Die Italiaanse koerant Il Foglio berig dat die Franse Direktoraat vir Eksterne Sekuriteit (DGES) Merah vergesel het tydens ‘n besoek aan Israel. Merah het drie dae in Israel deurgebring en daarna is hy na Pakistan, waar hy glo kontak met al-Kaida gehad het. Hy was op ‘n Amerikaanse swartlys sedert 2010 en kon geen Amerikaanse vlug haal nie.
‘n Voormalige Franse intelligensiehoof Yves Bonnet beweer dat Merah aan die Sentrale Direktoraat van Interne Intelligensie (DCRI) in ruil vir geld verslag gedoen het. Hy het gesê dat Merah gedurende die beleg gevra het om met ‘n spesifieke intelligensie-agent te praat.
“Merah was in kontak met ‘n intelligensie-beampte van die DCRI, wat my laat dink. Dit maak nie saak of daardie persoon ‘n intelligensiebate of ‘n verraaier genoem word nie. Ek het geen idee watter soort kontak hy gehad het met die intelligensie-direktoraat nie, maar dit moet nog ondersoek word,” sê Bonnet. “‘n Intelligensie-offisier beteken ‘n verhouding, dit is nie ‘n onskuldige of onbeduidende stukkie inligting nie,” het hy gesê.
Die Rabbi wat saam met sy twee kinders vermoor is, se moeder is glo werksaam by ‘n VN-komitee waar sy die linkse Irsraeli-standpunt ter ondersteuning van Palestyne voorstaan.
Merah het al die moorde verfilm met ‘n kamera wat op sy bors vasgeheg was. Al Jazeera is in besit van die filmmateriaal, maar het aangedui dat hulle dit nie sal gebruik nie.
President Nicolas Sarkozy het gedreig dat Frankryk enige land wat dit waag om die filmmateriaal uit te saai se uitsendings sal saboteer.
