Banda neem oor in Malawi

Die oorskot van die Malawiese president, Bingu wa Mutharika, sal Donderdag van Suid-Afrika na Malawi gevlieg word, het ‘n amptenaar van die ministerie van buitelandse sake aan AFP gesê.

“‘n Amptelike aankondiging sal vandag [Maandag] gemaak word, maar die ontslape president sal deur ‘n Suid-Afrikaanse militêre vliegtuig vervoer word,” het die amptenaar Maandag gesê.

Nadat hy Donderdag ‘n hartaanval gehad het, is Mutharika na Suid-Afrika gevlieg en is hy met sy aankoms by ‘n militêre hospitaal dieselfde dag dood verklaar, het ‘n presidensiële sekretaris gesê.

Die datum vir sy begrafnis is nog nie bekendgemaak nie, maar daar word verneem dat hy naby sy tuisdorp by sy Ndata-plaas in die suide van die Thyolo-distrik begrawe sal word.

Mutharika se eerste vrou, wat drie jaar gelede oorlede is, is ook op die plaas begrawe.

Malawi se nuwe president, Joyce Banda, het die land se polisiehoof afgedank en ‘n nuwe een aangestel, het haar kantoor Maandag gesê, twee dae nadat sy as president ingestel is ná haar voorganger se dood.

Banda het “kommissaris Lot Dzonzi aangestel as die nuwe inspekteur-generaal van die polisie vanaf 8 April” om die voormalige polisiehoof, Peter Mukhito, te vervang, het ‘n verklaring van die kantoor van die president en die kabinet gesê.

Die verklaring het nie gesê hoekom Mukhito, wat twee jaar geklede deur die ontslape pres. Bingu wa Mutharika aangestel is, uit sy pos verwyder is nie.

Mukhito, wat bevorder is nadat hy eers ‘n bevelvoerder van Mutharika se sekuriteit was, is onder andere beskuldig van die wanhantering van teenregering-onluste verlede jaar waarin 19 mense dood is.

Die Verenigde State van Amerika het Maandag vir Joyce Banda gelukgewens as Malawi se nuwe president na in wat die land beskou as ‘n vreedsame en konstitusionele oordrag van mag.

In Lilongwe, het Banda Saterdag aan ondersteuners gesê daar was geen ruimte vir wraak nie. Sy is ingesweer is as Suider-Afrika se tweede vroulike staatshoof na die dood van die verdelende Bingu wa Mutharika.

Banda het die versoenende woorde aangebied na twee dae van politieke intrige waar Mutharika se binnekring probeer het om haar uit te sluit. Die pos kom haar toe as vise-president onder die bepalings van die grondwet.

Die Verenigde State van Amerika “sien uit na die voortgesette vennootskap met die regering en die mense van Malawi,” het woordvoerder Victoria Nuland in ‘n verklaring gesê.

Amerikaanse minister van buitelandse sake Hillary Clinton het met Banda vroeër Maandag oor die belangrikheid van ‘n regstaat gesels, asook om met al die partye in die regering van Malawi saam te werk op die pad vorentoe, het Nuland gesê. Nuland het die gewilde Obama-administrasie se frase gebruik naamlik “moving forward”.

Die Verenigde State van Amerika het ook sy meegevoel aan Mutharika se familie betuig.

лобановский супермаркет класс

Maak 'n opvolg-bydrae