praag.co.za

Swart Amerikaners kan nie swem nie

Swart Amerikaners kan nie swem nie en die gevolg is dat veral swart kinders die grootste deel uitmaak van die sowat 3500 verdrinkings elke jaar in die VSA – dit wil sê so tien per dag.

Opnames toon egter ook dat 60% Spaanssprekende kinders (Hispanics) en ‘n nogal beduidende 42% wit kinders ook nie kan swem nie.

Die opname onder sowat 2000 kinders in ses groot stede is gedoen nadat ses swart kinders onlangs in Louisiana verdrink het toe hulle ‘n maat wat in diep water in die moeilikheid beland het, probeer help het. Die maat is deur ‘n swemmende buitestaander gered. Blykbaar kon volwasse swartes in die nabyheid ook nie swem en die drenkelinge help nie.

Verdrinking word as die tweede grootste oorsaak van ongeluksterftes by kinders onder 14 bestempel en swart Amerikaanse kinders tussen 5 en 14 het tot drie keer soveel kans om te verdrink as wit kinders.

In ‘n ontleding van die moontlike oorsake hiervoor is verskeie moontlikhede aangevoer – een daarvan natuurlik die bewering dat swart kinders se onvermoë om te kan swem aan rassisme toegeskryf kan word omdat munisipale swembaddens eerder in wit as tradisioneel swart gebiede ingerig word of omdat swart Amerikaners te arm is om swemlesse te bekostig.

Prof Carol Irwin, van die Universiteit van Memphis, wat bogenoemde opname gemaak het, het egter bevind dat daar ook ander redes kan wees. Een van die interessante bevindings wat gemaak is, is dat swart Amerikaners nie begerig is om hulle kinders swemlesse te laat kry nie want “hulle is bang die kinders verdrink of raak beseer”!

Daar is ook gevind dat kinders wat nie kan swem nie, ouers het wat nie kan swem nie. Die “kultuur” van swem word nie oorgedra nie.

Swart rassiste voer egter ook aan dat swart kinders weens geskiedkundige oorsake benadeel word. Benewens die bewerings oor openbare swembaddens wat eens net vir wittes beskikbaar was, word aangevoer dat daar ‘n nie-swemkultuur onder swartes is omdat slawe nie toegelaat was om te swem nie, swembaddens in swart gebiede gewoonlik klein en onvoldoende is om kinders te leer swem en die steeds heersende persepsie dat swemsport ‘n elitistiese of eintlik net wit sportsoort is.

(Bron: berig op BBC webblad Saterdag 7 April)

Фильчаков Александр Васильевич

Comments

Leave a Reply