‘n Foto van Obama se “weermag” wat oorspronklik gepos is op die veldtog se Tumblr-werf openbaar ‘n verstommende gebrek aan diversiteit onder die president se personeel in Chicago. Die foto is intussen verwyder.Die Obama-veldtog se hoofkantoor in Chicago bevat ironies genoeg ook lessenaaraandenkings wat regse wit Amerikaners graag versamel.
Maar die leër jong twintigjarige veldtogwerkers in die president se tuisdorp is byna eenvormig wit, volgens foto’s.
Verdere ondersoek van die Obamaveldtog oor die afgelope maand het aan die lig bring dat swart individue afgesien van die president en sy vrou, Michelle, baie skaars is.
Een van die enigste foto’s wat ‘n swart persoon insluit, is een van ‘n onlangse Withuisbesoek deur Star Trek-aktrise Elle Nichols.
Die openbaring is potensieel ‘n verleentheid vir die eerste Afro-Amerikaanse president en die party wat hy lei.
Obama het in Augustus 2011 ‘n uitvoerende bevel onderteken wat federale agentskappe dwing om planne voor te lê vir die verbetering van werksmagdiversiteit
Die oënskynlike gebrek aan rasse-diversiteit in die Obama-veldtoghoofkwartier kom op slegte ‘n tyd aangesien die nasionale swart werkloosheidsyfer byna dubbel die koers vir blankes is.
Volgens die mees onlangse verslag van die Arbeidsmagburo (BLS), is 14 persent van swartes tans werkloos in vergelyking met 7,3 persent blankes.
Die kloof is selfs meer opvallend onder die jonger ouderdomsgroepe. Volgens BLS-data, is die swart werkloosheidskoers onder 16 – tot 19-jariges 40,5%, vergeleke met 22,5% vir blankes.
In Illinois, is die swart werkloosheidskoers so hoog as 28 persent, volgens die Illinoise departement van indiensneming, ver bokant die nasionale gemiddeld.
Die Demokratiese Nasionale Komitee (DNC) het in die spervuur van Afro-Amerikaanse groepe gekom in die afgelope jare omdat die party versuim het om kontrakte aan swart firmas toe te ken, ten spyte van herhaalde beloftes om die belange te bevorder van sulke firmas.
Die Obama-veldtog het ‘n versoek om kommentaar geweier.
