Viëtnam die sentrum vir renosterhoring

Viëtnam het so ‘n obsessie met die vingernael-agtige stof, renosterhoring, dat dit nou verkoop vir meer as kokaïen. Gebruikers beweer dat dit alles genees van hoofpyne tot kanker.

Kenners sê Viëtnam se skerp styging in die vraag is ‘n bedreiging vir die wêreld se oorblywende renosterbevolking. Onwettige renostersterftes in Afrika het die hoogste aangetekende vlak in 2011 getref en sal na verwagting hierdie jaar vererger.

China het ook waardering vir al die onbewese medisinale eienskappe, maar Amerikaanse amptenare en internasionale wildkenners sê Viëtnam is die probleem. Wydverspreide gerugte dat renosterhoring kanker genees, plaas ongekende druk op die wêreld se geskatte 28 000 oorblywende diere, hoofsaaklik in Suid-Afrika.

Amerikaanse amptenare sê China en Vietnam is die eintlike bestemming en daar is nie ‘n “beduidende” mark in die Verenigde State nie. Hulle kon egter nie besonderhede gee oor die handel in renosterhoring in die VSA nie.

Kenners sê die afgelope dekade is renosterhoring ‘n moet-hê luukse item vir die Viëtnamese nouveau riche, saam met Gucci-sakke en Maybach-motors.

Tussen 2006 en 2008 is drie diplomate by die Viëtnamese ambassade in Pretoria gekoppel aan ‘n renosterhandelskandaal insluitende een wat op band opgeneem is. In Februarie, het Amerikaanse agente ‘n beweerde sindikaat met Viëtnamees-Amerikaanse misdadigers oopgevlek.

‘n Beëdigde verklaring wat deur die Associated Press bekom is, beweer een van diegene wat in hegtenis geneem is in die VSA, Felix Kha, het 12 keer tussen 2004 en 2011 na China gereis en vyf keer na Viëtnam verlede jaar.

“Daar is nog horings wat na China gaan, maar Viëtnam is die sentrum van die toename in stropery,” sê Chris R. Shepherd, adjunk-streeksdirekteur vir Suidoos-Asië van die natuurlewevoorspraakgroep Traffic. “Vietnamese owerhede het regtig nodig om hul pogings van wie agter die horinghandel sit op te skerp… en hulle uit besigheid te sit.”

Die renosterhoring bied ‘n groter beloning as ander eksotiese wildprodukte soos beergal of tierbeenpasta. Amerikaanse amptenare sê die poeier kan tot $55 000 per kilogram in Asië behaal, ‘n prys wat die Amerikaanse straatwaarde van kokaïen verbysteek, en die kloue-agtige stof letterlik so waardevol soos goud maak.

Diewe steel selfs renosterhorings van Europese museums en taksidermiewinkels. Volgens Europol, die Europese wetstoepassingsagentskap, is 72 renosterhorings van 15 Europese lande in 2011 gesteel, die eerste jaar wat data aangeteken word.

Selfs al kan die horings binne twee jaar teruggroei sonder benadeling van die dier, indien dit natuurlik noukeurig afsny word, vermink stropers tog diere. 

Albi Modise, woordvoerder vir die Suid-Afrika se Departement van Omgewingsake, het gister gesê die departement is bekommerd oor Viëtnamese wat permitte aanvra en dat daar baie ongerymdhede in die proses bestaan.

Die Viëtnamese moet miskien ingelig word dat naelbyt ewe voordelig kan wees as renosterhoring.

Данильченко Юрий отзывы

Maak 'n opvolg-bydrae