‘n Boer is op die plaas Leeubos in Bloemhof doodgeslaan, het die polisie in Noordwes Dinsdag gesê.
Adriaan Johannes (At) van der Merwe (47) se lyk is met veelvuldige kopbeserings teen omstreeks 07:00 Dinsdagoggend in sy studeerkamer gevind, het brig. Thulani Ngubane gesê.
“Die huis is deur die verdagtes geplunder.”
Ngubane sê dit lyk of die onbekende aanvallers Maandagaand toegang tot Van der Merwe se plaashuis gekry het deur ‘n gat onderdeur ‘n veiligheidsheining te grawe.
“Die verdagtes het die voordeur van die plaashuis oopgebreek.”
Van der Merwe se voertuig, ‘n silwer RAV 4 met die registrasienommer FTY116NW, word vermis.
Die polisie vra dat enigiemand met inligting sy naaste polisiekantoor kontak, of Crime Stop op 0860 10111 bel.
Leave a Reply
You must be logged in to post a comment.