“Julius Malema dink hy is groter as die ANC,” het MKMVA se nasionale voorsitter, Kebby Maphatsoe, aan joernaliste in Johannesburg gesê.
“Hy het voed op die media se histerie teen die bevrydingsbeweging, wat die ANC se vermoë om beleid te formuleer en Suid-Afrika tot die voordeel van al sy burgers te regeer, ondermyn.”
Nietemin respekteer die MKMVA die party se interne prosesse en probeer hy nie die dissiplinêre proses wat Malema moet deurgaan beïnvloed nie.
Malema appelleer teen sy skorsing deur die ANC se nasionale dissiplinêre komitee.
Malema het Vrydag tydens ‘n toespraak in Johannesburg Zuma se leierskap gekritiseer.
Hy het gesê dat Zuma demokrasie met diktatorskap vervang het en dat die Jeugliga getraumatiseer en onderdruk word deur Zuma se leierskap.
“Hy is op rekord dat hy woorde geuiter wat die adjunk-president van die ANC kameraad Kgalema Motlanthe in die verleentheid stel soos dat hy “optree asof hy die president is in die teenwoordigheid van die president”.
“Hy is op rekord dat hy die posisie van die sekretaris-generaal van die ANC, comrade Gwede Mantashe, misken en hom openlik beywer vir sy verwydering, lank voor die die elektiewe konferensie prosesse begin het,” sê Maphatsoe.
“Ons doen ‘n beroep op alle lede van die ANC, wat as gevolg van die bevoorregte posisies van leierskap in óf die regering óf die beweging self staan, om na hulle gewete te handel en die moed en die waarheid te vind om die goedkoop najaag van roem en fortuin te weerstaan sodat dit nie die vertroue in hulle geplaas verraai nie,” het Maphatsoe gesê.
Maphatsoe sê die aanval op Zuma is ‘n aanval op die ANC, want Zuma is die gesig van die party.
“Sodra jy die leier van die ANC aanval, val jy die ANC aan,” het hy gesê.
Volgens Maphatsoe was die MKMVA tot dusver stil oor die saak, aangesien hy gedink het Malema sal tot inkeer kom en begin om die ANC en se leierskap te respekteer.
“Ons kan nie stilbly wanneer hy [Malema] aanhou om uitlatings te maak teen die ANC en die ANC se leierskap nie,” het hy gesê.
“Ons het ‘n militante jeugliga nodig, maar ook ‘n gedissiplineerde jeugliga.”
Die MKMVA het aan die ANC se nasionale uitvoerende komitee geskryf rakende Malema se skorsing, het Maphatsoe gesê.
Magaqa het gesê die MKMVA wil net aandag soek deur kommentaar te lewer op Malema.
“Hulle wil net aan hul meisies wys dat hulle vandag op TV sal wees,” het hy gesê.
“Ons vind dit baie vreemd dat die MKMVA die verklaring vrygestel het. Ons glo dat dit nie die verklaring van die kollektief is nie, maar van ‘n individu,” het hy gesê.
Magaqa sê die verklaring van die MKMVA bevat geen inhoud nie.
“Ons het te doen met mense wat nie ‘n begrip van die ANC-prosesse het nie.”
Magaqa het gesê sommige MKMVA-lede is nie veterane nie, maar ‘sell-outs’.
“Hulle het ‘n slegte geskiedenis … Ek sal nie verder gaan as dit nie,” het hy gesê toe hy gevra is wat hy bedoel het met ‘sell-outs’.
“Nie almal was ‘n soldaat van MK nie, sommiges was kokke.”
Magaqa het gesê die dissiplinêre proses nog is aan die gang en Malema is nog steeds die ANC-jeugliga se leier.
“Ons is meer vasbeslote as ooit dat ons ‘n verkose president tot 2014,” het hy gesê.
“Niks het verander nie.”
Leave a Reply
You must be logged in to post a comment.