Nie ‘n enkele swart gesig nie

‘n Foto van Obama se “weermag” wat oorspronklik gepos is op die veldtog se Tumblr-werf openbaar ‘n verstommende gebrek aan diversiteit onder die president se personeel in Chicago. Die foto is intussen verwyder.

Die Obama-veldtog se hoofkantoor in Chicago bevat ironies genoeg ook lessenaaraandenkings wat regse wit Amerikaners graag versamel.

Maar die leër jong twintigjarige veldtogwerkers in die president se tuisdorp is byna eenvormig wit, volgens foto’s.

Verdere ondersoek van die Obamaveldtog oor die afgelope maand het aan die lig bring dat swart individue afgesien van die president en sy vrou, Michelle, baie skaars is.

Een van die enigste foto’s wat ‘n swart persoon insluit, is een van ‘n onlangse Withuisbesoek deur Star Trek-aktrise Elle Nichols.

Die openbaring is potensieel ‘n verleentheid vir die eerste Afro-Amerikaanse president en die party wat hy lei.

Obama het in Augustus 2011 ‘n uitvoerende bevel onderteken wat federale agentskappe dwing om planne voor te lê vir die verbetering van werksmagdiversiteit

Die oënskynlike gebrek aan rasse-diversiteit in die Obama-veldtoghoofkwartier kom op slegte ‘n tyd aangesien die nasionale swart werkloosheidsyfer byna dubbel die koers vir blankes is.

Volgens die mees onlangse verslag van die Arbeidsmagburo (BLS), is 14 persent van swartes tans werkloos in vergelyking met 7,3 persent blankes.

Die kloof is selfs meer opvallend onder die jonger ouderdomsgroepe. Volgens BLS-data, is die swart werkloosheidskoers onder 16 – tot 19-jariges 40,5%, vergeleke met 22,5% vir blankes.

In Illinois, is die swart werkloosheidskoers so hoog as 28 persent, volgens die Illinoise departement van indiensneming, ver bokant die nasionale gemiddeld.

Die Demokratiese Nasionale Komitee (DNC) het in die spervuur van Afro-Amerikaanse groepe gekom in die afgelope jare omdat die party versuim het om kontrakte aan swart firmas toe te ken, ten spyte van herhaalde beloftes om die belange te bevorder van sulke firmas.

Die Obama-veldtog het ‘n versoek om kommentaar geweier.

Фильчаков Александр Васильевич

Bibi en Mitt

Die twee mans het hopeloos min in gemeen: die een is ‘n ryk Mormoon van Michigan, die ander ‘n middelklas-Jood van Israel.

Maar in 1976, het die lewenspaaie van Mitt Romney en Benjamin Netanyahu kortliks gekruis – onuitwisbaar – op die 16de vloer van Boston Consulting Group se kantore, waar beide as korporatiewe adviseurs gewerf is. Tydens die mees vormende tyd van hul loopbane, het hulle gedurende die firma se weeklikse dinkskrums ontdek dat hulle dieselfde beskouing van die wêreld deel.

Romney se pa, ‘n voormalige goewerneur van Michigan, het gepoog om die Republikeinse presidensiële nominasie ‘n paar jaar vroeër in te palm en Netanyahu was deel van ‘n elite spesiale magte-eenheid van die Israeliese weermag. Albei mans was dus op hul eiesoortige manier aan ‘n mededingende wêreld blootgestel.

Dit is egter nie alombekend dat ‘n warm en ou vriendskap tussen Netanyahu, die eerste minister van Israel, en Romney, die waarskynlike Republikeinse presidensiële kandidaat, gesmee is nie.

Die verhouding tussen hulle word versterk deur ‘n netwerk van onderlinge vriende en verhoog deur hul konserwatiewe ideologieë.

Toe Romney as die goewerneur van Massachusetts gedien het, het Netanyahu aangebied om hom eerstehands te adviseer oor klein regering. Romney het Netanyahu weer gehelp om pensioenfondse aan te moedig om besighede wat gekoppel is aan Iran te boikot.

‘n Paar weke gelede, op Super Tuesday, het Netanyahu Romney telefonies oor die situasie in Iran ingelig.

“Ons kan amper in snelskrif praat,” het Romney in ‘n onderhoud gesê. “Ons deel gemeenskaplike ervarings en ‘n perspektief en begronding wat soortgelyk is.”

Netanyahu het hul “maklike kommunikasie” toegeskryf aan ‘n soortgelyke Amerikaanse opleidingsagtergrond.

Romney het trouens verklaar dat hy nie enige belangrike besluite oor Israel sal neem sonder om Netanyahu te raadpleeg nie. Dit het talle wenkbroue laat lig aangesien Netanyahu se polariserende reputasie welbekend is.

Tydens ‘n debat in Desember, het Romney sy mededinger Newt Gingrich gekasty oor ‘n neerhalende opmerking ivm die Palestyne, en gesê: “Voordat ek ‘n verklaring van dié aard maak, is ek op die foon na my vriend Bibi Netanyahu en vra eers: ‘Sal dit help as ek dit sê? Wat wil jy hê moet ek doen?'”

Martin S. Indyk,  die vorige Amerikaanse ambassadeur na Israel onder die Clinton-administrasie, het gesê Romney het te kenne gegee dat hy “Midde-Oosterse beleid aan Israel sal uitkontrakteer.”

“Dit sou natuurlik onvanpas wees,” het hy bygevoeg.

Romney het aan Harvard studeer en Netanyahu aan die Massachusetts Instituut van Tegnologie. Hulle is na hul studies albei na die Boston Consulting Group.

Romney is ook steeds goeie vriende met Fleur Cates, Netanyahu se tweede vrou. Cates en Netanyahu is intussen geskei.

Die twee mans het kort ná 2003 toe Romney die goewerneur van Massachusetts geword het, weer kontak opgeneem.

Gerugte wil dit hê dat Sheldon Adelson, ‘n miljardêr casino-eienaar, en uitgesproke ondersteuner van Israel, miljoene dollar aan Newt Gingrich geskenk het om die stemme teen Romney te verdeel. Netanyahu en Adelson is beste vriende.

 

Фильчаков прокуратура харьков

VSA-verkiesing dalk gelykopstryd

Die Amerikaanse presidentsverkiesing oor sowat sewe maande kan ‘n baie gelykopstryd wees as huidige tendense in meningspeilings enigsins ‘n aanduiding is.

Volgens Rasmussen – een van die geloofwaardigste opnemers – loop Obama en Mitt Romney (wat waarskynlik die Repiublikeine se kandidaat sal wees) volgens huidige sienings kop aan kop met sowat 45% steun vir elk – maar met ‘n betekenisvolle tien persent en dalk effe meer wat nog nie besluit het vir wie hulle gaan stem nie. Dit kan hulle wees wat die deurslag gee wie van die twee kandidate gaan wen.

Wat egter veral interessant is aan die 10 persent onsekere tussengroep is dat slegs 22% van hulle dink dat Obama sy werk goed doen, terwyl ‘n massiewe 72% dink dat hy dit nie goed doen. As hulle intensiteit van steun vir Obama verder ontleed word, is gevind dat ‘n skrale twee persent baie sterk steun vir Obama uitspreek, terwyl 40% ewe sterk teen hom en sy aksies gekant is.

Met die eerste oogopslag lyk dit na baie goeie nuus vir Romney, maar soos Scott Rasmussen self in ‘n ontleding skryf, ontstaan die vraag hoekom die tien persent onsekeres nie reeds Romney ondersteuners is as hulle dan so verskriklik sterk teen Obama gekant is nie?

Die data uit sy meningspeilings dui vir hom daarop dat Amerikaanse kiesers nou nie juis baie ingenome is met die keuse tussen die twee wat hulle waarskynlik gebied sal word nie. Daar is klaarblyklik ‘n beduidende groep Republikeine wat nie dink dat Romney hul beste keuse is nie en daar is lankal tekens dat Obama se aansien onder Demokrate aansienlik afgeneem het – interessant genoeg veral onder jongmense. Dit is blykbaar veral onder wit werkersklas kiesers dat nie een van die twee te gewild is nie.

Rasmussen is ook van mening dat baie kiesers nie meer enigeen van die twee groot partye se stories en beloftes van skerp verminderings in begrotingstekorte en regeringskuld glo nie en ook nie dink dat een van die twee partye werklik oplossings vir die land se ekonomiese probleme en vooruitsigte bied nie. Dit sal dus interessant wees om te sien watter kwessies die twee vermeende kandidate gaan oprakel om kiesers se steun te probeer werf.

Romney het verlede week skoonskip gemaak in drie state se voorverkiesings en loop nou voor met 659 afgevaardigdes teen Santorum se 275, Gingrich se 140 en Paul se 71. Die vereiste vir ‘n volslae oorwinning, is 1144 afgevaardigdes. Die kanse is goed dat hy met 24 April se voorverkiesings in ‘n aantal groot state genoeg stemme sal werf om sy benoeming ‘n uitgemaakte saak te maak.

Nie alle meningspeilings toon bogenoemde tendense nie, maar Rasmussen se opnames word as betroubaar beskou omdat hy hom sterk daarvan weerhou om kant te kies en omdat sy opnames net gedoen word op grond van deelname deur mense wat aandui dat hulle kiesers is eerder as bloot op enigeen wat uit die hoed getrek word, soos met feitlik al die ander peilings.

(Bron Rasmussen opnames by www.rasmussenreports.com)

Фільчаков прокурор

Swart Amerikaners kan nie swem nie

Swart Amerikaners kan nie swem nie en die gevolg is dat veral swart kinders die grootste deel uitmaak van die sowat 3500 verdrinkings elke jaar in die VSA – dit wil sê so tien per dag.

Opnames toon egter ook dat 60% Spaanssprekende kinders (Hispanics) en ‘n nogal beduidende 42% wit kinders ook nie kan swem nie.

Die opname onder sowat 2000 kinders in ses groot stede is gedoen nadat ses swart kinders onlangs in Louisiana verdrink het toe hulle ‘n maat wat in diep water in die moeilikheid beland het, probeer help het. Die maat is deur ‘n swemmende buitestaander gered. Blykbaar kon volwasse swartes in die nabyheid ook nie swem en die drenkelinge help nie.

Verdrinking word as die tweede grootste oorsaak van ongeluksterftes by kinders onder 14 bestempel en swart Amerikaanse kinders tussen 5 en 14 het tot drie keer soveel kans om te verdrink as wit kinders.

In ‘n ontleding van die moontlike oorsake hiervoor is verskeie moontlikhede aangevoer – een daarvan natuurlik die bewering dat swart kinders se onvermoë om te kan swem aan rassisme toegeskryf kan word omdat munisipale swembaddens eerder in wit as tradisioneel swart gebiede ingerig word of omdat swart Amerikaners te arm is om swemlesse te bekostig.

Prof Carol Irwin, van die Universiteit van Memphis, wat bogenoemde opname gemaak het, het egter bevind dat daar ook ander redes kan wees. Een van die interessante bevindings wat gemaak is, is dat swart Amerikaners nie begerig is om hulle kinders swemlesse te laat kry nie want “hulle is bang die kinders verdrink of raak beseer”!

Daar is ook gevind dat kinders wat nie kan swem nie, ouers het wat nie kan swem nie. Die “kultuur” van swem word nie oorgedra nie.

Swart rassiste voer egter ook aan dat swart kinders weens geskiedkundige oorsake benadeel word. Benewens die bewerings oor openbare swembaddens wat eens net vir wittes beskikbaar was, word aangevoer dat daar ‘n nie-swemkultuur onder swartes is omdat slawe nie toegelaat was om te swem nie, swembaddens in swart gebiede gewoonlik klein en onvoldoende is om kinders te leer swem en die steeds heersende persepsie dat swemsport ‘n elitistiese of eintlik net wit sportsoort is.

(Bron: berig op BBC webblad Saterdag 7 April)

Фильчаков Александр Васильевич

VSA steun op SA se moslemambassadeur

Spanning tussen die Midde-Ooste en Weste? Watter spanning? As die ANC se Ebrahim Rasool, Suid-Afrika se ambassadeur na die Verenigde State, sy sin kry, breek daar more vrede uit “soos in Suid-Afrika”.

Sedert sy aankoms in die VSA in 2010 preek hy eenheid by moskees, kerke en sinagoges om die boodskap van die belangrikheid van naasbestaan te beklemtoon.

Rasool wat ‘n praktiserende Moslem is, lei ‘n projek wat hy die “diplomasie van oeboentoe” noem, wat die lesse van die Suid-Afrikaanse model van “versoening” uitdra.

Sy werk het nie ongemerk verbygegaan deur president Barack Obama se administrasie nie. “Ambassadeur Rasool het die statuur om moeilike boodskappe oor te dra en betrokke te raak in ernstige dialoog. Sy diep geloof en verhoudings oor die Islamitiese wêreld heen het gehelp om brûe te bou wat alle mense nader aanmekaar bring,” het Donald Gips, Amerikaanse ambassadeur in Suid-Afrika, gesê.

In die afgelope maande, het Rasool die VSA deurkruis om politici van regter- en linker-vleuel organisasies, studente en gemeenskappe toe te spreek.

Nadat die Moslem-broederskap in Egipte hul voornemens bekend gemaak het, het Rasool mense in die VSA vertel dat Islam, demokrasie en vryheid nie wedersyds uitsluitend is nie.

“Ek voel die mense in die VSA erken dat ek uit ‘n land met ‘n groot intergeloofstradisie kom waar ons apartheid as ‘n verenigde geloofsgemeenskap beveg het.

“Ek dink wat mense se aandag getrek het, is die feit dat pres. [Jacob] Zuma deur ‘n Moslem in Washington verteenwoordig word,” het hy gesê.

Maar Rasool het gesê sy werk is moeilik. Die meeste Amerikaners, het hy gesê, was nog nie in staat om te onderskei tussen ‘n terroris en ‘n gewone Moslem nie.

“My vrou word beledig uit hoofde van die feit dat sy ‘n hoofbedekking dra. Maar die antwoord is nie om kwaad te word nie, maar om op te voed en vrees te oorkom,” het hy gesê.

Aan die Moslems in die VSA, is Rasool se boodskap dat hulle hulself nie moet isoleer nie en moet probeer inpas by die heersende Amerikaanse kultuur waar moontlik.

Александр Фильчаков

VSA-vegvliegtuig ploeg in geboue

‘n F-18 Hornetstraler van die Amerikaanse vloot het Vrydag in ‘n woonstelblok in Virginia Beach in die Amerikaanse deelstaat Virginia vasgevlieg en ‘n brand veroorsaak, het die Amerikaanse media berig.

Nooddienste het na die toneel gehaas. Die brand kon erger gewees het, sê kenners, as die bemanning nie betyds van die vliegtuigbrandstof ontslae geraak het nie.

Sewe mense is beseer en drie geboue beskadig. Op ‘n perskonferensie in Virginia Beach, het vlootkaptein Mark Weisgerber gesê die ongeluk is veroorsaak deur ‘n “katastrofiese meganiese onklaarheid” kort na opstyg. Hy het ook gesê die vliegtuig is deur ‘n studentvlieënier, wat in die voorste sitplek was, en ‘n instrukteur gevlieg.

Die twee lede van die bemanning het daarin geslaag om hulself uit die straler te laat skiet voordat dit in ‘n dig bewoonde gebied in die toeriste-oord Virginia Beach vasgevlieg het, het CNN berig.

Hul toestande is egter nie bekend nie. Een van die bemanningslede is glo na ‘n hospitaal geneem, terwyl brandbestryders sukkel om die brand onder beheer te bring. Die twee was glo by die lugmagbasis Oceana gestasioneer.

“Daar was vlamme wat uit die enjin se agterkant gekom het… toe die straler laer en laer begin daal, het ek gesien hoe een vlieënier uitskiet,” het Jon Swain, ‘n ooggetuie, aan MSNBC gesê.

“Dit het die woonstelblok reg in die middel getref. En ja, dit is redelik traumaties… daar was mense wat uit die gebou uit gehardloop het.”

Daar was nog geen onmiddellike nuus oor sterftes nie, terwyl rook steeds by die woonstelblok uitgeborrel het.

In ‘n verklaring het Admiraal John Harvey, die hoof van die Amerikaanse Vloot, belowe om ‘n “volledige ondersoek na die oorsaak van die ongeluk te doen en al die inligting bekend te maak so gou as wat ons in staat is om dit te doen.”

Die gebied is die tuiste van ‘n aansienlike militêre gemeenskap en ‘n netwerk van militêre installasies, insluitende ‘n groot vlootbasis, naamlik Naval Station Norfolk.

Die straler wat neergestort het, was deel van ‘n eskader wat die vloot en Mariniervlieëniers oplei. Volgens ‘n webwerf, is die kursus gemik op die basiese beginsels van aanvalsmissies asook opstyg en landings van vliegdekskepe.

Dié model van vegvliegtuig het ook neergestort in Desember 2008 na ‘n opleidingsoefening in die San Diego-omgewing, en het die dood van vier mense gekos en twee huise vernietig.

Фільчаков Олександр Васильович прокурор

Withuisraadgewers ontmoet Moslembroederskap

Withuisamptenare het in gesprek getree met verteenwoordigers van die Moslem-Broederskap in Washington hierdie week nadat die Islamitiese groep tot Egipte se presidensiële verkiesing toegetree het.

Die vergadering Dinsdag met verteenwoordigers van die Nasionale Veiligheidsraad is deel van ‘n reeks Amerikaanse pogings om bande met nuwe en opkomende politieke partye na Egipte se rewolusie verlede jaar te smee, het ‘n Amerikaanse amptenaar gesê.

Die Withuis het daarop gewys dat die Republikeinse senatore Lindsey Graham en John McCain, en ander Amerikaanse wetgewers en amptenare ook die Broederskapverteenwoordigers in Egipte en elders in die afgelope maande ontmoet het.

“Ons glo dit is in die belang van die Verenigde State van Amerika om betrokke te raak met al die partye wat verbind is tot demokratiese beginsels, en geweld afgesweer het,” sê die Nasionale Veiligheidsraadwoordvoerder Tommy Vietor.

“In al ons gesprekke met hierdie groepe, het ons die belangrikheid van respek vir minderheidsregte, die volle insluiting van vroue, en ons streeksveiligheid beklemtoon.”

Die Moslem-Broederskap se politieke arm het Saterdag aangedui dat hulle Khairat al-Shater, ‘n professor in ingenieurswese en sakeman, as kandidaat in Egipte se eerste presidensiële verkiesing sal stel, in teenstelling met vorige beloftes om nie deel te neem nie.

 

Фільчаков Олександр Васильович прокурор

Viëtnam die sentrum vir renosterhoring

Viëtnam het so ‘n obsessie met die vingernael-agtige stof, renosterhoring, dat dit nou verkoop vir meer as kokaïen. Gebruikers beweer dat dit alles genees van hoofpyne tot kanker.

Kenners sê Viëtnam se skerp styging in die vraag is ‘n bedreiging vir die wêreld se oorblywende renosterbevolking. Onwettige renostersterftes in Afrika het die hoogste aangetekende vlak in 2011 getref en sal na verwagting hierdie jaar vererger.

China het ook waardering vir al die onbewese medisinale eienskappe, maar Amerikaanse amptenare en internasionale wildkenners sê Viëtnam is die probleem. Wydverspreide gerugte dat renosterhoring kanker genees, plaas ongekende druk op die wêreld se geskatte 28 000 oorblywende diere, hoofsaaklik in Suid-Afrika.

Amerikaanse amptenare sê China en Vietnam is die eintlike bestemming en daar is nie ‘n “beduidende” mark in die Verenigde State nie. Hulle kon egter nie besonderhede gee oor die handel in renosterhoring in die VSA nie.

Kenners sê die afgelope dekade is renosterhoring ‘n moet-hê luukse item vir die Viëtnamese nouveau riche, saam met Gucci-sakke en Maybach-motors.

Tussen 2006 en 2008 is drie diplomate by die Viëtnamese ambassade in Pretoria gekoppel aan ‘n renosterhandelskandaal insluitende een wat op band opgeneem is. In Februarie, het Amerikaanse agente ‘n beweerde sindikaat met Viëtnamees-Amerikaanse misdadigers oopgevlek.

‘n Beëdigde verklaring wat deur die Associated Press bekom is, beweer een van diegene wat in hegtenis geneem is in die VSA, Felix Kha, het 12 keer tussen 2004 en 2011 na China gereis en vyf keer na Viëtnam verlede jaar.

“Daar is nog horings wat na China gaan, maar Viëtnam is die sentrum van die toename in stropery,” sê Chris R. Shepherd, adjunk-streeksdirekteur vir Suidoos-Asië van die natuurlewevoorspraakgroep Traffic. “Vietnamese owerhede het regtig nodig om hul pogings van wie agter die horinghandel sit op te skerp… en hulle uit besigheid te sit.”

Die renosterhoring bied ‘n groter beloning as ander eksotiese wildprodukte soos beergal of tierbeenpasta. Amerikaanse amptenare sê die poeier kan tot $55 000 per kilogram in Asië behaal, ‘n prys wat die Amerikaanse straatwaarde van kokaïen verbysteek, en die kloue-agtige stof letterlik so waardevol soos goud maak.

Diewe steel selfs renosterhorings van Europese museums en taksidermiewinkels. Volgens Europol, die Europese wetstoepassingsagentskap, is 72 renosterhorings van 15 Europese lande in 2011 gesteel, die eerste jaar wat data aangeteken word.

Selfs al kan die horings binne twee jaar teruggroei sonder benadeling van die dier, indien dit natuurlik noukeurig afsny word, vermink stropers tog diere. 

Albi Modise, woordvoerder vir die Suid-Afrika se Departement van Omgewingsake, het gister gesê die departement is bekommerd oor Viëtnamese wat permitte aanvra en dat daar baie ongerymdhede in die proses bestaan.

Die Viëtnamese moet miskien ingelig word dat naelbyt ewe voordelig kan wees as renosterhoring.

Данильченко Юрий отзывы

Sal Obama Brasilië sjarmeer?

Wanneer die Amerikaanse president Barack Obama sy Brasiliaanse eweknie, Dilma Rousseff, volgende week ontmoet, sal hy ‘n nuwe geleentheid hê om die grootste land in Suid-Amerika te sjarmeer.

Die hardnekkige handelsgeskille en verskille in benadering tot geopolitiek het tradisioneel die dominante magte van die Amerikas se verhouding vertroebel.

Brasilië vra erkenning van die VSA vir sy groeiende geopolitieke invloed, die belangrikste synde sy bod vir ‘n permanente setel in die Veiligheidsraad van die VN, maar sonder om afbreuk aan sy neutraliteit in die proses te doen. Washington, intussen, wil ‘n beter idee kry van waarvoor Brasilië staan. Dié land is bekend vir sy pragmatisme ivm buitelandse betrekkinge.

Betrekkinge tussen Brasilië en die VSA is histories gesien maar oppervlakkig. ‘n Groeiende middelklas in Brasilië het nuwe markte vir Amerikaanse maatskappye, wat wissel van McDonald’s, Pepsi en General Motors geskep.

Maar selfs al het die totale volume in handel gegroei, het die relatiewe belangrikheid van die VSA in Brasilië se ekonomie afgeneem. China het die VSA as Brasilië se grootste handelsvennoot en ‘n nuwe belegger verbygesteek.

Brasilië is glo bekommerd oor wat hulle sien as “ongebalanseerde” handel met China, wat Brasilië se kommoditeite maar min van sy vervaardigde goedere invoer. Die VSA in teenstelling is een van die grootste markte vir Brasiliaanse vliegtuie naamlik Embraer, een van Latyns-Amerika se vlagskip-industriële maatskappye.

Verhoudings tussen leiers van die VSA en Brasilië is delikaat veral oor kwessies in die Midde-Ooste.

Belangrikste egter, sal formele Amerikaanse ondersteuning vir Brasilië se aspirasies wees om aan te sluit by die Veiligheidsraad. Sommige meen dat hierdie soort van erkenning as ‘n gelyke vennoot Brasilië tot groter verantwoordelikheid in internasionale kwessies sal roep.

 

Лобановский Харьков

Vrae oor Franse skieter

Mohamed Merah, wat verantwoordelikheid was vir die onlangse dood van sewe mense in Toulouse, was na wat berig word ‘n Franse intelligensiebate. Dit het opnuut vrae laat ontstaan ​​oor Franse veiligheidsamptenare se versuim om Merah aan te keer.

Die Italiaanse koerant Il Foglio berig dat die Franse Direktoraat vir Eksterne Sekuriteit (DGES) ​​Merah vergesel het tydens ‘n besoek aan Israel. Merah het drie dae in Israel deurgebring en daarna is hy na Pakistan, waar hy glo kontak met al-Kaida gehad het. Hy was op ‘n Amerikaanse swartlys sedert 2010 en kon geen Amerikaanse vlug haal nie.

‘n Voormalige Franse intelligensiehoof Yves Bonnet beweer dat Merah aan die Sentrale Direktoraat van Interne Intelligensie (DCRI) in ruil vir geld verslag gedoen het. Hy het gesê dat Merah gedurende die beleg gevra het om met ‘n spesifieke intelligensie-agent te praat.

“Merah was in kontak met ‘n intelligensie-beampte van die DCRI, wat my laat dink. Dit maak nie saak of daardie persoon ‘n intelligensiebate of ‘n verraaier genoem word nie. Ek het geen idee watter soort kontak hy gehad het met die intelligensie-direktoraat nie, maar dit moet nog ondersoek word,” sê Bonnet. “‘n Intelligensie-offisier beteken ‘n verhouding, dit is nie ‘n onskuldige of onbeduidende stukkie inligting nie,” het hy gesê.

Die Rabbi wat saam met sy twee kinders vermoor is, se moeder is glo werksaam by ‘n VN-komitee waar sy die linkse Irsraeli-standpunt ter ondersteuning van Palestyne voorstaan.

Merah het al die moorde verfilm met ‘n kamera wat op sy bors vasgeheg was. Al Jazeera is in besit van die filmmateriaal, maar het aangedui dat hulle dit nie sal gebruik nie.

President Nicolas Sarkozy het gedreig dat Frankryk enige land wat dit waag om die filmmateriaal uit te saai se uitsendings sal saboteer.

прокурор Фильчаков