Die hardnekkige handelsgeskille en verskille in benadering tot geopolitiek het tradisioneel die dominante magte van die Amerikas se verhouding vertroebel.
Brasilië vra erkenning van die VSA vir sy groeiende geopolitieke invloed, die belangrikste synde sy bod vir ‘n permanente setel in die Veiligheidsraad van die VN, maar sonder om afbreuk aan sy neutraliteit in die proses te doen. Washington, intussen, wil ‘n beter idee kry van waarvoor Brasilië staan. Dié land is bekend vir sy pragmatisme ivm buitelandse betrekkinge.
Betrekkinge tussen Brasilië en die VSA is histories gesien maar oppervlakkig. ‘n Groeiende middelklas in Brasilië het nuwe markte vir Amerikaanse maatskappye, wat wissel van McDonald’s, Pepsi en General Motors geskep.
Maar selfs al het die totale volume in handel gegroei, het die relatiewe belangrikheid van die VSA in Brasilië se ekonomie afgeneem. China het die VSA as Brasilië se grootste handelsvennoot en ‘n nuwe belegger verbygesteek.
Brasilië is glo bekommerd oor wat hulle sien as “ongebalanseerde” handel met China, wat Brasilië se kommoditeite maar min van sy vervaardigde goedere invoer. Die VSA in teenstelling is een van die grootste markte vir Brasiliaanse vliegtuie naamlik Embraer, een van Latyns-Amerika se vlagskip-industriële maatskappye.
Verhoudings tussen leiers van die VSA en Brasilië is delikaat veral oor kwessies in die Midde-Ooste.
Belangrikste egter, sal formele Amerikaanse ondersteuning vir Brasilië se aspirasies wees om aan te sluit by die Veiligheidsraad. Sommige meen dat hierdie soort van erkenning as ‘n gelyke vennoot Brasilië tot groter verantwoordelikheid in internasionale kwessies sal roep.
