VSA steun op SA se moslemambassadeur

Spanning tussen die Midde-Ooste en Weste? Watter spanning? As die ANC se Ebrahim Rasool, Suid-Afrika se ambassadeur na die Verenigde State, sy sin kry, breek daar more vrede uit “soos in Suid-Afrika”.

Sedert sy aankoms in die VSA in 2010 preek hy eenheid by moskees, kerke en sinagoges om die boodskap van die belangrikheid van naasbestaan te beklemtoon.

Rasool wat ‘n praktiserende Moslem is, lei ‘n projek wat hy die “diplomasie van oeboentoe” noem, wat die lesse van die Suid-Afrikaanse model van “versoening” uitdra.

Sy werk het nie ongemerk verbygegaan deur president Barack Obama se administrasie nie. “Ambassadeur Rasool het die statuur om moeilike boodskappe oor te dra en betrokke te raak in ernstige dialoog. Sy diep geloof en verhoudings oor die Islamitiese wêreld heen het gehelp om brûe te bou wat alle mense nader aanmekaar bring,” het Donald Gips, Amerikaanse ambassadeur in Suid-Afrika, gesê.

In die afgelope maande, het Rasool die VSA deurkruis om politici van regter- en linker-vleuel organisasies, studente en gemeenskappe toe te spreek.

Nadat die Moslem-broederskap in Egipte hul voornemens bekend gemaak het, het Rasool mense in die VSA vertel dat Islam, demokrasie en vryheid nie wedersyds uitsluitend is nie.

“Ek voel die mense in die VSA erken dat ek uit ‘n land met ‘n groot intergeloofstradisie kom waar ons apartheid as ‘n verenigde geloofsgemeenskap beveg het.

“Ek dink wat mense se aandag getrek het, is die feit dat pres. [Jacob] Zuma deur ‘n Moslem in Washington verteenwoordig word,” het hy gesê.

Maar Rasool het gesê sy werk is moeilik. Die meeste Amerikaners, het hy gesê, was nog nie in staat om te onderskei tussen ‘n terroris en ‘n gewone Moslem nie.

“My vrou word beledig uit hoofde van die feit dat sy ‘n hoofbedekking dra. Maar die antwoord is nie om kwaad te word nie, maar om op te voed en vrees te oorkom,” het hy gesê.

Aan die Moslems in die VSA, is Rasool se boodskap dat hulle hulself nie moet isoleer nie en moet probeer inpas by die heersende Amerikaanse kultuur waar moontlik.

Александр Фильчаков

Maak 'n opvolg-bydrae