat dit ‘n strategiese besluit was om die druk van die 2008-wet te verlig. Die rasionaal is dat dit lande geleidelik van die praktyk sal speen, eerder as om hulle te isoleer.
Volgens die Christian Science Monitor, sê die woordvoerder “hierdie lande het die regte beleid in plek … maar sukkel om dit reg te implementeer.” The New York Times berig dat administrasiewoordvoerders ook aangehaal word wat meen dat dié betrokke lande ‘n belangrike rol in die wêreld se teen-terrorisme pogings speel.
Wat globale menseregte betref, het die VSA in gebreke gebly om dit oral konsekwent te ondersteun, en het talle vergrype eenvoudig geïgnoreer, ook talle menseregte protokolle.
Die Konvensie oor die Regte van die Kind is een so ‘n dokument. Human Rights Watch wys daarop dat “slegs die Verenigde State en Somalië – wat geen funksionerende nasionale regering het nie – in gebreke gebly het om die verdrag te bekragtig.” Die VSA het wel twee opsionele protokolle bekragtig in 2002, ivm kindersoldate en ander vorme van uitbuiting.
In 2006 het die Internasionale Komitee van die Rooi Kruis 59 kinders in aanhouding tydens die 16 besoeke aan vyf plekke van aanhoudings-of interneringskampe in Irak deur die VSA en die VK geregistreer.
Amerikaanse militêre arrestasies van die kinders daar het van ‘n gemiddeld van 25 per maand in 2006 gestyg tot ‘n gemiddeld van 100 per maand uiteindelik.
In Augustus 2007 het die VSA by Dar al-Hikmah, ‘n nie-residensiële fasiliteit wat bedoel was om onderwys te verskaf vir 600 gevangenes tussen die ouderdomme 11-17, ‘n geskatte 100 kinders selfs uitgesluit van deelname in die program, blykbaar op die gronde dat hulle “ekstremiste” en “onredbaar” was.
Leave a Reply
You must be logged in to post a comment.